{"id":65864,"date":"2017-04-20T12:50:10","date_gmt":"2017-04-20T10:50:10","guid":{"rendered":"http:\/\/mobserver.co.za\/?p=65864"},"modified":"2017-04-20T13:11:30","modified_gmt":"2017-04-20T11:11:30","slug":"opvolg-rowers-stroop-polisieman-se-huis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2017\/04\/20\/opvolg-rowers-stroop-polisieman-se-huis\/","title":{"rendered":"Opvolg: Rowers stroop polisieman se huis"},"content":{"rendered":"<p>Volgens adj. Botha was hy besig met \u2019n ondersoek in Belfast, toe sy buurman hom bel en van die inbraak verwittig.<\/p>\n<p>Die buurman, asook \u2019n tuinman wat in die omgewing gewerk het, het vertel dat \u2019n silwer Toyota Hilux bakkie voor adj. Botha se huis gestop en toeter geblaas het.<\/p>\n<p>Die voertuig het so \u2019n rukkie gestaan en daarna weggery.<\/p>\n<p>Minute later het die voertuig teruggekeer en die tuinman het opgemerk dat hulle op \u2019n stadium die sekuriteitshek oopskuif en in trurat by die erf van adj. Botha inry.<\/p>\n<p>Die buurman het ook onraad vermoed en is na buite, waar hy twee booswigte opgemerk het. Hulle het egter \u2019n vuurwapen op hom gerig en vir hom ges\u00ea hy moet by die huis ingaan, of hulle gaan hom doodskiet.<\/p>\n<p>Hy het dadelik adj. Botha, die polisie, asook Middelburg 911 en Gemeenskapspolisi\u00ebringslede in kennis gestel.<\/p>\n<p>Almal was binne minute op die toneel, maar die inbrekers was reeds weg.<\/p>\n<p>Adj. Botha s\u00ea een van hulle moes oor die heining geklim het om die versterkte toestel oor sy hekmotor oop te breek, sodat hulle die hek kon oopstoot.<\/p>\n<p>Daarna het hulle die veiligheidshek en deur oopforseer om toegang tot die huis te verkry.<\/p>\n<p>Lees vorige storie hier:<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/65858\/nuusflits-gewapende-roof-longtomstraat-dennesig\/\" target=\"_blank\">Nuusflits: Gewapende roof in Longtomstraat<\/a><\/p>\n<p>Adj. Botha s\u00ea hy is nog besig om \u2019n lys op te stel om te bepaal wat alles gesteel is. Op hierdie stadium vermis hulle al drie televisiestelle, juweliersware, \u2019n videokamera en skootrekenaar.<\/p>\n<p>Die inbrekers het beide sy en sy vrou se hangkaste se klere uitgegooi om by die kluis uit te kom. Daarna is hulle na buite om waarskynlik iets te kry om die kluis oop te breek, waar die buurman hulle gekonfronteer het.<\/p>\n<p>Adj. Botha vermoed dit het hulle laat skrik, waarop hulle kort daarna met ook sy Ford Bus gevlug het. Hy het die voertuig twee weke gelede gekoop. Die waarde van die gesteelde voertuig is R330 000.<\/p>\n<p>\u2022 Hy glo dit is dieselfde groep wat in Oktober 2016 hul huishulp in die huis oorval en met wapens aangehou het. Daar is \u2019n duvet oor haar kop gesit en sy moes in een van die kamers gaan l\u00ea. Tydens di\u00e9 voorval is ook verskeie huisware gesteel.<\/p>\n<p>Interessant om te meld dat di\u00e9 rooftog omstreeks dieselfde tyd ook plaasgevind het.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ons het pas met adj. Wimpie Botha (van die Polisie se veediefstaleenheid) gepraat by wie daar sowat \u2019n uur gelede in Longtomstraat ingebreek en sy voertuig, \u2019n Ford Bus, gesteel is.<\/p>\n","protected":false},"author":2844,"featured_media":65859,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-65864","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/65864","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2844"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=65864"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/65864\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/65859"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=65864"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=65864"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=65864"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}