{"id":65643,"date":"2017-04-12T10:00:00","date_gmt":"2017-04-12T08:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/65643\/waarskuwing-is-nie-veroordeling\/"},"modified":"2017-04-12T11:19:22","modified_gmt":"2017-04-12T09:19:22","slug":"waarskuwing-is-nie-veroordeling","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/opinion-edition\/2017\/04\/12\/waarskuwing-is-nie-veroordeling\/","title":{"rendered":"Waarskuwing is nie veroordeling"},"content":{"rendered":"<p><strong>Neels Welsh:<\/strong><\/p>\n<p>\u2019n Ope brief rondom die stellings gemaak deur die leraars.<\/p>\n<p>Van wanneer af, is \u2019n waarskuwing \u2019n veroordeling? Of is dit \u2019n geval van die waarheid maak seer? Ons almal ken ten dele en spreek ten dele. Sodoende wil ek \u2019n paar vrae vra en stellings maak aan die leraars wat nie bereid is om \u2019n waarskuwing in \u2019n posistiewe lig waar te neem nie. God se genade het \u2019n begin en \u2019n eindpunt, alles is beslis nie net genade en liefde nie. In die skrif staan die volgende geskryf:<\/p>\n<p>2Tim 3:16-17 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.<\/p>\n<p>Vanaf hierdie verse hierbo wil ek my vrae rig en stellings maak. Want soos daar geskryf staan, die hele skrif is deur God in gegee, nou wanneer het daar sekere dele uit die Bybel geval? Jesus s\u00ea vir ons dat geen jota of titteltjie van die wet sal verval voordat alles nie volbring is nie. (Matt 5:18) Soos wat hulle in die skrywe s\u00ea die \u201cso called messenger of God\u201d hierdie boodskapper van God doen kosbare werk vir die koninkryk, meer as wat sommige van die leraars in hierdie dorp kan s\u00ea.<\/p>\n<p>1) Adam het nie gesondig nie maar wel Eva, hy het die swaarder straf ontvang om rede hy nie geheers het, toe die slang Eva mislei het nie. God se opdrag was aan Adam gegee en nie aan Eva nie.<\/p>\n<p>2) In Rom 3:11 soos deur hulle gekwoteer staan daar iets heeltemal anders, as wat hulle s\u00ea in die skrif staan. Dit wat hulle s\u00ea staan wel in vers 10.<\/p>\n<p>Rom 3:11 There is none that understandeth, there is none that seeketh after God. (KJV)<\/p>\n<p>3) Jesus s\u00ea, neem jou kruis op en volg My? Nou waarheen moet ons Jesus volg? Golgota toe waar ons, ons sondes op \u2019n daaglikse basis moet gaan bely en kruisig. (Matt 10:38; 16:24)<\/p>\n<p>4) Wanneer het God verander en doen Hy iets op ander maniere? Volgens die skrifte is Jesus gister, vandag en tot in ewigheid dieselfde. (Heb 13:8) Jesus en God is een.<\/p>\n<p>5) Dink hulle God is \u2019n man dat Hy sal lieg of \u2019n mensekind dat dit Hom sal berou?<\/p>\n<p>6) Die stelling dat God reeds op aarde is, maak nie baie sin nie. Die Heilige Gees (Trooster) is hier volgens die skrifte. Die laaste keer dat God, Jesus en die Heilige Gees op eenslag teenwoordig was op aarde, was met die doop van Jesus. (Matt 3:15-17)<\/p>\n<p>7) Staan daar nie geskryf: \u201cEk staan by die deur en klop nie\u201d? Hoekom staan die Heilige Gees buite die kerk en hoekom moet Hy klop om te wil in kom? (Openb 3:20)<\/p>\n<p>8) Hoekom het Johannes vir 5 van die sewe gemeentes ges\u00ea bekeer julle? Was dit nie \u2019n waarskuwing aan die kerke nie? Bedek die genade van God dan nou die waarskuwings wat selfs deur Jesus gegee was?<\/p>\n<p>9) Daar staan wel geskryf elkeen wat die naam van die Here aanroep sal gered word. (Jo\u00eb 2:32; Rom 10:13) Maar moet die mensdom net gered word? Is ons nie geroep om in die voetspore van Jesus te wandel nie? (1Pet 2:21)<\/p>\n<p>10) Wat is genade dan? Genade voor God is om, leed te verdra en onregverdig te ly. (1Pet 2:19)<\/p>\n<p>11) Soos wat ek ges\u00ea het, daar is genade en baie genade, want ek het genade by God ontvang. Indien jy jou goddelose lewe neerl\u00ea en in reg en gereregtigheid wandel. Want God s\u00ea, Ek het geen behae dat die goddelose sterwe nie. (Esg 33:11)<\/p>\n<p>12) S\u00ea die skrifte ook nie die volgende nie: \u201coortreding vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie\u201d? (Num 14:18)<\/p>\n<p>13) Dit is tyd dat die \u201cengel\u201d van die gemeente terug kom na die waarheid van die skrif, en ophou om die mensdom met \u2019n heuningkwas die verderf in te lei. Hierdie engel wat ek na verwys is beslis nie \u2019n engel uit die hemel nie. Dit is die leraar of prediker van die gemeente.<\/p>\n<p>14) Dan word daar \u2019n stelling gemaak dat die eindtyd vir die vere toekoms is? Dit is \u2019n valse stelling want Jesus s\u00ea die volgende, \u201cjulle weet wel om die voorkoms van die lug te onderskei, en kan julle nie die tekens van die tye onderskei nie? (Matt 16:3; Matt 24:1-13). Dit wat tans in die w\u00eareld gebeur is die deel van Mattheus 24.<\/p>\n<p>15) Sodra die stad waar oor God se naam uitgeroep is, (Jerusalem) verdeel word tussen die Jode en Palestyne sal die laaste sewe jaar van die Dani\u00ebl tydlyn begin. Met ander woorde die einde van die eeue is nie vir \u2019n vere toekoms of gebeurtenis nie.<\/p>\n<p>16) Die slegste nuus is, die feit dat die kerk nie weggeraap sal word nie. Want daar staan geskryf, een uit \u2019n stad en twee uit \u2019n geslag (Jer 3:14) en ook moenie vrees nie klein kuddetjies (Luk 12:32). Net die wat rein en heilig is sal deel van die bruid van Christus uit maak. Want God s\u00ea wees heilig want Ek is heilig.<\/p>\n<p>17) Om die bruid te verduidelik is baie eenvoudig. Daar was op \u2019n stadium 82 dissipels gewees, en nadat Jesus ges\u00ea het hulle moet Sy vlees eet en Sy bloed drink het 70 weggegaan. Toe het net die 12 oorgebly, met die eerste nagmaal het Judas, Jesus verraai en 11 het oorgebly. Jesus het drie gunstelinge gehad naamlik Petrus, Jakobus en Johannes. Uit hierdie drie was daar een wat Jesus se hartklop geken het, Johannes, en dit weerspie\u00ebl wie die bruid van Jesus is. Johannes was ook die enigste van die dissipels wat aan natuurlike oorsake dood is, die ander dissipels was of gekruisig of onthoof, en dit weerspie\u00ebl die gaste by die bruilofsmaal van die Lam.<\/p>\n<p>Ek stel voor dat daar wel aggeslaan word, op waarskuwings. Want ons staan aan die einde en die vyand loop rond soos \u2019n brullende leeu, opsoek na iemand om te verslind. Ja ons wil nie graag die harde werklikheid hoor nie, maar ons moet nie uit die oog verloor dat Moses in Deut 28:15-68 vloeke uitgespreek het nie. Daardie vloeke is oor ons ook gespreek. Want hy s\u00ea ook, dat dit vir hulle is wat nie saam met Israel was nie, (Deut 29:10-15) ons was ver, maar het nou naby gekom, deur die liefde en genade wat Jesus aan ons kom bewys het.<\/p>\n<p>Vir die wat wil luister.<\/p>\n<p>Jes 28:9-11 Vir wie wil hy dan kennis leer, en vir wie wil hy die openbaring verstaanbaar maak? Vir die wat van die melk gespeen, wat van die moederborste weggeneem is? Want dit is gebod op gebod, gebod op gebod, re\u00ebl op re\u00ebl, re\u00ebl op re\u00ebl, hier \u2019n bietjie, daar \u2019n bietjie. Ja, Hy sal deur lippe wat hakkel, en deur \u2019n vreemde tong met hierdie volk spreek,<\/p>\n<p>Vir die wat dit verwerp.<\/p>\n<p>Jes 28:12-14 Hy wat aan hulle ges\u00ea het: Dit is die rus, gee rus aan die vermoeides, en dit is die verkwikking. Maar hulle wou nie luister nie. Daarom sal die woord van die HERE vir hulle wees gebod op gebod, gebod op gebod, re\u00ebl op re\u00ebl, re\u00ebl op re\u00ebl, hier \u2019n bietjie, daar \u2019n bietjie, sodat hulle kan heengaan en agteruit struikel en verbreek en verstrik en gevang word. Daarom, hoor die woord van die HERE, julle spotters, heersers oor hierdie volk wat in Jerusalem is!<\/p>\n<p>Ek het die w\u00eareld geleef en hom ten volle geleef, en menigte dinge gedoen wat in totaliteit teenstrydig was met die woord van God. Maar kan net s\u00ea dankie Vader dat daar vir sondaars soos ek ook genade beskikbaar is. Deur die guns en genade van God kan ek s\u00ea: Thank you Lord for the journey that You have taken me on, and the road that You lead me on. (1Tim 1:15).<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Ope brief rondom die stellings gemaak deur die leraars.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":12464,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[2889,2888],"tags":[6711,18,6712],"class_list":["post-65643","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-letters","category-opinion-edition","tag-brief","tag-letters","tag-neels-welsh"],"category_labels":{"Category":"Opinion","SubCategory":"Letters"},"tag_labels":["brief","Letters","neels welsh"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/65643","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=65643"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/65643\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/12464"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=65643"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=65643"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=65643"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}