{"id":63992,"date":"2017-03-02T10:34:33","date_gmt":"2017-03-02T08:34:33","guid":{"rendered":"http:\/\/mobserver.co.za\/?p=63992"},"modified":"2017-03-02T15:05:12","modified_gmt":"2017-03-02T13:05:12","slug":"hond-vrek-meisie-se-arms","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2017\/03\/02\/hond-vrek-meisie-se-arms\/","title":{"rendered":"Hond vrek in meisie se arms"},"content":{"rendered":"<p>Die vrou (wat anoniem wil bly) het <b>aan www.mobserver.co.za<\/b> vertel dat sy omstreeks 02:40 vanoggend gewek is deur die alarm by hul huis in Broodboomstraat (Kanonkop).<\/p>\n<p>Sy het by al die deure en vensters gekyk, maar niks gesien nie en vir die sekuriteitsfirma ges\u00ea dit is nie nodig om uit te kom nie, want alles lyk reg.<\/p>\n<p>Hulle het egter besef iets is fout, want hul yorkshire terri\u00ebr het op en af in die gang bly hardloop.<\/p>\n<p>Sy het besluit om by die badkamervenster uit te loer, waarop sy gesien het dat die hek oopstaan.<\/p>\n<blockquote class=\"quote-solid\"><p>\u201cEk het dadelik gew\u00e9\u00e9t daar is fout en het die paniekknoppie gedruk.\u201d<\/p><\/blockquote>\n<p>Terwyl sy gewag het vir die alarmbesigheid om uit te kom, het sy een van haar buurmanne gevra om na hul huis te kom.<\/p>\n<p>Met nadere ondersoek, het hulle gesien dat die lapa se deur oopgebreek is, maar hulle kon nie sien of daar iets gesteel is nie.<\/p>\n<p>Nadat die sekuriteitswag weg is, is hulle terug die huis in.<\/p>\n<p>Haar dogter het op hierdie tydstip verby die motorhuis gestap en geskree dat die motorhuisslot stukkend is. Hulle is die motorhuis in, waarop hulle gesien het dat die meisie se motorfiets, \u2019n 125cc VSR (registrasienommer JBF639MP), gesteel is.<\/p>\n<p>Die polisie is ontbied en verklarings is geneem.<\/p>\n<p>Met die polisie se vertrek, is hul groot hond by die huis in en kon hulle haar nie uit kry nie.<\/p>\n<p>Dit was al tyd vir die vrou om te gaan stort vir werk en sy het maar die hond laat begaan.<\/p>\n<blockquote class=\"quote-solid\"><p>\u201cDie oomblik toe ek by die stort inklim, het my dogter gegil dat daar fout is met die hond.\u201d<\/p><\/blockquote>\n<p>Die dier het gel\u00ea en ruk en skuim het by haar bek uitgekom.<\/p>\n<p>Hulle het die hond agterop hul bakkie gelaai en gejaag na die Oribi Dierekliniek. Haar sewentienjarige dogter het by die hond agter op die bakkie gesit.<\/p>\n<p>Lees verwante stories hier:<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/63894\/toyota-cruiser-vanoggend-gesteel\/\" target=\"_blank\">Toyota Cruiser vanoggend gesteel<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/63927\/gesteelde-voertuig-gekry-2\/\" target=\"_blank\">Gesteelde voertuig gekry!<\/a><\/p>\n<p>\u201cDie veaarts was net te laat en ons hond het by my dogter agter op die bakkie gevrek.\u201d<\/p>\n<p>\u2022 Teen ligdag is daar \u2019n sakkie met rooiworsies in die pad voor die huis opgetel, wat die inbrekers daar laat val het.<\/p>\n<p>\u2022 Hulle bedank graag die sekuriteitsfirma, ADT, hul buurman wat kom help het, die polisielede, die GPF-lede en die Oribistraat veearts vir al hul hulp.<\/p>\n<p>\u2022 Daar is pas verneem dat daar ook \u2019n inbraak was in Oleanderstraat (Kanonkop).<\/p>\n<p>\u2022 \u2019n Verdagte is gedurende die nag opgemerk, maar hy het weggehardloop en \u2019n sak neergesmyt. In die sak was daar vermoedelik gesteelde artikels.<\/p>\n<p>\u2022 Meer inligting oor die inbrake in vandag se <i>Middelburg Observer<\/i>.<\/p>\n<p>Lees meer nuus deur die <a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/\" target=\"_blank\">Middelburg Observer<\/a> gaan <em><strong>&#8220;Like&#8221;<\/strong> <\/em>ook ons <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/MiddelburgObserver\/\" target=\"_blank\">Facebook<\/a> volg ons ook op \u00a0<a href=\"https:\/\/twitter.com\/\" target=\"_blank\">Twitter <\/a>en <a href=\"https:\/\/www.instagram.com\/mobserver\/\" target=\"_blank\">Instagram<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Gesin se geliefde hond het laasnag in \u2019n sewentienjarige meisie se arms agter op \u2019n bakkie gevrek, kort nadat inbrekers hul motorfiets gesteel het.<\/p>\n","protected":false},"author":2844,"featured_media":63993,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-63992","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/63992","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2844"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=63992"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/63992\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/63993"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=63992"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=63992"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=63992"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}