{"id":63640,"date":"2017-02-21T16:34:55","date_gmt":"2017-02-21T14:34:55","guid":{"rendered":"http:\/\/mobserver.co.za\/?p=63640"},"modified":"2017-02-22T11:49:51","modified_gmt":"2017-02-22T09:49:51","slug":"as-ek-sy-was","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2017\/02\/21\/as-ek-sy-was\/","title":{"rendered":"Kommentaar: As ek sy was&#8230;"},"content":{"rendered":"<p>Ek sal baie graag elke dag wil skryf oor \u2019n jong pandabeer ma wat haar doodskrik vir haar eie kleintjie, of \u2019n dronk Rus wat van sy bed af val.<\/p>\n<p>Maar die realiteit is dat terwyl ek sit en kyk na \u2019n snaakse video van \u2019n vet ou wat deur \u2019n donkie geskop word, met \u2019n insetsel van \u2019n baba wat lag aan die einde (die baba wat lag word, tot my groot irritasie, vir een of ander rede deesdae aan al die snaakse videos geheg), is daar \u00earens iemand wat in rou gedompel is.<\/p>\n<p>Daar is blomme wat groei en vo\u00ebltjies wat sing, daar is donkies wat vet ouens skop, maar daar is ook \u2019n baie groot monster wat vanuit die donker loer. En ons mag hom nie ignoreer nie.<\/p>\n<p>Daar gaan kort-kort iemand dood. Iemand wat nie onverskillig of dronk bestuur het nie, wat nie van die honger vergaan of wat nie gewelddadig geleef het sodat jy die <i>live by the gun, die by the gun<\/i> spreekwoord kan rondgooi nie.<\/p>\n<p>Iemand wat doodeenvoudig vermoor word omdat hulle op \u2019n plaas bly. Omdat die leuen dat hulle \u2018grond gesteel\u2019 en ryk geword het met \u2018boelie geld\u2019 oor en oor vertel word, sodat grond en geld gesteel kan word.<\/p>\n<p>Ek sal nou s\u00ea wat baie nie wil s\u00ea nie. Jy kan my klassifiseer as jy wil, jy kan my oordeel:<\/p>\n<p>As jy kyk na die toestand in die res van Afrika, is die bogstorie dat \u2018ons\u2019 ander mense se rykdom gesteel het om \u201consself\u201d te verryk, so verregaande mens sou daaroor kon lag, as dit nie gepaard gegaan het met die moord en doodslag wat ons ervaar nie.<\/p>\n<p>En dan sit daar dorpies (soos wat plasies die manne met die sagte handjies wat op \u2019n erf met gewapende reaksie en alarmsisteme woon, noem) en vertel vir jou riller leuenstories \u201cvan boere wat plaaswerkers vashou terwyl hul seuns hul vrouens en dogters verkrag en hoe moordgedagtes en dade dan sekerlik geregverdig is.\u201d<\/p>\n<p>Dit is alles deel van die groot leuen. Om mense lam te l\u00ea en om moordadigheid te regverdig.<\/p>\n<p>Hoe durf jy die arme man wat al voorheen by jou geld gesteel het, en nou weer gevang skape steel het, afdank?<\/p>\n<p>Hoekom praat jy hard met die man wat dronk by die werk opdaag? Hoe durf jy dit wat joune is probeer beskerm?<\/p>\n<p>My pa is onlangs met die dood gedreig toe hy \u2019n sloot oor \u2019n pad na sy plaas gegrou het. Dit nadat hy toegelaat het dat vragte hout van die plaas af gesteel word en eers die hakskene ingeskop het toe diewe onder sy beeste begin maai het.<\/p>\n<p>Toe moet hy hoor dat die grond nie aan hom behoort nie. Dat hy dit gesteel het, al het hy dit as jong man met sweet en trots en harde werk gekoop. En dat hy nie \u2019n hart het nie omdat hy nou mense se \u2018brood en botter\u2019 (wat tegnies gesproke uit betreding en steel gemaak word) van hulle wegvat. Daarna volg die dreigemente: \u201cOns sal jou kom dood maak. Ons sal al jou beeste kom steel\u201d.<\/p>\n<p>Op Facebook en WhatsApp kla die mense. Na elke <a href=\"http:\/\/\u201cDon\u2019t be afraid my darling\u2026\u201d \u2013 The horror of a farm attack\" target=\"_blank\">plaasaanval <\/a>word daar gepraat van \u2018die vyand\u2019 en gevra hoe lank die \u2018boerevolk\u2019 nou nog gaan stil sit en niks doen nie.<\/p>\n<p>As jy dink dat jou vingertjies wat tik, of jou slim hutstekens (aanhits tekens?) oor plaasaanvalle iets aan die bloedvergieting gaan doen, gee my die oplossing.<\/p>\n<p>En as jy vra, hoe lank gaan boere nog stil sit, wat wil jy graag h\u00ea moet hulle doen? Hoe wil jy h\u00ea moet hulle beweeg? Boere slaap so te s\u00ea met pistole aan hul sy. Veiligheidsmaatre\u00ebls is in plek.<\/p>\n<p>Op die ouend is boere net mense wat \u2019n bestaan wil maak uit die grond. Bedags moet hulle werk, en versigtig wees om nie te lelik met hul plaaswerkers te wees nie en sorg dat hulle betyds betaal word. Snags moet hulle van plaas na plaas jaag, padblokkades opstel, soek na misdadigers en soos opgeleide taakmag polisiemanne in lewensgevaarlike situasies optree.<\/p>\n<p>Boere word nie net fisies nie, maar ook figuurlik geblinddoek en vasgebind. Jy weet nie waar gaan die volgende hou tref nie. Jy weet nie teen wie om te baklei nie. Jy sit en wag en hoop dat as dit jou beurt is, jy gelukkig genoeg gaan wees om met jou lewe daarvan af te kom.<\/p>\n<p>Jy spartel om tussen minimum lone, stygende produksiekostes, diefstal van jou goedere en \u2019n oorwerkte polisiemag, wat vra vir \u2018gemeenskapbetrokkenheid\u2019 die som te laat klop.<\/p>\n<p>Veiligheid is duur. En die mense wat dit aanbied is gou om te vra \u2018Hoeveel is jou vrou of kinders se lewens werd\u2019. Dis soos om bloed uit \u2019n klip te tap.<\/p>\n<p>Al wat aanhoudend by my opkom, al o\u00ebverblindende lig aan die einde van hierdie donker tonnel, is dit wat ons al vir generasies deur gedra het: Ons geloof.<\/p>\n<p>Ons durf nie toelaat dat ons deur haat verswelg word nie.<\/p>\n<p>Ons durf nie vergeet waarheen ons op pad is nie of hoekom ons leef nie.<\/p>\n<p>Ons durf nie vrees nie, al gaan ons deur \u2019n dal van doodskaduwee.<\/p>\n<p>Almal van een ras is nie sleg nie. Dit geld vir wit en swart. Ek sal nie \u2019n rassis word nie, al moes ek staan en toekyk hoe \u2019n emosionele vrou tevergeefs woorde van troos in haar sterwende vriendin se oor fluister, nadat sy deur aanvallers in die kop geskiet is.<\/p>\n<p>Ek kyk na \u2019n onderhoud op eNCA met \u2019n 18-jarige meisie wie se ouers en grootouers op Balfour vermoor is. Een van die vrae is: \u2018Wat sou jy vir jou ouers se moordenaars wou s\u00ea?\u2019 Sy s\u00ea sy sou wou weet hoekom hulle dit gedoen het.<\/p>\n<p>As ek sy was sou ek s\u00ea: \u201cWe are not afraid of you. We will testify the love of our Living God trough the lives we lead. You cannot destroy us.\u201d<\/p>\n<p><strong>Read other news here:<\/strong><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/63612\/63612\/\" target=\"_blank\">Update: Dullstroom farm attack victim dies in hospital<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/63591\/horror-farm-attack-dont-afraid-darling\/\" target=\"_blank\">\u201cDon\u2019t be afraid my darling\u2026\u201d \u2013 The horror of a farm attack<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/63516\/vrou-koma-na-dullstroom-plaasaanval\/\" target=\"_blank\">Vrou in koma na Dullstroom aanval<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/63574\/plaasaanval-bakkie-gevind\/\" target=\"_blank\">Plaasaanval bakkie gevind<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/63506\/nuusflits-seun-skiet-pa-bors\/\" target=\"_blank\">Nuusflits: \u201cBelfast inwoner dood na beweerde gesinsgeweld<\/a>\u201d<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/63467\/weather-for-the-weekend-7\/\" target=\"_blank\">Weather for the weekend<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/63461\/vrou-met-dood-gedreig\/\" target=\"_blank\">Vrou met dood gedreig<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/63284\/pa-en-seun-oorleef-ongeluk-3\/\" target=\"_blank\">Pa en seun oorleef ongeluk<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/63251\/gepeupelreg-lei-tot-moord\/\" target=\"_blank\">Gepeupelreg lei tot moord<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dis net moord en doodslag. Mense kla. Hulle vra ons moet bietjie skryf oor iets moois eerder as al die geweld en \u2018sensasie\u2019.<\/p>\n","protected":false},"author":2844,"featured_media":63600,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Jana Boshoff","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[17,7,2,2888],"tags":[1049,6350,2167,5865,1992,2939,2938,6,1088],"class_list":["post-63640","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-blogs","category-local-news","category-news-headlines","category-opinion-edition","tag-danger","tag-elders","tag-farm","tag-farmers","tag-gevaar","tag-my-beurt","tag-opinie","tag-opinion-edition","tag-warning"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["danger","elders","farm","farmers","gevaar","my beurt","opinie","Opinion","warning"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/63640","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2844"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=63640"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/63640\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/63600"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=63640"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=63640"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=63640"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}