{"id":63262,"date":"2017-02-15T09:40:49","date_gmt":"2017-02-15T07:40:49","guid":{"rendered":"http:\/\/mobserver.co.za\/?p=63262"},"modified":"2017-02-15T11:04:56","modified_gmt":"2017-02-15T09:04:56","slug":"brief-maak-opslae","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2017\/02\/15\/brief-maak-opslae\/","title":{"rendered":"Brief maak opslae"},"content":{"rendered":"<p>\u2019n Inwoner wat hom \u201cBoodskapper van God\u201d noem, het die brief geskryf, nadat hy \u2019n visioen gehad het oor die sedelike verval op Middelburg wat geteister word deur dwelms, ontrouheid in huwelike, misdaad en pornografie.<\/p>\n<p>Die vraag op almal se lippe is: Wie is di\u00e9 man.<\/p>\n<p>Hy het by navraag egter ges\u00ea dat God aan hom openbaar het om nie sy naam aan die brief te koppel of erkenning daarvoor te soek nie.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea dat God op 1 Februarie 2017, vir hom ges\u00ea het Hy is keelvol en woedend oor dit wat in Middelburg plaasvind en dat Hy Sy toorn oor die mense gaan gebied en dat hy hulle moet waarsku!<\/p>\n<p>Hy gee dan \u2019n lang lys van waarskuwings wat by kerke begin: \u201cMy toorn en My oordele gaan nou by die kerke begin (1 Petr. 4:17) omdat My boodskappers net louer en louer word (Openb. 3:7-17) en omdat menig nie meer die waarheid preek nie (1 Petr. 2:1-3).\u201d<\/p>\n<p>Tweede op die lys is die \u201clou christenmans van Middelburg\u201d.\u201cMassas aanbid naweek vir naweek die sportgod, verorber liters en liters drank, vloek, hoereer, kyk pornografie, pleeg owerspel, bid nie meer nie, lees nie Bybel nie, weier om priesters van hulle huise te wees (Hosea 4:6). Hulle bly saam in hoerery, spot oor die wederkoms (2 Petr. 3:3-4).\u201d<\/p>\n<p>Oor vroue op die dorp s\u00ea hy: \u201cJulle het julle huise verlaat, julle kinders het geen toesig. Hulle hoereer na skool en vakansies sonder ophou in jul huise. Hulle kyk pornografie, raak verslaaf aan dwelms\u201d.<\/p>\n<p>Oor die rykes op die dorp s\u00ea goddelike boodskapper: \u201cJy het vanwe\u00eb die \u2018swartgoud\u2019 rondom Middelburg vir jou menig skatte vergader. Jy het die loon van jou arbeiders terug gehou (Jak. 5:1-6).<\/p>\n<p>Julle leef weeldering in groot huise, ry duurste karre, vergryp julle aan swelgerye, terwyl menig van my kinders by verkeersligte en elders krepeer van hongersnood.<\/p>\n<p>Kyk, Ek gaan julle stroop van alles! Julle huise, die grotes en die mooies, gaan Ek toesluit sodat jy daar nie kan ingaan nie (Jes. 5:9, Jes. 24:10).\u201d<\/p>\n<p>Selfs die skole word gewaarsku: \u201cJulle het die skole verander in pornografiese instellings en plekke van plesier. Pornografiese onreinheid en vierletter skaamdeelwoorde is aan die orde van die dag.<\/p>\n<p>Kinders word van kleins af verslaaf aan tegnologie en om die sportgod te aanbid, en word in detail geleer hoe om veilige seks voor die huwelik te beoefen.<\/p>\n<p>Kyk, Ek gaan hulle bloed van julle hande eis, daarom gaan Ek die kinders teen julle oprig en skole onregeerbaar maak, soos reeds in ander lande gebeur.\u201d<\/p>\n<p>Terwyl prostitute oopbeen op sypaadjies sit om kli\u00ebnte te lok s\u00ea die boodskapper: \u201cEk laat julle toe om te floreer (Spr. 16:4) sodat die mans van Middelburg wat van My af weggehoereer het, deur julle besoedel kan word, en my volle oordeel oor julle en hulle kan kom (Openb. 22:11).\u201d<\/p>\n<p>\u2022Saterdag is \u2019n geestelike herlewingsaand in die banketsaal op die dorp gehou met die tema \u201cStep into Faith\u201d, asook \u2019n reuse partytjie. Daar was meer mense by die partytjie. Die organiseerder van Step Into Faith, Barries Barnard, het ges\u00ea dat hy ook Sondagaand \u2019n visioen gehad het.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/63003\/n-goddelike-waarskuwing-2\/\" target=\"_blank\">&#8216;n Goddelike waarskuwing<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Brief wat op www.mobserver.co.za en gedeeltelik in die Middelburg Observer gepubliseer is, is besig om opslae op die dorp te maak.Meer as 14 000 mens het die brief al gelees.<\/p>\n","protected":false},"author":2844,"featured_media":12464,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Tobie van den Bergh","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[2889,7,2,2888],"tags":[],"class_list":["post-63262","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-letters","category-local-news","category-news-headlines","category-opinion-edition"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/63262","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2844"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=63262"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/63262\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/12464"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=63262"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=63262"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=63262"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}