{"id":62522,"date":"2017-02-01T14:20:57","date_gmt":"2017-02-01T12:20:57","guid":{"rendered":"http:\/\/mobserver.co.za\/?p=62522"},"modified":"2017-02-07T10:20:13","modified_gmt":"2017-02-07T08:20:13","slug":"suster-roep-tevergeefs-na-broer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2017\/02\/01\/suster-roep-tevergeefs-na-broer\/","title":{"rendered":"Suster roep tevergeefs na broer"},"content":{"rendered":"<p>Haar broer, Thorn (27), is in die sel langsaan aangehou, saam met vyf ander mans.<\/p>\n<p>\u201cDie polisiemanne het haar uitgelag,\u201d het hul ma, Cathy, later vertel.<\/p>\n<p>Tara was bang dat Thorn selfmoord sou pleeg. Hy het deur die tralies vir haar ges\u00ea hy gaan sy eie lewe neem, omdat hy nie kans gesien het om terug te gaan tronk toe nie.<\/p>\n<p>\u201cKyk mooi na die kinders en ons ouers,\u201d het hy gevra. Thorn was baie lief vir Tara se twee kinders.<\/p>\n<p>Mnr. Trevor Moore, Thorn se pa, s\u00ea dat Tara polisiemanne gevra het om \u2019n ogie te hou oor haar broer, maar dat sy uitgelag is.<\/p>\n<p>Sy het aanhoudend na hom geroep maar geen reaksie gekry nie. Toe Thorn se selmaats aan die badkamerdeur begin slaan, het sy besef daar is fout.<\/p>\n<p>Hy het hom na bewering met sy sweetpakbroek opgehang.<\/p>\n<p>Die broer en suster is in die polisieselle aangehou, in verband met \u2019n huisbraakklag wat in Desember plaasgevind het.<\/p>\n<p>Hulle gebroke ouers glo vas dat hulle nie by die misdaad betrokke was nie.<\/p>\n<p>Die polisieselle was oor die jare in omstredenheid gedompel, met \u2019n gevangene wat selfmoord gepleeg het nadat hy daar verkrag is &#8211; hy het hom na sy vrylating soos Moore opgehang. Na die verkragting is kamera\u2019s in die selle ge\u00efnstalleer maar die weerlig het dit beskadig.<\/p>\n<p>\u2019n Bitter hartseer mnr. Trevor Moore het <b>www.mobserver.co.za <\/b>se kantore besoek en ges\u00ea die gesin soek antwoorde. Dit is duister hoe Moore homself kon ophang, terwyl daar vyf ander gevangenes in die sel was en hy betwyfel ook die wyse waarop sy seun aan sy einde gekom het.<\/p>\n<p>Tara en Thorn Moore was albei bekende dwelmgebruikers.<\/p>\n<p>In die Middelburg gemeenskap is daar al meer woede omdat Nigeriese dwelmhandelaars vrylik sake doen in die sakekern en die lys van dwelmslagoffers langer en langer word.<\/p>\n<p>Die polisie doen niks daaraan nie en arresteer meestal dwelmgebruikers op mindere klagtes, terwyl die groot visse, die dwelmhandelaars, harde dwelms soos soetgoed op die dorp se strate verkoop.<\/p>\n<p>\u2022Daar word nog gewag vir kommentaar van die polisie af.<\/p>\n<p>Lees ander nuus hier:<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/62504\/bekende-boer-aangeval\/\" target=\"_blank\">Bekende boer aangeval<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/62508\/bekende-in-vleisbedryf-pleeg-selfmoord\/\" target=\"_blank\">Bekende in vleisbedryf pleeg selfmoord<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/62486\/video-and-photos-ambulance-hit-by-hippo-underway-to-accident-outside-pretoria\/\" target=\"_blank\">Video and photos: Ambulance hit by hippo outside Pretoria<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/62479\/toyota-bakkie-verdwyn\/\" target=\"_blank\">Toyota bakkie verdwyn<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/62472\/six-die-in-horror-crash\/\" target=\"_blank\">Six die in horrific crash<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cThorn!\u201d \u201cThorn!\u201d \u201cThorn!\u201d het Tara Moore angsbevange uit haar polisiesel geroep. <\/p>\n","protected":false},"author":2844,"featured_media":62459,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Jana Boshoff","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-62522","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/62522","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2844"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=62522"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/62522\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/62459"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=62522"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=62522"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=62522"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}