{"id":62394,"date":"2017-01-30T11:40:00","date_gmt":"2017-01-30T09:40:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/62394\/heroien-hou-hulle-op-straat\/"},"modified":"2017-01-30T15:34:28","modified_gmt":"2017-01-30T13:34:28","slug":"heroien-hou-hulle-op-straat","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2017\/01\/30\/heroien-hou-hulle-op-straat\/","title":{"rendered":"Hero\u00efen hou hulle op straat"},"content":{"rendered":"<p>Hulle smelt gewoonlik goed in saam met die omgewing, maar as jy in die middedorp vir &#8216;n oomblik stil staan en om jou rond kyk, is die kanse goed dat jy iemand verby jou sal sien sluip.<\/p>\n<p>Die Middelburg Observer het die strate ingevaar in &#8216;n poging om met van die hawelose jongmense te praat. Ons het twee jong mans naby McDonald&#8217;s raakgeloop. Hulle was bereid om te praat, op voorwaarde dat ons nie name noem nie.<\/p>\n<p>Pieter (skuilnaam) is 30 jaar oud. Hy is in Middelburg gebore maar het vir lank die strate van Potchefstroom sy tuiste genoem.<\/p>\n<p>&#8220;As jy dink Middelburg is erg, moet jy Potch sien! Daar gaan dit baie rof,&#8221; s\u00ea hy.<\/p>\n<p>Hy is terug in Middelburg om sy ma te help nadat sy sussie, wat 24 was, in Desember oorlede is.<\/p>\n<p>&#8220;Sy was meer een vir uppers, acid, Cat, daai tipe goed. Miskien het jy haar geken? Sy was baie bekend. So langerige hot chick,&#8221; vertel hy van haar.<\/p>\n<p>&#8220;Ek probeer dinge met my ma regmaak. Dis hoekom ek hier is,&#8221; verduidelik hy sy terugkeer na Middelburg.<\/p>\n<p>As jy vra wat jongmense op straat laat beland antwoord Pieter en sy vriend Jack (ook &#8216;n skuilnaam) amper saam: &#8220;Dwelms&#8221;.<\/p>\n<p>&#8220;Hier is niks interessant om te doen nie. As jy nie drink nie, rook jy dagga, as jy nie dagga rook nie, doen jy drugs,&#8221; s\u00ea Jack.<\/p>\n<p>Hy het groot geword in Middelburg. Sy laaste vaste adres was Hope City. Vir die afgelope vyf jaar bly hy op straat.<\/p>\n<p>Jack vertel dat hy tot Graad 10 by Ho\u00ebrskool Middelburg gevorder het voordat dwelmverslawing sy skoolloopbaan in die wiele gery het. Hoe het hy begin dwelms gebruik? Deur p\u00ealle, antwoord hy.<\/p>\n<p>Die twee vriende s\u00ea dat hulle bedags bedel en loswerkies doen om geld te kry vir dwelms.<\/p>\n<p>&#8220;As jy klere kry verkoop jy dit. Jy sal tot jou ma verkoop vir R40,&#8221; merk Jack droog op.<\/p>\n<p>Hulle is dit eens dat die meeste jongmense op straat in Middelburg hero\u00efen gebruik. Cat is heeltemal te duur meen hulle. As jy dit kan bekostig kan jy ook &#8216;n dak oor jou kop bekostig.<\/p>\n<p>&#8220;Cat is &#8216;n joke. Ek sal vir iemand lag as hy vir my s\u00ea hy is op straat oor Cat. Cat het nie dieselfde plak as heroin nie.&#8221;<\/p>\n<p>Jack s\u00ea dat hy vyf ander jong mans ken wat soos hy, ook op straat is. Hulle slaap op &#8216;n veilige plek onderdak. Hulle het vir die Middelburg Observer vertel waar dit is, maar versoek dat dit nie gepubliseer word nie, omdat hulle bang is iemand kom verjaag hulle.<\/p>\n<p>Bedags gaan elkeen sy gang, partymaal loop hulle twee-twee saam. Maar snags kom hulle om veiligheidsredes bymekaar.<\/p>\n<p>&#8220;Jy moenie alleen buite slaap nie. Hier is baie nyaope boys. Hulle is gevaarlik,&#8221; s\u00ea Jack.<\/p>\n<p>Oor hoe die dwelmprobleem bekamp kan word, is hulle baie pessimisties.<\/p>\n<p>&#8220;As jy een dealer arresteer is daar net &#8216;n ander een wat sy plek vat!<\/p>\n<p>&#8220;Ek het al probeer om vir die polisie mense uit te wys. Ek kan so baie vir hulle uitwys maar hulle soek altyd die groter ouens. En die kleiner dealers soek iets by jou in ruil vir inligting. Dis moeilik,&#8221; s\u00ea Pieter.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea dat om toegesluit te wees ook nie veel help nie.<\/p>\n<p>&#8220;Jy kan makliker in die tronk drugs kry as op straat. Maar dit is eintlik nooit &#8216;n probleem om die goed in die hande te kry nie, of jy nou binne of buite is,&#8221; voeg hy by.<\/p>\n<p>&#8216;n Jong man wat homself voorstel as Gerhard, kom by die Middelburg Observer kantore aan terwyl joernaliste op straat aan die storie werk. Hy leen R50 by iemand in die kantoor om in Groblersdal uit te kom sodat hy kan werk soek. Hy vertel dat hy sy dwelms by Iraq Taxistaanplek koop. By &#8216;n &#8220;vet Suid-Afrikaner&#8221; wie se naam Lucky is.<\/p>\n<p>Die joernaliste uit op die storie merk hom op in Bhimy Damanestraat. Hy stap soos &#8216;n man met &#8216;n missie. Later kom hy by die stegie, wat Iraq taxistaanplek met Walter Sisulustraat verbind, uitgestap. Die persoon by die kantoor wat vir hom die geld geleen het, bevestig: &#8220;Dis dieselfde Gerhard!&#8221;<\/p>\n<p>Na die onderhoud met Pieter en Jack, vra een van hulle vir &#8216;n pen en papier. Hy skryf die volgende: &#8220;Enige verslaafde wat bereid is om te verander, daar is ware hulp deur liefde en ons Hemelse Vader&#8230; Winnie du Preez is ons oplossing. &#8216;n Opregte kind van God wat die wil van haar Vader uitleef.&#8221;<\/p>\n<p>\u2022Winnie is verlede jaar deur die polisie gearresteer op dwelmverwante klagtes. Dit is intussen verander na klagtes onder die medisynewet.<\/p>\n<p>\u2022Lees ook die weeklikse kommentaar op bladsy 15 van vandag se uitgawe.<\/p>\n<div id='gallery-1' class='gallery galleryid-62394 gallery-columns-3 gallery-size-thumbnail'><figure class='gallery-item'>\n\t\t\t<div class='gallery-icon landscape'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2017\/01\/30\/heroien-hou-hulle-op-straat\/attachment\/bjjan88-1-17_43085\/'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"270\" height=\"203\" src=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2017\/01\/BJJAN88-1-17_43085-270x203.jpg\" class=\"attachment-thumbnail size-thumbnail\" alt=\"\" aria-describedby=\"gallery-1-62396\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2017\/01\/BJJAN88-1-17_43085-270x203.jpg 270w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2017\/01\/BJJAN88-1-17_43085-520x390.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2017\/01\/BJJAN88-1-17_43085.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 270px) 100vw, 270px\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<figcaption class='wp-caption-text gallery-caption' id='gallery-1-62396'>\n\t\t\t\tGerhard het nadat hy geld in die hande gekry het, reguit na Iraq Taxistaanplek geloop.\n\t\t\t\t<\/figcaption><\/figure>\n\t\t<\/div>\n\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Middelburg se strate is vol jongmense wat doelloos ronddwaal. <\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":62395,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Jana Boshoff","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[1049,1093,1992,6261,1088],"class_list":["post-62394","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-danger","tag-drugs","tag-gevaar","tag-herion","tag-warning"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["danger","drugs","gevaar","Herion","warning"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/62394","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=62394"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/62394\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/62395"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=62394"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=62394"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=62394"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}