{"id":60499,"date":"2016-11-26T06:03:14","date_gmt":"2016-11-26T04:03:14","guid":{"rendered":"http:\/\/mobserver.co.za\/?p=60499"},"modified":"2016-11-28T13:09:10","modified_gmt":"2016-11-28T11:09:10","slug":"cruse-wil-kamerspan-hierheen-bring","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2016\/11\/26\/cruse-wil-kamerspan-hierheen-bring\/","title":{"rendered":"Cruse wil kameraspan hierheen bring"},"content":{"rendered":"<p>\u2019n Groot groep professionele gholfspelers soos Cruse, Chris Willimas en Bobby Lincoln, het die naweek op Middelburg toegesak om aan die Pro-Am\u2019s gholftoernooi, as deel van die Suid-Afrikaanse Seniortoer, by die Middelburg Buiteklub deel te neem.<\/p>\n<p>Cruse het \u2019n baie spesiale plek vir Middelburg en die omgewing, aangesien hy as klein seuntjie sy pa, Ronnie Cruse, se gholfjoggie was as hulle gholf gespeel het op die destydse Pullenshope gholfbaan.<\/p>\n<p>Vandat hy kan onthou wou hy gholf speel, maar 10 dokters het die verdoemende nuus gegee dat hy nooit sal kan speel nie, nadat hy as klein seuntjie \u2019n ernstige oogbesering opgedoen het.<\/p>\n<p>Cruse vertel dat hy en sy maats \u201cCowboys en Indiane\u201d gespeel het en dat hy op \u2019n stadium deur \u2019n gaatjie in die muur geloer het om te kyk waar die ander is. Op dieselfde oomblik het een van die ander kinders \u2019n pyl in die gaatjie gedruk en het dit hom direk in die oog gesteek.<\/p>\n<p>Vele operasies later, het hy net 10% sig in sy oog oorgehou. Dit beteken dat hy nie driedimensioneel kan sien nie, \u201cen ek mis 90% van my sethoue na regs!\u201d In baie van sy toernooie doen hy sy sethoue met net een hand, om di\u00e9 probleem te probeer uitskakel.<\/p>\n<p>Dit het die vasberade gholfliefhebber nie ondergekry nie en het dit hom net n\u00f3g meer vasberade gemaak om te wys wat hy kan doen.<\/p>\n<p>Op 21 word hy aangewys as beginner van die jaar en in 1987 begin hy professioneel gholf speel.<\/p>\n<p>Deur die jare het hy al 24 kolhoue gespeel en is die eerste Suid-Afrikaner wat 15 Sonskynreeks-toernooie gewen het.<\/p>\n<p>Hy het verlede week die senior toernooi op eMalahleni gewen. En dit nadat hy vir sewe maande nooit gholf gespeel het na \u2019n skouerbesering nie! Die naweek het hy tweede ge\u00ebindig (\u2019n kortkop agter Chris Williams) by die Buiteklub.<\/p>\n<p>Hy vertel allerlei staaltjies soos dat die bekende Nuno da Cunha (Middelburg Nissan) vir hom \u2019n voertuig geborg het toe hy junior gholfklinieke, waaronder ook in Middelburg, begin aanbied het.<\/p>\n<p>Dan was daar 2001 en 2002 toe hy presies binne \u2019n jaar twee keer \u2019n kar gewen het by dieselfde toernooi in Zambi\u00eb.<\/p>\n<p>Cruse vertel laggend dat hy kort na die eerste kompetisie \u2019n boek gelees het wat daarop sinspeel dat as jy dieselfde suksesvolle resultate wil h\u00ea, jy daarmee moet volhou. En dit is presies wat hy gedoen het. Die volgende jaar het hy met dieselfde lugredery gevlieg, selfde huurkar gery, selfde gespeel \u00e9n dieselfde kar gewen!<\/p>\n<p>Hy onthou ook hoe hy tydens \u2019n toernooi in Taiwan raakgesien is deur \u2019n biljoen\u00ear, Johnny Billomar, wat nie kon glo dat daar niks gedoen kan word vir sy oog nie.<\/p>\n<p>\u201cHy het ges\u00ea \u2018money can buy everything\u201d en het 5 000 dollar betaal dat ek die beste spesialis kon sien, net om dieselfde verdoemende nuus vir hom te gee. Hy kontak my steeds gereeld om uit te vind of daar nog nie nuwe tegnologie is om my sig te verbeter nie.\u201d<\/p>\n<p>Vele sal die prettige Kyknet reeks, \u201cVoorgee\u201d onthou wat Cruse aangebied het saam met die akteur Francois Lliam, wat nie veel geweet het van gholf nie. Met hierdie program is die re\u00ebls van die spel uitgelig, asook die toerusting wat gebruik word op bane.<\/p>\n<p>Sportsielkundige Theo Bezuidenhout en, soos Cruse, ook \u2019n Sonskynreeks-wenner Dougie McGuigan, was van die gasaanbieders. Cruse s\u00ea hulle kyk daarna om dalk weer die reeks te begin met hom as aanbieder.<\/p>\n<p>Die laaste vyf jaar is Cruse die aanbieder van Super Golf, \u2019n insetsel op Supersport, Woensdagaande op DStv, kanaal 201.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea die beplanning is om vroeg aanstaande jaar ook \u2019n program by die Middelburg Buiteklub te kom skiet.<\/p>\n<p>\u2022 Sy vrou, Suretha, is die hoof van die Voyager Lugredery, besit haar eie vliegtuig en vlieg hom soms heen en weer na toernooie toe.<\/p>\n<p>\u2022 <a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/11384\/op-spoor-van-moordenaars\/\">Cruse se ma, Julie (72), is op 2 Junie 2012 in haar huis in Pullenshope doodgemartel. Haar moordenaars het haar onder andere met \u2019n strykyster gebrand.<\/a><\/p>\n<p>Andr\u00e9 het op daardie stadium aan die Swazi Sunshine Gholfreeks deelgeneem. Hy sou later daardie week deelneem aan die Malawi Ope, maar het dit gekanselleer om sy ma se begrafnis op Pullenshope by te woon.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea hy het hom destyds gedistansieer van die media, omdat <a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/50181\/dankie-vir-die-oproep-maar\/\">\u201cek geweet het dat daar niks van sou kom nie. As dit op enige ander plek in die w\u00eareld gebeur het, sou geregtigheid geskied het.\u201d<\/a> Me. Cruse se moordenaars is steeds op vrye voet.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>For\u00a0daily news updates:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Send a message to our SMS line 33658, like us on\u00a0<a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/MiddelburgObserver\" target=\"_blank\">Facebook<\/a>\u00a0and follow us on\u00a0<a href=\"https:\/\/twitter.com\/MOBSERV\" target=\"_blank\">Twitter<\/a>.<\/p>\n<p>For videos check\u00a0out our\u00a0<a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">YouTube channel<\/a>.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Professionele gholfspeler en aanbieder van Super Golf, Andr\u00e9 Cruse (51), het nie net die naweek hier gholf gespeel nie, maar beplan om eersdaags met sy kameraspan op Middelburg te kom kuier en gholfklinieke hier aan te bied.<\/p>\n","protected":false},"author":2844,"featured_media":60505,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[5975,5024,5977,21966,5976],"class_list":["post-60499","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-andre-cruse","tag-gholf","tag-gholfklinieke","tag-middelburg","tag-super-golf"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["Andr\u00e9 Cruse","Gholf","gholfklinieke","middelburg","Super Golf"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/60499","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2844"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=60499"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/60499\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/60505"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=60499"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=60499"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=60499"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}