{"id":60306,"date":"2016-11-24T18:00:00","date_gmt":"2016-11-24T16:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/60306\/floppers-2\/"},"modified":"2016-12-12T11:13:50","modified_gmt":"2016-12-12T09:13:50","slug":"floppers-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/sports-news\/local-sports\/2016\/11\/24\/floppers-2\/","title":{"rendered":"(Videos) Flopsport: Tobie van den Bergh"},"content":{"rendered":"<p>\u2022Verneem in Mhluzi noem hulle die Bokke nou die skoroskoro\u2019s, \u2019n ou vrot kar wat jy nie eers aan die brand kan stoot nie.<\/p>\n<p>\u2022S\u00ea Jake White voor die Itali\u00eb wedstryd \u201cdaar is geen manier wat die Bokke teen die Italianers kan verloor nie\u201d &#8211; hoe s\u00ea meneer nou?<\/p>\n<p>\u2022\u201cItalia Italia Italia&#8230;!\u201d het dit gewoonlik uit die Italiaanse buurman, Franco Mirizzi, se huis weerklink. Na Saterdag loop hy nog meer bre\u00eb bors.<\/p>\n<p>\u2022Koerante het laat waai na die skoknederlaag: \u201cMamma bleddie mia\u201d het een aangekondig. Wed hy wou ges\u00ea het \u201cMamma flippen mia\u201d.<\/p>\n<p>\u2022Dit kon net sowel: \u201cBokke vrot in Florence\u201d gewees het of \u201cBokke flop in Florence\u201d.<\/p>\n<p>\u2022Dieselfde koerant gee na elke wedstryd vir die Bokke punte. Gewoonlik is drie die swakste punt. Sondagoggend toe kry die hele Bokspan \u2019n nulletjie &#8211; van Willie le Roux tot Beast.<\/p>\n<p>\u2022En Rudy Paige was weer Saterdag so stadig jy kan hoor grom sy spanmaats: \u201cMother buffer!\u201d<\/p>\n<p>\u2022Laat weet \u2019n ou: \u201cEen Bul in die Italiaanse span was genoeg om die Bokke te klop\u201d. Italiaanse Dries van Schalkwyk.<\/p>\n<p>\u2022Die Bokke sou Skillie Skilpad laat haastig lyk, berig nog \u2019n koerant. (Jy bedoel nou seker darem nie die spoedvraat Willem Alberts nie).<\/p>\n<p>\u2022Don\u2019t play with ou Toetie! En die Kaapse koerantmanne wat so oor Toetie gekoer het eis nou self sy kop.<\/p>\n<p>\u2022Ag maar moenie warrie nie, Saterdag klop hulle die Walliesers en dan is al die ou sonnes weer vergewe.<\/p>\n<p>\u2022En toe wys SuperSport hoogtepunte van die wedstryd teen Itali\u00eb en dit is net stilte en krieke wat kriek.<\/p>\n<div class='tie-fluid-width-video-wrapper tie-ignore-fitvid' style='margin-bottom: 30px;'>\n\t\t\t<iframe style='width: 100%; min-height: 300px; aspect-ratio: 16\/9;' src='https:\/\/www.youtube-nocookie.com\/embed\/P288hQR282Q' loading='lazy'><\/iframe>\n\t\t<\/div>\n<p>\u2022Skerp Dale Steyn! \u201cBeaten with the bat, beaten with the ball, beaten in the field, mentally stronger\u201d het Steyn laat weet na die pepperment-sage van Fav.<\/p>\n<p>\u2022Ai, word darem nou aan die bos gekap. Fanie Vermaak is die jongste. Vlieg in 1976 na Oos Londen. Wally Karbe vat my met sy bromponie Jan Smuts toe. Daar sit hulle my tas op \u2019n band en woerts is hy weg. Hol nog agterna, tevergeefs. Vannie platteland en het nie geweet van vliegtuie nie. Sit heeltyd en bekommer waar gaan jy weer daai tas kry. Suidoos-Transvaal speel teen Grens. By die onthaal daai aand verdwyn my kamera. Loop Oos Londen se strate deur en soek, die onthaalsaal, oral. Gefire! glo jy. Maandagoggend s\u00ea redakteur Leonard Neill gaan meld dit by die speurtak aan. In kaptein Jordaan se kantoor sit en wag toe oom Pikkie Coetzee bel, \u201cdie kamera is by my, Fanie het hom weggesteek\u201d. En van toe af was jy op jou hoede wanneer Fanie in die omgewing was. Nag ou Grote!<\/p>\n<p>\u2022Dat daar nou in hierdie tye \u2019n video gesirkuleer word oor die Bokke toe hulle nog Springbokke was en nie \u2019n klomp brandsiek boerbokke nie, nie goed vir mense se gemoed nie.<\/p>\n<div class='tie-fluid-width-video-wrapper tie-ignore-fitvid' style='margin-bottom: 30px;'>\n\t\t\t<iframe style='width: 100%; min-height: 300px; aspect-ratio: 16\/9;' src='https:\/\/www.youtube-nocookie.com\/embed\/kpu9puxkT3w' loading='lazy'><\/iframe>\n\t\t<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Saterdag was W\u00eareldtoiletdag. Is dit dalk die rede waarom die Bokke so swak gespeel het? (Ja, dit is nie \u2019n twakstorie nie, dit was regtig W\u00eareldtoiletdag).<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":30886,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"video","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Tobie van den Bergh","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[508,2887,11,2886],"tags":[],"class_list":["post-60306","post","type-post","status-publish","format-video","has-post-thumbnail","hentry","category-editors-choice","category-general-sport","category-local-sports","category-sports-news","post_format-post-format-video"],"category_labels":{"Category":"Sport","SubCategory":"General"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/60306","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=60306"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/60306\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/30886"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=60306"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=60306"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=60306"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}