{"id":58746,"date":"2016-10-26T14:20:00","date_gmt":"2016-10-26T12:20:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/58746\/seksorgie-glo-by-skool-se-koshuis\/"},"modified":"2016-10-27T09:39:19","modified_gmt":"2016-10-27T07:39:19","slug":"seksorgie-glo-by-skool-se-koshuis-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2016\/10\/26\/seksorgie-glo-by-skool-se-koshuis-2\/","title":{"rendered":"Grafiese Inhoud: Seksorgie glo by skool se koshuis"},"content":{"rendered":"<p>Daar word betroubaar verneem dat een van die seuns wat betrokke was by die beweerde voorval s\u00f3 skuldig gevoel het, dat hy Maandagoggend \u2019n oordosis pille gedrink het. Hy is klaarblyklik in die HA Grov\u00e9 Hospitaal behandel.<\/p>\n<p>\u2019n Ouer, wat verkies om anoniem te bly, het uitgevaar en ges\u00ea \u201cdat dit seker weer onder die tafel ingevee gaan word! As iemand rook en hy word gevang, is daar \u2019n hele verhoor en word hy vir \u2019n week geskors. Maar tot op hierdie stadium is daar nog niks gedoen teen hierdie senior seuns en dogters nie.\u201d<\/p>\n<p>Daar is aan www.mobserver.co.za vertel dat \u201cvan die kinders dit erken het en die ander skuldiges se name gegee het, maar daar is nog \u2019n paar wat dit ontken.\u201d<\/p>\n<p>Een van die kinders, \u2019n minderjarige meisie, het klaarblyklik in grafiese detail vertel wat tydens die beweerde \u201cseksorgie\u201d in \u2019n personeellid, mnr. Peet Groenewald (hoof van die Tegniese afdeling) se woonstel gebeur het. Hy was die naweek uitstedig.<\/p>\n<p>Daar is ges\u00ea \u201cdat van die meisies twee seuns tegelyk gelukkig gehou het. Hulle het vir die seuns blowjobs gegee, terwyl hulle ook seks het.\u201d<\/p>\n<p>Verder is gemeld dat die kinders tydens die voorval dagga gerook en alkohol gebruik het.<\/p>\n<p>Die ouer het ges\u00ea dat daar ses seuns en vier meisies by die beweerde wilde partytjies, wat klaarblyklik Vrydag \u00e9n Saterdag plaasgevind het, betrokke was. Die jongste meisie betrokke is klaarblyklik 15 jaar oud. Die ander drie wissel tussen 16 en 18.<\/p>\n<p>Die seuns se ouderdomme wissel tussen 16-18.<\/p>\n<p>\u201cVan die seuns speel in die krieket- en rugbyspanne en hoekom moet hulle spesiale behandeling kry?\u201d is uitgevaar. \u201cDit is onregverdig dat iemand wat rook vasgevat word, maar dat hierdie kinders, wat selfs daarmee spog, net skotvry daarvan gaan afkom! Die hele skool weet al daarvan, maar daar word net niks gedoen nie!\u201d<\/p>\n<p>Die ouer s\u00ea dat hulle wonder hoe die kinders uit die koshuise gekom het om die partytjie te gaan hou. \u201cDie gange word gesluit in die aande.\u201d Daar is egter toegegee dat van die kinders moontlik lopers in die hande kon kry.<\/p>\n<p>\u2022 Die hoof van die skool, mnr. Everence Matshika, was by \u2019n skole kringvergadering en kon nie opgespoor word vir kommentaar nie.<\/p>\n<p>\u2022 Die ajunkhoof, mnr. Maepa (die hoof van die tugkomitee), wat geweier het om sy naam bekend te maak, het ges\u00ea dat hy glad nie weet van so \u2019n voorval nie en dat geen ouers ook by hom kom kla het nie. Hy het \u2019n dringende beroep gedoen op die ouers om hom te bel, sodat hulle die bewerings kan ondersoek om te kyk of daar enige waarheid in steek.<\/p>\n<p>\u2022 Mnr. Groenewald s\u00ea hy weet glad nie van \u2019n kind wat \u2019n oordosis pille geneem of van \u2019n beweerde orgie in sy woonstel nie. \u201cHulle maak rowwe bewerings!\u201d<\/p>\n<p>Hy het erken dat hy die naweek af was en uitstedig was, maar dat niemand toegang tot sy woonstel het as hy nie daar is nie.<\/p>\n<p>Volgens hom is daar ook geen alkohol in sy woonstel beskikbaar as kinders byvoorbeeld wel toegang tot sy woonstel op \u2019n manier sou kon gekry het nie.<\/p>\n<p>Ook hy het gevra dat die ouers of kinders wat hierdie bewerings maak, die skool dringend moet kontak \u201csodat die skool en die Departement van Onderwys dit dadelik kan ondersoek! Enige voorval wat gerapporteer word, word beslis ondersoek!\u201d<\/p>\n<p>Dit is nie die eerste keer dat die skool in die spervuur is nie.<\/p>\n<p>\u2022 In 2008 was die skool in die kollig weens finansi\u00eble ongerymdhede.<\/p>\n<p>In 2011 was daar \u2019n voorval waarin \u2019n groep seuns \u2019n kompressor in \u2019n seun se anus opgedruk en aangeskakel het.<\/p>\n<p>Die kind is vir ernstige inwendige beserings behandel en die skuldiges is nooit vervolg nie, nadat die voorval afgemaak is as \u201ckattekwaad.\u201d<\/p>\n<p>\u2022 In 2014 was daar \u2019n berig in die Observer koerant omdat die hoof, volgens ouers, \u201chom doof gehou het vir pleite van bibberende kinders met loopmae.\u201d<\/p>\n<p>Die seuns &#8211; en dogterskoshuise was vir weke sonder water en daar is gekla oor gebreekte vensters. Die aantekening waar daar gekla is, is aan die joernalis gewys.<\/p>\n<p>Die hoof het dit destyds afgemaak en ges\u00ea die ouers \u201coordryf\u201d.<\/p>\n<p>\u2022 In April hierdie jaar het mnre. Herman Prinsloo en Jack Masimela aanrandingsklagtes teen mekaar gemaak nadat hulle mekaar met die vuiste getakel het voor leerlinge van die skool. Dit is nie duidelik of die klagtes nog hangend is nie.<\/p>\n<p>Lees ander stories hier:<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/58662\/afrrforum-verf-kruisings\/\" target=\"_blank\">Afriforum verf kruisings<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/58677\/best-friends-in-tragic-accident\/\" target=\"_blank\">Best friends in tragic accident<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/58524\/dam-val-25-mm-per-dag\/\" target=\"_blank\">Dam val 25 mm per dag!<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/58337\/hoop-op-reen-want-dam-is-leeg-2\/\" target=\"_blank\">Video: Hoop op re\u00ebn want on dam is leeg!<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/58519\/weather-for-the-week-6\/\" target=\"_blank\">Weather for the week<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/58343\/nuut-by-kleinbegin\/\" target=\"_blank\">Video: Nuut by Kleinbegin<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/58505\/honde-vergiftig\/\" target=\"_blank\">Honde vergiftig<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/58329\/donkie-gebore-tydens-ongeluk\/\" target=\"_blank\">Video: Donkie gebore tydens ongeluk<\/a><\/p>\n<p>Send a message to our SMS line 33658 or add us onto <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/MiddelburgObserver\" target=\"_blank\">Facebook<\/a> and <a href=\"https:\/\/twitter.com\/MOBSERV\" target=\"_blank\">Twitter<\/a> to receive your free daily news updates.<\/p>\n<p>Also check out our <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">Video\u2019s<\/a> on <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">Youtube<\/a> daily!<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Seksorgie waar dogters so jonk as 15-jaar vir seuns orale seks gegee het, het na bewering die naweek by die koshuis by die Platorand Skool op Belfast plaasgevind. <\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":58751,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[1049,5754,5755,5753,2561,1088],"class_list":["post-58746","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-danger","tag-kinder","tag-platorand","tag-seks","tag-skool","tag-warning"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["danger","kinder","Platorand","Seks","skool","warning"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/58746","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=58746"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/58746\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/58751"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=58746"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=58746"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=58746"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}