{"id":58191,"date":"2016-10-16T08:00:00","date_gmt":"2016-10-16T06:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/58191\/dorp-staar-waterkrisis-in-die-oe\/"},"modified":"2016-10-14T11:36:17","modified_gmt":"2016-10-14T09:36:17","slug":"dorp-staar-waterkrisis-in-die-oe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2016\/10\/16\/dorp-staar-waterkrisis-in-die-oe\/","title":{"rendered":"Dorp staar waterkrisis in die o\u00eb"},"content":{"rendered":"<p>13 Jaar gelede was dit voorbladnuus dat die Middelburgdam byna leeg is en dit lyk asof die dorp weer dieselfde krisis in die o\u00eb staar.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2016\/10\/IMG_8251_53683.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-medium wp-image-58193\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2016\/10\/IMG_8251_53683-520x390.jpg\" alt=\"IMG_8251_53683\" width=\"520\" height=\"390\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/10\/IMG_8251_53683-520x390.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/10\/IMG_8251_53683-270x203.jpg 270w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/10\/IMG_8251_53683.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/54368\/damleeg\/\" target=\"_blank\">Desember 2003 was die damvlak op 32% en Oktobermaand vanjaar is die damvlak 34,9%.<\/a><\/p>\n<p>Wat ook steeds dieselfde is, is dat mense nou ook nie besef hoe ernstig die situasie is nie.<\/p>\n<p>\u201cDit is asof mense nie bekommerd is solank hulle die kraan kan oopdraai en daar water uitkom nie,\u201d s\u00ea die stigter uitvoerende hoof van Water Shortage South Africa (WSSA), mev. Caroline van Saasen, aangaande water en die droogte in Middelburg.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2016\/10\/16ff18-1_62720.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-medium wp-image-58194\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2016\/10\/16ff18-1_62720-520x390.jpg\" alt=\"16ff18-1_62720\" width=\"520\" height=\"390\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/10\/16ff18-1_62720-520x390.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/10\/16ff18-1_62720-270x203.jpg 270w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/10\/16ff18-1_62720.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Met vanjaar se droogte het sy gevoel dat te veel mense agteroor sit in plaas van self inspring en iets doen.<\/p>\n<p>\u201cEk het toe met WSSA begin en Maart vanjaar voltyds by WSSA begin werk. Ek kry nie \u2019n salaris nie en doen dit uit liefde vir die saak.\u201d<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/54165\/water-crisis-looming-in-middelburg-2\/\" target=\"_blank\">Mev. van Saasen is ook veral bekommerd oor haar eie dorp, Middelburg, se watertoestand.<\/a><\/p>\n<p>\u201cDit is \u2019n hartseer storie hierdie droogte en mense besef nie wat aan die gebeur is nie, maar ek probeer positief bly. Wanneer ons dam op 30% is, beteken dit dat 25% nie gebruik kan word nie en dat daar net 5% drinkwater sal wees, want die res is slik en modder.\u201d<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2016\/10\/16ff18-2_29421.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-medium wp-image-58195\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2016\/10\/16ff18-2_29421-520x390.jpg\" alt=\"16ff18-2_29421\" width=\"520\" height=\"390\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/10\/16ff18-2_29421-520x390.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/10\/16ff18-2_29421-270x203.jpg 270w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/10\/16ff18-2_29421.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Erger nog besef die regeringsinstansies, wat werklik \u2019n verskil kan maak, blykbaar ook nie die erns van die saak nie.<\/p>\n<p>Navrae in, onder andere, Februarie vanjaar aan die <a href=\"http:\/\/www.stevetshwetelm.gov.za\" target=\"_blank\">Steve Tshwete Plaaslike Munisipaliteit<\/a> oor boetes aan watermorsjorse, is soos volg beantwoord deur die woordvoerder, me. Prudence Magutle:<\/p>\n<p>\u201cDie munisipaliteit het aansoek gedoen by die hof om oortreders te beboet en ons wag tans vir goedkeuring.\u201d<\/p>\n<p>\u00d3f hulle het nie goedkeuring gekry nie \u00f3f hulle het nooit aansoek gedoen nie, want tot dusver is daar steeds geen boetes uitgereik vir mense wat nie by die waterbeperkings hou nie.<\/p>\n<p>Die waarnemende munisipale bestuurder, mnr. Mandla Mnguni, het weer verlede maand aan die Middelburg Observer ges\u00ea dat daar geen boetes sal wees vir mense wat nie die waterbeperkings nakom nie.<\/p>\n<p>\u201cDie munisipaliteit gaan nie nou boetes uitreik nie, hoewel ons dit al vir \u2019n hele rukkie oorweeg. As ons sulke drastiese stappe moet neem om seker te maak mense spaar water, sal ons wel nie huiwer nie. Nou hoop ons dat mense die wet sal onderhou en nakom.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>En nou s\u00ea die burgemeester, mnr. Mike Masina, dat as jy enige iemand sien water mors, moet jy &#8216;n foto neem en dit, tesame met die persoon se straatadres, na <a href=\"mailto:mmoffice7263@gmail.com\" target=\"_blank\">mmoffice7263@gmail.com<\/a> e-pos.<\/p>\n<p>\u201cDaardie mense sal \u2019n vroe\u00eb Kersgeskenk in die vorm van &#8216;n R1 500 boete ontvang.\u201d<\/p>\n<p>Maar tot dusver verneem www.mobserver.co.za\u00a0dat dit nog nie deur die raad goedgekeur is nie en nog nie ge\u00efmplementeer is nie.<\/p>\n<p>As daar na die weervoorspellings gekyk word, lyk dit ook nie of daar binnekort voldoende re\u00ebnval gaan wees nie.<\/p>\n<p>Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel slegs 30% kans op drie millimeter re\u00ebn Sondag en Maandag vir Middelburg.<\/p>\n<p>\u201cOor die algemeen sal die toestande oor die Indiese Oseaan nie bevorderlik wees vir re\u00ebnvalaktiwiteite gedurende lente nie. Die meeste klimaatmodelle voorspel marginaal bo-normale re\u00ebnval in die vroe\u00eb somerseisoen.\u201d<\/p>\n<p>Die 2015\/2016 droogte heers steeds oor die meeste dele van Suid-Afrika en die land sal swak herstel weens bo-normale temperature vir die komende seisoene en ook die feit dat \u2019n goed gevestigde La Ni\u00f1a hoogs onwaarskynlik is.<\/p>\n<p>\u201cDit beteken die situasie is baie delikaat vir alle klimaatsensitiewe sektore.\u201d<\/p>\n<p>Volgens mev. van Saasen lyk en ruik die water in die dorp klaar anders.<\/p>\n<p>\u201cDit wat ons oorhet, moet ons bewaar. Mense moet besef hoe ernstig die situasie is en nie wag tot die water op is nie.\u201d<\/p>\n<p>Sy gee die volgende wenke om water te bespaar in jou alledaagse lewe:<\/p>\n<p>&#8211; Baadjies en denims kan maar minder gewas word<\/p>\n<p>&#8211; Was van jou klere terwyl jy stort<\/p>\n<p>&#8211; Handwas of gebruik die quick wash funksie op jou wasmasjien<\/p>\n<p>&#8211; Sit \u2019n liedjie aan terwyl jy stort en as die liedjie klaar is, moet jy uitklim<\/p>\n<p>&#8211; Stort eerder as om te bad<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2016\/10\/savewater_01320.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-medium wp-image-58198\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2016\/10\/savewater_01320-520x390.jpg\" alt=\"savewater_01320\" width=\"520\" height=\"390\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/10\/savewater_01320-520x390.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/10\/savewater_01320-270x203.jpg 270w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/10\/savewater_01320.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><\/a><\/p>\n<p>\u201cDaar is nog baie ander maniere om water te bespaar. WSSA verkoop ook die Water Warrior. Jy koppel dit aan jou uitlaatpyp van jou bad en koppel dan jou tuinslang daaraan. So kan jy maklik jou badwater gebruik om jou tuin nat te maak.\u201d<\/p>\n<p>Die Water Warrior kos slegs R100 en die wins gaan direk aan WSSA.<\/p>\n<p>Mev. van Saasen raai mense ook aan om die munisipaliteit te bel en mense wat water mors te rapporteer.<\/p>\n<p>Voorkoming is altyd beter as nasorg en as die munisipaliteit nie gaan ingryp nie, sal jy as watergebruiker self moet ingryp en verantwoordelikheid neem voordat dit te laat is.<\/p>\n<p>\u2022 Waterbeperkings is w\u00e9l steeds geldig van 09:00\u201317:00 en die publiek word ernstig versoek om by hierdie beperkings te hou. Maak dus jou tuin nat tussen 18:00 en 06:00 wanneer die kondensasie nie so hoog is nie en was jou plaveisels en voertuie met \u2019n emmer.<\/p>\n<p>\u2022 Vir verdere inligting oor Water Shortage South Africa of om die Water Warrior te bestel, gaan na die Facebookblad, Water Shortage South Africa, kontak Caroline by 071 612 4171, stuur \u2019n e-pos aan <a href=\"mailto:info@watershortagesa.com\" target=\"_blank\">info@watershortagesa.com<\/a> of besoek die webblad by <a href=\"https:\/\/www.watershortagesa.com\/\" target=\"_blank\">www.watershortagesa.com.<\/a><\/p>\n<p>\u2022 Lees volledige berigte oor die waterprobleme in ons dorp in die Vrydag uitgawe (14 Oktober) van die Middelburg Observer.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Dreigende waterkrisis staan Middelburg in die gesig met die dam wat amper weekliks met \u2019n persent daal. Waterbeperkings sonder boetes om dit af te dwing het kenners bekommerd.  <\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":58196,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,8,2],"tags":[5718,5715,21966,5485,5716,5713,5717,5714],"class_list":["post-58191","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-local-municipal-news","category-news-headlines","tag-caroline-van-saasen","tag-droogte","tag-middelburg","tag-middelburg-dam","tag-wasa","tag-water-krisis","tag-water-shortage-south-africa","tag-waterbeperkings"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["Caroline van Saasen","droogte","middelburg","Middelburg dam","WASA","water krisis","Water Shortage South Africa","waterbeperkings"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/58191","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=58191"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/58191\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/58196"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=58191"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=58191"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=58191"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}