{"id":57180,"date":"2016-09-27T15:50:00","date_gmt":"2016-09-27T13:50:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/57180\/brief-aan-professor-cheryl-de-la-rey-3\/"},"modified":"2016-09-29T14:31:47","modified_gmt":"2016-09-29T12:31:47","slug":"brief-aan-professor-cheryl-de-la-rey-3","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2016\/09\/27\/brief-aan-professor-cheryl-de-la-rey-3\/","title":{"rendered":"Brief aan professor Cheryl de la Rey"},"content":{"rendered":"<p>Geagte professor Cheryl de la Rey.<\/p>\n<p>Universiteit: Studentelewe. Jool. Varsitybeker. Studeer. Toekoms!<\/p>\n<p>Tuks of Niks.<\/p>\n<p>Vir ons was dit net Tuks &#8211; die Universiteit van Pretoria.<\/p>\n<p>Trots het ons die eerste dag na jou geluister, dit is vier jaar gelede.<\/p>\n<p>Ons was nie net trots op Tuks nie, maar trots omdat jy vir ons die Universiteit Pretoria versinnebeeld het.<\/p>\n<p>Trots omdat jy met soveel entoesiasme vertel het watter waardige instelling Tukkies is. Die puik navorsing, die studente wat gesog is by werkgewers.<\/p>\n<div class='tie-fluid-width-video-wrapper tie-ignore-fitvid' style='margin-bottom: 30px;'>\n\t\t\t<iframe style='width: 100%; min-height: 300px; aspect-ratio: 16\/9;' src='https:\/\/www.youtube-nocookie.com\/embed\/npUkzpRFWYc' loading='lazy'><\/iframe>\n\t\t<\/div>\n<p>Ons het die 200 kilometer terug huistoe, met vertroue en geloof aangepak. Ons student was in goeie hande, het ons geglo.<\/p>\n<p>Die duisende rande elke maand vir studiegeld, verblyf, tolhekke, studiemateriaal, selfoonkontrakte, kos, gimnasiumgeld en petrol, word met \u2019n glimlag betaal.<\/p>\n<p>Jou kind word voorberei vir sy toekoms, glo ons.<\/p>\n<p>Al is ons gewone salaristrekkers is elke Universiteit Pretoria rekening ten volle vereffen, maand vir maand, jaar vir jaar.<\/p>\n<p>Daar was vele frustrasies van rekeninge wat jy nooit kry nie, dreigende SMS boodskappe wat foutiewelik aangestuur word.<\/p>\n<p>Maar betaal het ons betaal, elke sent, elke verpligting.<\/p>\n<p>Al het die veldtog ges\u00ea Fees Must Fall het ons steeds betaal.<\/p>\n<p>Om die waarheid te s\u00ea, jaar na jaar meer en meer.<\/p>\n<p>Nou is die Universiteit gesluit.<\/p>\n<div class='tie-fluid-width-video-wrapper tie-ignore-fitvid' style='margin-bottom: 30px;'>\n\t\t\t<iframe style='width: 100%; min-height: 300px; aspect-ratio: 16\/9;' src='https:\/\/www.youtube-nocookie.com\/embed\/pI_BTOC7y_o' loading='lazy'><\/iframe>\n\t\t<\/div>\n<p>Die trotse prof van vier jaar gelede lyk verslae op Beeld se voorblad.<\/p>\n<p>Ons krimp ineen om te lees hoe jy uitgeskel is.<\/p>\n<p>Ons kinders stuur WhatsApp boodskappe wat ons laat sidder.<\/p>\n<p>Ons slaap nie in die aande nie, ons is bekommerd oor hulle.<\/p>\n<p>Jy as pa gee opdrag: \u201cBly weg, dink aan jou toekoms\u201d.<\/p>\n<p>Dan kom die boodskap terug: \u201cAs ons nie nou baklei nie, het ons nie \u2019n toekoms nie!\u201d<\/p>\n<p>Dit is kinders wat \u2019n sorgvrye studentelewe moet geniet, wat bou aan \u2019n toekoms.<\/p>\n<p>Die Born Free-geslag.<\/p>\n<p>Wat kleurblind gebore is.<\/p>\n<p>Onder \u2019n nuwe vlag, \u2019n nuwe volkslied.<\/p>\n<p>Wie se ouers nie weggevlug het oorsee nie, maar hier \u2019n verskil wil maak in Madiba se land.<\/p>\n<p>Ons gaan steeds die maand betaal.<\/p>\n<p>Maar ons het woede, ons het bekommernis.<\/p>\n<p>Prof, jy kan ons geld vat, maar moet nie aan ons kinders vat nie.<\/p>\n<p>Want nou vat julle aan ons kinders.<\/p>\n<div id='gallery-1' class='gallery galleryid-57180 gallery-columns-3 gallery-size-thumbnail'><figure class='gallery-item'>\n\t\t\t<div class='gallery-icon landscape'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2016\/09\/27\/brief-aan-professor-cheryl-de-la-rey-3\/attachment\/image1\/'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"270\" height=\"203\" src=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/09\/image1-270x203.jpeg\" class=\"attachment-thumbnail size-thumbnail\" alt=\"\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/div><\/figure><figure class='gallery-item'>\n\t\t\t<div class='gallery-icon landscape'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2016\/09\/27\/brief-aan-professor-cheryl-de-la-rey-3\/attachment\/image2\/'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"270\" height=\"203\" src=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/09\/image2-270x203.jpeg\" class=\"attachment-thumbnail size-thumbnail\" alt=\"\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/div><\/figure><figure class='gallery-item'>\n\t\t\t<div class='gallery-icon landscape'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2016\/09\/27\/brief-aan-professor-cheryl-de-la-rey-3\/attachment\/image3\/'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"270\" height=\"203\" src=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/09\/image3-270x203.jpeg\" class=\"attachment-thumbnail size-thumbnail\" alt=\"\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/div><\/figure>\n\t\t<\/div>\n\n<p>Ons kinders het geweldige vrese.<\/p>\n<p>Vrese oor hulle toekoms.<\/p>\n<p>Vrese oor hulle toetse.<\/p>\n<p>Vrese oor eksamens.<\/p>\n<p>Vrese oor vele ander verpligtinge.<\/p>\n<p>Vrese wat van volgende?<\/p>\n<p>Vrese oor die onsekerheid.<\/p>\n<p>Vrese oor die vraestelle wat stukkend geskeur is.<\/p>\n<p>Vrese oor die Desemberverpligtinge wat dalk nie kan plaasvind nie.<\/p>\n<p>Vrese oor hulle eiendom.<\/p>\n<p>Vrese oor hulle lewens wat in gevaar is.<\/p>\n<p>Ons is nie onsimpatiek teenoor mense wat gratis onderrig wil ontvang nie.<\/p>\n<p>Dit is hulle reg om te veg daarvoor.<\/p>\n<p>Maar dit is ook ons kinders se reg om klas toe te gaan en te studeer.<\/p>\n<p>Dit is nie die ongelukkiges se reg om ons kinders se vraestelle op te skeur nie.<\/p>\n<p>Dit is nie hulle reg om klasse te ontwrig nie.<\/p>\n<p>Dit is nie hulle reg om karre aan die brand te steek nie.<\/p>\n<p>Ons sien Afriforum wil selfverdedigingsklasse vir studente aanbied by Tukkies.<\/p>\n<p>Ons kinders wil nie selfverdedigingsklasse h\u00ea nie, hulle wil studeer.<\/p>\n<p>Ons sien by die Pukke gaan studente steeds vreedsaam klas.<\/p>\n<p>Wat is die verskil tussen die universiteite prof. De la Rey?<\/p>\n<p>Ons wil nie in jou posisie wees nie.<\/p>\n<p>Maar ons vra mooi: Jy sien die oproerige studente se optrede, maar asseblief prof, kyk \u2019n slag in die o\u00eb van ons kinders wat wil studeer, sien hulle vrese, sien hulle bekommernis.<\/p>\n<p>Maar ongelukkig sal jy nie kan nie, want hulle is tuis, besig om te leer&#8230;te bekommer wat oor twee weke gaan gebeur?<\/p>\n<p>Gaan dit Tuks wees?<\/p>\n<p>Of Niks?<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Van: \u2019n Ouer&#8230; <\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":57182,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[2885,7,2],"tags":[],"class_list":["post-57180","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-crime-news","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Crime News"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/57180","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=57180"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/57180\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/57182"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=57180"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=57180"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=57180"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}