{"id":56966,"date":"2016-09-24T06:00:00","date_gmt":"2016-09-24T04:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/56966\/stropers-onmenslik-barbaars\/"},"modified":"2016-09-26T14:18:53","modified_gmt":"2016-09-26T12:18:53","slug":"stropers-onmenslik-barbaars","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2016\/09\/24\/stropers-onmenslik-barbaars\/","title":{"rendered":"(Grafiese Inhoud) &#8211; Stropers \u2018onmenslik, barbaars\u2019"},"content":{"rendered":"<p>Die leeuboere van die Vallei is erg bekommerd aangesien daar reeds twee gevalle was, waar leeus net buite Groblersdal afgemaai is.<\/p>\n<p>Daar was intussen ook weer gevalle waar leeus byna vergiftig is.<\/p>\n<p>\u2019n Leeumannetjie wat op \u2019n plaas buite Groblersdal vergiftig is in Mei, en twee leeuwyfies wat drie weke gelede buite Groblersdal op \u2019n ander plaas vergiftig is, bring die getal tot sewe wat in die laaste paar maande in Limpopo doodgemaak, en van liggaamsdele gestroop is.<\/p>\n<p>Volgens kaptein Hennie Engelbrecht, bevelvoerder van die veediefstaleenheid in Marble Hall, is al hierdie leeus vergiftig, en hul koppe en voorpote afgekap.<\/p>\n<figure id=\"attachment_56969\" aria-describedby=\"caption-attachment-56969\" style=\"width: 520px\" class=\"wp-caption alignnone\"><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2016\/09\/D_1_95276.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-56969\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2016\/09\/D_1_95276-520x390.jpg\" alt=\"Een van die leeus wat afgemaai is in Bela-Bela. FOTO: Voorsien deur South African Predator Association.\" width=\"520\" height=\"390\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/09\/D_1_95276-520x390.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/09\/D_1_95276-270x203.jpg 270w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/09\/D_1_95276.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-56969\" class=\"wp-caption-text\">Een van die leeus wat afgemaai is in Bela-Bela. FOTO: Voorsien deur South African Predator Association.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Hy s\u00ea dat daar Saterdagnag weer \u2019n poging was om leeus te vergiftig by dieselfde leeuplase wat in Mei geteiken is buite Groblersdal.<\/p>\n<p>\u201cGelukkig kon die stropers nie slaag om die leeus te vergiftig nie, want die boere was waaksaam. Die stropers het gevlug. Ons probeer nou bepaal of dit dieselfde stropers was, wat drie weke gelede twee leeuwyfies afgemaai het,\u201d s\u00ea Engelbrecht.<\/p>\n<p>Die ander voorvalle waar leeus vergiftig en van hul liggaamsdele gestroop is, was in Desember in Rustenburg, waar twee leeumannetjies doodgemaak is. Dit was \u2019n tydlank stil tot stropers by Stockpoort, buite Lephalale, in Mei toegeslaan het. Twee witleeuwyfies is toe vergiftig, en hul koppe en pote afgekap.<\/p>\n<p>\u2019n Week later is daar in Bela-Bela toegeslaan, en \u2019n leeumannetjie en wyfie onthoof.<\/p>\n<p>Die vierde voorval was in Mei buite Groblersdal.<\/p>\n<p>Kort na di\u00e9 voorval op 31 Mei, is drie Mosambiekers in Giyani gevang vir die onwettige besit van \u2019n beskermde spesie, weens twee witleeukoppe, en agt witleeupote in hul besit.<\/p>\n<p>Op 19 Junie is daar weer drie verdagtes in hegtenis geneem vir die besit van vier witleeupote, \u2019n witleeukop en stert.<\/p>\n<p>Na nog \u2019n stiltetydperk, is twee leeuwyfies buite Groblersdal vergiftig, en beide se koppe is afgekap. Die een se voorpote, en die ander se regter voor en agterpote, is ook afgekap.<\/p>\n<figure id=\"attachment_56968\" aria-describedby=\"caption-attachment-56968\" style=\"width: 520px\" class=\"wp-caption alignnone\"><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2016\/09\/IMG-20160601-WA0003_99446.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-56968\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2016\/09\/IMG-20160601-WA0003_99446-520x390.jpg\" alt=\"Die agt wit leeupote wat in die besit van drie Mosambiers gevind is in Giyani op 31 Mei.\" width=\"520\" height=\"390\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/09\/IMG-20160601-WA0003_99446-520x390.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/09\/IMG-20160601-WA0003_99446-270x203.jpg 270w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/09\/IMG-20160601-WA0003_99446.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-56968\" class=\"wp-caption-text\">Die agt wit leeupote wat in die besit van drie Mosambiers gevind is in Giyani op 31 Mei.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Saterdag se poging is gelukkig gefnuik.<\/p>\n<p>By al die voorvalle buiten di\u00e9 in Groblersdal, was twee verdagtes betrokke in die stropery.<\/p>\n<p>\u2019n Leeuboer van Groblersdal, wat om verstaanbare redes anoniem wil bly, kring die vrees vir die leeus nou vinnig uit.<\/p>\n<p>\u201cOns het reeds twee voltydse wagte aangestel om ons leeus op te pas, maar voel dit is steeds nie goed genoeg nie. Ek sidder dat ek die oggend sal wakker word, en een van my leeus in so verfoeilike toestand sal aantref.<\/p>\n<p>Ek het hulle as welpies groot gemaak, en soos wat mense voel oor hul honde, so voel ek oor my leeus. Wat aan die leeus gedoen word is onmenslik en barbaars\u201d.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Naas strikke en troppe honde wat die Vallei se wild bedreig, word leeus nou vergiftig, hul koppe en pote afgekap, en vermoedelik vir moetie gestroop.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":56967,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Janine van Staden","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[2885,7,2],"tags":[],"class_list":["post-56966","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-crime-news","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Crime News"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/56966","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=56966"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/56966\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/56967"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=56966"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=56966"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=56966"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}