{"id":55816,"date":"2016-09-02T09:18:09","date_gmt":"2016-09-02T07:18:09","guid":{"rendered":"http:\/\/mobserver.co.za\/?p=55816"},"modified":"2016-09-05T10:47:51","modified_gmt":"2016-09-05T08:47:51","slug":"drawwer-getref-in-nagwedloop","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2016\/09\/02\/drawwer-getref-in-nagwedloop\/","title":{"rendered":"Drawwer getref in nagwedloop"},"content":{"rendered":"<p>Dit was nie die eerste keer dat \u2019n persoon tydens \u2019n nagwedloop getref is nie en die veiligheid daarvan kom ter sprake, veral met honderde kinders wat deelneem.<\/p>\n<p>Kinders hardloop links en regs oor die paaie en die beamptes kan net soveel doen om almal se veiligheid te verseker.<\/p>\n<p>Maar waar l\u00ea die grootste verantwoordelikheid dan?<\/p>\n<p>Dit l\u00ea by jou, die motorbestuurder.<\/p>\n<p>As bestuurder is dit tog jou verantwoordelikheid om bewus te wees van die deelnemers en nie roekeloos en dronk te bestuur nie.<\/p>\n<p>Indien jy dan ook wel iemand getref het, moenie soos \u2019n lafaard wegjaag nie.<\/p>\n<p>\u201cDit gebeur werklik baie min dat so iets gebeur en die voorvalle is so gering dat dit nie eers op \u2019n persentasie uitgewerk kan word nie. Nagwedlope is nie onveilig nie en dit is maar die tweede keer dat so iets in die dorp gebeur waarvan ek weet,\u201d s\u00ea mnr. Stoltz wat die slagoffer was Woensdagaand.<\/p>\n<p>Volgens mnr. Stoltz kan mens nie veel aan \u2019n onverskillige drywer doen nie, veral nie as hy dronk is en wegjaag nie.<\/p>\n<p>\u201cOngelukkig, in die geval van Conrad, was dit weer \u2019n onverantwoordelike bestuurder wat die beampte verontagsaam het. N\u00e1 hy hom raakgery het, het hy sy ligte afgesit en weggejaag. Ek, wat betrokke is by die nagwedlope, maak seker dat die atlete se veiligheid eerste prioriteit kry en ons maak seker dat ons alles in plek het dat die atlete onder normale omstandighede \u2019n veilige wedloop het,\u201d s\u00ea mnr. Theuns Luus, \u2019n ervare wedlooporganiseeder.<\/p>\n<p>In 2011 is vier seuns ernstig beseer tydens HTS Middelburg se geesvangaand, die Rooi Trek, toe mnr. Elias Nzimande tussen leerlinge ingejaag het nadat hy \u2019n verkeersman se opdrag om te stop, verontagsaam het.<\/p>\n<p>Mnr. Nzimande het na bewering probeer wegjaag, maar is verskeie blokke verder deur \u2019n groep verkeersbeamptes gearresteer.<\/p>\n<p>Volgens mnr. Luus, kan die volgende voorsorg getref word wanneer nagwedlope gere\u00ebl word:<\/p>\n<p>1. Die organiseerders doen aansoek by die verkeersdepartement vir die wedloop.<\/p>\n<p>2. \u2019n Afspraak word gere\u00ebl met die verkeersdepartement om die roete saam te ry en dan die moontlike kwelpunte te bepaal waar hulle die verkeersbeamptes op die punte self plaas.<\/p>\n<p>3. Die beligting op die roete word dan ge\u00efnspekteer en as daar areas is waar die ligte aandag kort, word dit onder die aandag van die elektriese afdeling van die munisipaliteit gebring.<\/p>\n<p>4. Alle slaggate op die roete word deur die organiseerders herstel.<\/p>\n<p>5. Die beamptes ontvang op die aand glimbaadjies en elkeen gebruik \u2019n flits op die punt waar hulle staan.<\/p>\n<p>6. Professionele mediese personeel, soos ER24 Woensdagaand, word gere\u00ebl om seker te maak daar is mediese personeel sou dit benodig word.<\/p>\n<p>7. Enige ander voorsorg wat nodig is, word dan na gekyk en seker gemaak dit is in plek.<\/p>\n<p>Lees ander stories hier:<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/55618\/dit-herinner-aan-pretoria-sake\/\" target=\"_blank\">Man gryp driejarige dogtertjie<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/55506\/warning-graphic-five-babies-dumped-in-less-than-two-months\/\" target=\"_blank\">Warning Graphic: Five babies dumped in less then two months<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/54319\/police-finally-make-arrest-after-latest-discovery-2\/\" target=\"_blank\">Update: Police finally make arrest after latest discovery<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/31971\/new-born-found-dead\/\" target=\"_blank\">New born baby found dead<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/18403\/babatjie-2\/\" target=\"_blank\">(Warning Graphic Content): Baby dumped by mother survived unscathed<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/13548\/baby-found-in-bag\/\" target=\"_blank\">Baby found in bag<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/18451\/voor-die-wind-met-koningskind\/\" target=\"_blank\">Video: Voor die wind met Koningskind<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/18738\/baby-x-in-place-of-safety\/\" target=\"_blank\">Update: Baby X in place of safety<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/18507\/video-hero-in-blue\/\" target=\"_blank\">Video: The baby\u2019s hero in blue<\/a><\/p>\n<p>Send a message to our SMS line 33658 or add us onto <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/MiddelburgObserver\" target=\"_blank\">Facebook<\/a> and <a href=\"https:\/\/twitter.com\/MOBSERV\" target=\"_blank\">Twitter<\/a> to receive your free daily news updates.<\/p>\n<p>Also check out our <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">Video\u2019s<\/a> on <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">Youtube<\/a> daily!<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Nagwedlope is onder die vergrootglas na mnr. Conrad Stoltz wat Woensdagaand deur \u2019n jaagduiwel getref is.<\/p>\n","protected":false},"author":2844,"featured_media":55817,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Annie van Zyl","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[2885,2887,7,11,2,2886],"tags":[],"class_list":["post-55816","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-crime-news","category-general-sport","category-local-news","category-local-sports","category-news-headlines","category-sports-news"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Crime News"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/55816","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2844"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=55816"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/55816\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/55817"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=55816"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=55816"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=55816"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}