{"id":55565,"date":"2016-08-30T14:00:00","date_gmt":"2016-08-30T12:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/55565\/nog-n-lekker-treinverhaal\/"},"modified":"2016-08-30T15:00:12","modified_gmt":"2016-08-30T13:00:12","slug":"nog-n-lekker-treinverhaal","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2016\/08\/30\/nog-n-lekker-treinverhaal\/","title":{"rendered":"Nog \u2019n lekker treinverhaal"},"content":{"rendered":"<p>Die twee is glad nie familie nie, maar beide het \u2019n noue verbintenis met die lokomotief voor Dros. Johan was betrokke by die skuif van die trein, asook die instandhouding die afgelope paar jare. Hy het juis pas nuwe plate laat opsit.<\/p>\n<p>Julie het jare gelede die loko in stand gehou toe hy nog by die munisipaliteit gestaan het. Sy was destyds \u2019n joernalis by die Middelburg Observer en het naweke wydsbeen oor die loko gesit om hom af te skuur en te verf.<\/p>\n<p>Hy is dan ook sommer na haar vernoem, as Julieo (haar naam en die eerste letter van die Observer).<\/p>\n<p>Soos Johan, kom haar liefde vir treine, veral stoomtreine, egter al jare.<\/p>\n<p>Verlede week het www.mobserver.co.za vertel oor die geskiedenis van ons lokomotief. Di\u00e9 week vertel ons Julie se treinverhale.<\/p>\n<p>Sy onthou dat sy in 1984 die 15CA, nommer 2056, daagliks in Witbank (nou eMalahleni) gaan skoonmaak en verf het vir die Selati Safari.<\/p>\n<p>\u201cEk het ook die dag met haar proeflopie Waterval Boven toe en terug \u2019n foto van haar geskiet terwyl sy teen sononder terugry Witbank toe. Dit het my getref dat hierdie pragtige ou stoomreuse ook in die sononder van hulle lewens was.\u201d<\/p>\n<p>Sy vertel opgewonde dat die 2056 nie as skroot opgesny is nie, maar nou in die besit is van die Germiston bewaringsgroep, Reefsteamers.<\/p>\n<p>Toe hulle haar destyds gekry het, het hulle haar na Dorothy herdoop. Sy is nou onderdak, terwyl die Reafsteamers-span haar heeltemal versien met nuwe ketelpype en selfs wiele wat weer gedraai word.<\/p>\n<p>\u201cEen vrou het R25 000 geskenk as bydrae tot haar herstelkoste. Dus het die ou dame die voorreg om haar \u2019n nuwe naam te gee. Soos ek verstaan gaan dit Inge wees. Nie dat dit my pla nie. Ek is maar net t\u00e9 dankbaar dat my tweede naamgenoot nog lank gaan leef, instede van opgesny te word en as skroot aan Sjina te verkoop!\u201d<\/p>\n<p>Julie se eerste naamgenoot onder in Kwazulu Natal, Kl. 14(A)R 1576 was ook vir skroot bestem, totdat Julie haar in Pietermaritzburg destyds gesien en \u2019n brief aan minister van vervoer Hendrik Schoeman gerig het. Daarin het sy gevra dat die loko aan hul Umgeni-groep geskenk word. Julie het al \u2019n hele l\u00eaer, getiteld \u201cMy steam stories\u201d saamgestel. Die eerste vyf handel juis oor hierdie trein in Natal soos sy haar weer vir die eerste keer in ongeveer 30 jaar in die skrootwerf by Pietermaritzburg gesien het.<\/p>\n<p>Deur middel van foto\u2019s wys sy waar die trein weer herstel is en deel was van hul jaarlikse \u201cHawe Wandelaar\u201d toere van Punt na Wests. \u201cOns het elke Paasweek drie ritte per dag aangebied en glo my, die mense was mal daaroor. Daar is egter besluit dit moet end kry, want ons is \u2019n veiligheidsrisiko! Al die jare wat ons hierdie Hawe Wandelaar aangebied het, het daar nie eers \u2019n kat of hond onder die treinwiele beland nie en nie eens \u2019n klapper is afgeskiet nie, wat staan nog \u2019n bom!\u201d<\/p>\n<p>Julie was baie verras met die berigte in die Middelburg Observer en op www.mobserver.co.za.<\/p>\n<p>\u201cEk het alles afgelaai en miskien kan my agterkleinkinders (agt tot dusver) eendag lees hoe hulle mal oumagrootjie op stoomlokomotiewe versot was.\u201d<\/p>\n<div id='gallery-1' class='gallery galleryid-55565 gallery-columns-3 gallery-size-thumbnail'><figure class='gallery-item'>\n\t\t\t<div class='gallery-icon landscape'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2016\/08\/30\/nog-n-lekker-treinverhaal\/attachment\/16ii5-2_92962\/'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"270\" height=\"203\" src=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/08\/16ii5-2_92962-270x203.jpg\" class=\"attachment-thumbnail size-thumbnail\" alt=\"\" aria-describedby=\"gallery-1-55567\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/08\/16ii5-2_92962-270x203.jpg 270w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/08\/16ii5-2_92962-520x390.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/08\/16ii5-2_92962.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 270px) 100vw, 270px\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<figcaption class='wp-caption-text gallery-caption' id='gallery-1-55567'>\n\t\t\t\tJulie Janse van Rensburg onlangs by die ou 2056 afgeneem. Die lokomotief gaan herdoop word na Inge, die persoon wat baie geld geskenk het sodat sy weer herstel kan word. Julie gee egter nie om nie, want sy is net te dankbaar die trein het by Reafsteamers en nie op \u2019n skroothoop beland nie. \u201cEk het vir Lee Gates, die grootbaas van Reefsteamers, ges\u00ea ek hoop om op daardie trein te wees wanneer sy weer die pad na Magaliesburg toe vat!.\u201d\n\t\t\t\t<\/figcaption><\/figure>\n\t\t<\/div>\n\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Johan en Julie Janse van Rensburg deel nie net \u2019n van nie, maar ook \u2019n liefde vir ons dorp se eie lokomotief en ander stoomtreine.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":55566,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-55565","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/55565","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=55565"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/55565\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/55566"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=55565"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=55565"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=55565"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}