{"id":55481,"date":"2016-08-29T15:43:00","date_gmt":"2016-08-29T13:43:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/55481\/dorp-getref-deur-misdaadbende\/"},"modified":"2016-08-30T10:42:49","modified_gmt":"2016-08-30T08:42:49","slug":"dorp-getref-deur-misdaadbende","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2016\/08\/29\/dorp-getref-deur-misdaadbende\/","title":{"rendered":"Dorp getref deur misdaadbende"},"content":{"rendered":"<p>Kort na 11:00 het die eerste oproep gekom na \u2019n huisbraak in Emily Hobhousestraat (Dennesig). Dieselfde tyd moes hulle jaag na \u2019n huisroof in Walter Sisulustraat waar \u2019n bejaarde vasgemaak en \u2019n voertuig gesteel is.<\/p>\n<p>In dieselfde tyd het die polisie oral in die dorp gesoek na \u2019n blou Audi wat gebruik is tydens die inbraak by Emily Hobhousestraat. \u2019n Registrasienommer is verskaf, maar toe die persoon afgetrek is, was dit \u2019n vrou, wat haar boeglam geskrik het omdat die polisie haar agterna gesit het.<\/p>\n<p>\u2022 Mnr. Abraham Koekemoer bly in Emily Hobhousestraat en werk net ho\u00ebr op in dieselfde straat.<\/p>\n<p>Hy is omstreeks 10:30 deur sy vrou gekontak om hul seun by die skool te gaan haal.<\/p>\n<p>Terwyl hy besig was om te stap na sy huis om sy voertuig te gaan haal, het sy vrou hom weer gebel met die nuus dat hul huishulp laat weet het dat daar inbrekers in die huis is.<\/p>\n<p>Hy het dadelik sy selfoon se videopnemer aangesit en vinnig aangestap.<\/p>\n<p>Sowat drie huise van sy huis af, het hy gesien hoe die donkerblou Audi by sy oprit uitjaag en af verdwyn in Bermudastraat.<\/p>\n<p>\u2019n Inwoner van Bermudastraat het op sy videokameras gekyk en daarvolgens het die voertuig opgery in Bermudastraat en presies sewe minute later weer afgery in Bermudastraat. \u201cDie hele inbraak het dus net sewe minute geduur!\u201d<\/p>\n<p>Mnr. Koekemoer se huishulp (wat anoniem wil bly) het aan radiogroeplede vertel dat sy kort voor 11:00 doenig by die huis was toe die deurklokkie aanmekaar begin lui. Sy het by die venster uitgeloer en gesien dat daar \u2019n donkerblou voertuig voor die hek staan.<\/p>\n<p>Sy het gehoop hulle geepad, maar die volgende oomblik het drie mans uitgeklim en met die hekmotor van buite af begin peuter.<\/p>\n<p>Binne \u2019n kort tydjie het hulle die motor buite aksie gestel en die hek van die spoor afgetel. Hierna het hulle doodluiters na binne gery.<\/p>\n<p>Sy het gesien dat een \u2019n groot geweer (R5 of AK47) het en sy het na die agtertuin gevlug waar sy gaan wegkruip en die huismense gebel het.<\/p>\n<p>Mnr. Koekemoer s\u00ea die inbrekers het die veiligheidshek en houtdeur oopforseer, waarna twee platskerm televisies, een in die sitkamer en een in die hoofslaapkamer, gesteel is. Hulle het ook sy vrou se juwele en sy seun se X-Box en juwele op die pad uit gegryp. Al die kasdeure in die huis was oop soos daar na waardevolle items gesoek is.<\/p>\n<p>\u2022 Omstreeks dieselfde tyd het twee jong booswigte \u2019n bejaarde vrou in Walter Sisulustraat oorval, haar vasgebind en met haar voertuig gevlug. Die polisie het nog nie die voertuigbesonderhede bekend gemaak nie.<\/p>\n<p>Die bejaarde vrou en haar familie was nog te getraumatiseer om met www.mobserver.co.za te praat.<\/p>\n<p>\u2022 Lees in hierdie week se Middelburg Observer van verskeie inbrake die afgelope twee weke, wat die vermoede laat bestaan dat die koevoetbende weer bedrywig is.<\/p>\n<p>\u2022Twee mans is Maandagoggend om 2:00 in Bullerstraat gesien, waar hulle van huis na huis gesluip het.<\/p>\n<div id='gallery-1' class='gallery galleryid-55481 gallery-columns-3 gallery-size-thumbnail'><figure class='gallery-item'>\n\t\t\t<div class='gallery-icon landscape'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2016\/08\/29\/dorp-getref-deur-misdaadbende\/attachment\/16ii3-1_92400\/'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"270\" height=\"203\" src=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/08\/16ii3-1_92400-270x203.jpg\" class=\"attachment-thumbnail size-thumbnail\" alt=\"\" aria-describedby=\"gallery-1-55483\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/08\/16ii3-1_92400-270x203.jpg 270w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/08\/16ii3-1_92400-520x390.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/08\/16ii3-1_92400.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 270px) 100vw, 270px\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<figcaption class='wp-caption-text gallery-caption' id='gallery-1-55483'>\n\t\t\t\tDie polisie en ambulansdienste is ontbied na \u2019n huis in Walter Sisulustraat waar \u2019n bejaarde vrou vasgebind en haar voertuig gesteel is.\n\t\t\t\t<\/figcaption><\/figure><figure class='gallery-item'>\n\t\t\t<div class='gallery-icon landscape'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2016\/08\/29\/dorp-getref-deur-misdaadbende\/attachment\/16ii3-4_85202\/'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"270\" height=\"203\" src=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/08\/16ii3-4_85202-270x203.jpg\" class=\"attachment-thumbnail size-thumbnail\" alt=\"\" aria-describedby=\"gallery-1-55484\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/08\/16ii3-4_85202-270x203.jpg 270w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/08\/16ii3-4_85202-520x390.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/08\/16ii3-4_85202.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 270px) 100vw, 270px\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<figcaption class='wp-caption-text gallery-caption' id='gallery-1-55484'>\n\t\t\t\tBuiten die televisie wat in die kamer gesteel is, het al die hangkaste oopgestaan, soos die booswigte na waardevolle items gesoek het.\n\t\t\t\t<\/figcaption><\/figure><figure class='gallery-item'>\n\t\t\t<div class='gallery-icon landscape'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2016\/08\/29\/dorp-getref-deur-misdaadbende\/attachment\/16ii3-3_57385\/'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"270\" height=\"203\" src=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/08\/16ii3-3_57385-270x203.jpg\" class=\"attachment-thumbnail size-thumbnail\" alt=\"\" aria-describedby=\"gallery-1-55485\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/08\/16ii3-3_57385-270x203.jpg 270w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/08\/16ii3-3_57385-520x390.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/08\/16ii3-3_57385.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 270px) 100vw, 270px\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<figcaption class='wp-caption-text gallery-caption' id='gallery-1-55485'>\n\t\t\t\tMnr. Abraham Koekemoer beduie hoe groot die platskerm televisie was wat in hul sitkamer gesteel is.\n\t\t\t\t<\/figcaption><\/figure>\n\t\t<\/div>\n\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die polisie het vanoggend (Maandag) van misdaadtoneel na misdaatoneel gejaag, nadat misdadigers op Middelburg toegesak het.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":55482,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[2885,7,2],"tags":[],"class_list":["post-55481","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-crime-news","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Crime News"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/55481","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=55481"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/55481\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/55482"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=55481"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=55481"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=55481"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}