{"id":52779,"date":"2016-07-16T06:00:00","date_gmt":"2016-07-16T04:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/52779\/talle-vrae-min-antwoorde\/"},"modified":"2016-07-15T13:06:43","modified_gmt":"2016-07-15T11:06:43","slug":"talle-vrae-min-antwoorde","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2016\/07\/16\/talle-vrae-min-antwoorde\/","title":{"rendered":"Opvolg: Talle vrae, min antwoorde"},"content":{"rendered":"<p>Pierre, of Happy, soos wat hy onder Belfast inwoners bekend gestaan het, is verlede Vrydag, 8 Julie, deur \u2019n woedende groep mense so erg aangerand dat hy sy bewussyn verloor en nooit weer herwin het nie.<\/p>\n<p>Hy is die volgende dag dood verklaar in die Belfast Hospitaal nadat hy in \u2019n koma verval en net na 15:00 die middag ophou asemhaal het.<\/p>\n<p>Alhoewel daar onsekerheid rondom die gebeure kort voor sy dood is, kan www.mobserver.co.za na onderhoude met verskeie bronne, die volgende inligting bekend maak:<\/p>\n<p><strong>Vrydagnag (presiese tyd onbekend):<\/strong><\/p>\n<p>\u2019n Volkswagen Golf wat \u2019n paar weke vroe\u00ebr gesteel is, word voor eers in die middedorp en toe voor \u2019n kroeg raakgesien. Die eienaar van die voertuig stel die polisie in kennis wat weer buurtwaglede vra om op die uitkyk daarvoor te wees.<\/p>\n<p>Lede van die polisie gaan stel ondersoek in, maar met hul aankoms by die kroeg is die motor skoonveld. Hulle ontvang inligting dat die motor deur Pierre de Necker bestuur word. Die polisie gaan daarna na \u2019n plaashuis buite Belfast waar De Necker saam met vriende bly.<\/p>\n<p>In die motorhuis kry hulle eiendom wat aan die eienaar van die motor behoort, asook die voertuig se nommerplate. Dit word as bewysstukke ingeneem.<\/p>\n<p><strong>Vrydag 20:40 tot 21:00<\/strong><\/p>\n<p>\u2019n Inwoner van Belfast sien \u2019n verdagte voertuig, \u2019n Volkswagen Golf, voor haar hek staan. Daar is niemand by die voertuig nie en die voertuig het nie nommerplate op nie. Sy bel haar bure wat \u2019n sekuriteitsmaatskappy ontbied om te kom ondersoek instel.<\/p>\n<p>Die reaksie offisier noem aan haar dat dit lyk soos die motor \u2018waarna hulle soek\u2019 voordat hy weer van die toneel af vertrek. Kort daarna blaf haar honde weer en sy sien iemand by die kar beweeg.<\/p>\n<p>Die man roep: \u201cMoenie skrik nie tannie, dit is ek Pierre. My kar het hier vasgeval.\u201d Hy ry weg en sy dink niks verder van die voorval nie, tot sy later van Pierre se aanranding hoor.<\/p>\n<p><strong>Vrydag 21:30<\/strong><\/p>\n<p>Mnr. Leon de Necker word gebel en in kennis gestel dat sy seun, Pierre, in die hospitaal is. Dit beteken dat in die halfuur sedert hy voor die ander inwoner se huis gesien is, hy gejaag, vasgekeer en aangerand moes wees.<\/p>\n<p>Ooggetuies op die toneel van sy aanranding s\u00ea dat hy minstens 10 minute na hul aankoms bewusteloos op die grond gel\u00ea het. Ander inwoners, wat nie na die toneel is nie, s\u00ea dat hulle gehoor het hoe mense opgewonde praat en daar geskree word \u201cJou hond!\u201d<\/p>\n<p>\u2019n Polisievrou van Belfast asook \u2019n familielid van haar, is ook op die toneel. Iemand neem \u2019n foto van die bebloede Pierre. Op die foto is daar \u2019n vuurwapen sigbaar.<\/p>\n<p>Op \u2019n video wat wys hoe iemand wat baie soos Pierre lyk, twee weke gelede die betrokke voertuig by \u2019n vulstasie kaap, is \u2019n vuurwapen duidelik in sy hand sigbaar. Daar word egter later \u2019n plastiek geweer in die Golf gevind. Dit laat die vermoede ontstaan dat die vuurwapen op die foto moontlik geplant is.<\/p>\n<p>Beide gewere is by die polisie ingehandig as bewysstukke.<\/p>\n<p><strong>Saterdag 15:30<\/strong><\/p>\n<p>Pierre de Necker word dood verklaar. Die bewysstukke op die toneel waar hy geslaan is, word deur sy pa opgetel en in \u2019n swartsak gesit vir bewaring.<\/p>\n<p>Wat kommerwekkend is oor die ondersoek is dat daar Maandag vier persone, die voertuigeienaar en sy vrou, die man wat hulle rondgery het en \u2019n taxi-bestuurder wat glo mense aangery het na die toneel om Pierre aan te rand, gearresteer is. Hulle waarskuwingverklarings word geneem maar hulle word Maandagaand weer vrygelaat omdat daar glo na konsultasie met \u2019n staatsaanklaer besluit is dat daar nie genoegsame bewyse teen hulle is nie.<\/p>\n<p>Daar word skynbaar geen moeite gedoen om bewyse teen hulle in te samel nie omdat die polisie versuim om die toneel te beveilig en bewysstukke op die toneel in te samel.<\/p>\n<p>Die Belfast polisievrou, versuim om haar teenwoordigheid, of die van haar familielid bekend te maak. Haar teenwoordigheid op die toneel word later deur inwoners wat haar ken, onthul.<\/p>\n<p>Daar is vrae oor die Belfast polisielid se betrokkenheid op die toneel, hoekom die toneel nie ordentlik beveilig is nie, hoekom bewystukke oor die misdryf nie ingesamel is nie en waarom daar nog nie iemand gearresteer is nie. Dit is hoogs waarskynlik dat die eienaar van die gesteelde voertuig moontlik betrokke is of ten minste die skuldiges sal kan uitwys.<\/p>\n<p>Lees vorige stories hier:<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/52561\/belfast-moord-die-aaklige-nadraai\/\" target=\"_blank\">(Opvolg) Belfast moord: die aaklige nadraai<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/52537\/de-necker-verdagtes-laat-gaan\/\" target=\"_blank\">Opvolg: De Necker verdagtes laat gaan<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/52524\/soos-hond-dood-geslaan\/\" target=\"_blank\">(Opvolg) Video: \u2018Soos hond\u2019 dood geslaan <\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/52492\/my-kind-is-soos-n-hond-doodgeslaan\/\" target=\"_blank\">(Grafiese inhoud) \u2013 \u2018My kind is soos hond dood geslaan\u2019<\/a><\/p>\n<p>Send a message to our SMS line 33658 or add us onto <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/MiddelburgObserver\" target=\"_blank\">Facebook<\/a> and <a href=\"https:\/\/twitter.com\/MOBSERV\" target=\"_blank\">Twitter<\/a> <a href=\"https:\/\/twitter.com\/MOBSERV\" target=\"_blank\">@Mobserv<\/a> to receive your free daily news updates. You can also WhatsApp us on this number 079\u00a0426 1396<\/p>\n<p>Also check out our <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">Video\u2019s<\/a> on <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">Youtube<\/a> daily!<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Storm woed om die moordondersoek na die dood van Pierre de Necker (24) van Belfast.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":52606,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Jana Boshoff","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[2885,7,2],"tags":[],"class_list":["post-52779","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-crime-news","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Crime News"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/52779","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=52779"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/52779\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/52606"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=52779"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=52779"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=52779"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}