{"id":52561,"date":"2016-07-13T10:31:00","date_gmt":"2016-07-13T08:31:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/52561\/belfast-moord-die-aaklige-nadraai\/"},"modified":"2016-07-14T14:13:36","modified_gmt":"2016-07-14T12:13:36","slug":"belfast-moord-die-aaklige-nadraai","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2016\/07\/13\/belfast-moord-die-aaklige-nadraai\/","title":{"rendered":"(Opvolg) Belfast moord: die aaklige nadraai"},"content":{"rendered":"<p>Verskeie bronne na aan die ondersoek vrees dat politiek, wat grotendeels aangeblaas is deur \u2019n onakkurate berig wat die dag na Pierre de Necker se dood op die webblad Censorbugbear.org verskyn het, die saak kan kniehalter.<\/p>\n<p>Pierre de Necker is dood nadat hy deur<a href=\"http:\/\/(Grafiese inhoud) \u2013 \u2018My kind is soos hond dood geslaan\u2019\" target=\"_blank\"> \u2019n groep van tussen 11 en 15 mense<\/a> uit \u2019n motor gepluk is en toe geskop en geslaan is met bottels, klippe en stokke totdat hy bewusteloos in \u2019n plas bloed agtergelaat is.<\/p>\n<p>Hy is bewusteloos hospitaal toe geneem waar hy later in \u2019n koma verval het. Hy het nooit weer sy bewussyn herwin nie en het Saterdag net na 15:00 sy laaste asem uitgeblaas.<\/p>\n<p><strong>Die leuens:<\/strong><\/p>\n<p>Kort na mnr. De Necker se dood het \u2019n radikale groep wat hom beywer \u201com geweldsmisdade teen blankes uit te lig\u201d, die spreekwoordelike dam onder die eend uitgeruk met \u2019n berig wat besaai was met onwaarhede.<\/p>\n<p>Adriana Stuijt, \u2019n oud-joernalis van Nederland, het onder andere ges\u00ea dat daar geskree is \u201cYou are white and white people did this to our people.\u201d Ooggetuies op die toneel s\u00ea dit is heeltemal onwaar.<\/p>\n<p>Me. Stuijt meen sy het met vier \u2018bronne\u2019 gepraat. Sy vertel hoe die \u2018enigste wit polisieman in Belfast\u2019 van die toneel af verjaag is en nou vrees vir sy lewe.<\/p>\n<p>Sy het ook vertel dat die foto, van \u2019n bebloede mnr. De Necker, deur die aanvallers aan die De Necker familie gestuur is om hulle te tart.<\/p>\n<p>Die betrokke polisieman, wat geweier het om met www.mobserver.co.za te praat, omdat alle kommunikasie deur die amptelike polisiewoordvoerder gedoen moet word, het egter volgehou dat hy nie met me. Stuijt gepraat het nie en dat die bewerings in haar berig onwaar is.<\/p>\n<p>Daar is van \u2019n betroubare bron verneem dat die polisieman egter na me. Stuijt se berig geteiken word omdat sy dit laat blyk het dat hy met haar in kontak was.<\/p>\n<p>Die polisieman se geloofwaardigheid word nou in twyfel getrek, omdat dit volgens die berig voorkom dat hy hom by onwaarhede rondom die moord en die radikale siening van Censorbugbear skaar.<\/p>\n<p>Me. Stuijt het op Facebook gespog dat sy volgens die sosiale netwerk se statistieke \u2019n half miljoen mense met haar Facebook berig oor mnr. De Necker bereik het.<\/p>\n<p><strong>Die regte bedreigings vir die ondersoek:<\/strong><\/p>\n<p>Ten spyte van die sensasionele berig, wat ironies nou blyk om meer sleg as goed vir die ondersoek en die De Necker gesin te beteken, is daar wel talle ongerymdhede.<\/p>\n<p>Daar is betroubaar verneem dat \u2019n bekende inwoner van Belfast deel van die groep mans uitgemaak het wat by die aanranding betrokke was. Die persoon het invloed by die polisiemag asook moontlik in regskringe.<\/p>\n<p>Teen Dinsdag, het die ondersoekbeampte in die moordsaak nog nie die bewysstukke, wat klippe, bottels en stokke, asook mnr. De Necker se bebloede klere insluit, by die familie gaan haal nie.<\/p>\n<p>Die bewysstukke kan belangrike inligting soos vingerafdrukke en DNS van die beskuldigdes bevat.<\/p>\n<p>Die vier verdagtes, wat Maandag gearresteer is, is die aand weer laat gaan omdat daar volgens die inligting in hul waarskuwingverklarings glo nie genoegsame bewyse teen hulle was nie.<\/p>\n<p>Daar word nou beweer dat die polisie opsoek is na \u2019n betrokkene wat bereid is om met die hele sak patats vorendag te kom voordat hulle iemand sal aankla.<\/p>\n<p>Dit blyk dat die polisie probeer om die \u2018gemenereg beginsel\u2019 wat bepaal dat almal wat \u2019n misdryf met \u2019n gesamentlike doel pleeg, skuldig is ten spyte daarvan dat hulle moontlik nie fisies deelgeneem het nie, te omseil.<\/p>\n<p>Dit is tog nie ho\u00ebrgraad wiskunde om te weet dat \u2019n groep van meer as 10 mense, wat iemand deur die strate van Belfast gejaag het, hom vaskeer en uit die motor waarin hy was pluk, nie daar was om sy hand vas te hou nie.<\/p>\n<p>Ooggetuies het vertel hoe \u2019n groep van ses vroue wat in \u2019n Volkswagen Golf op die toneel aangekom het, die mans aangespoor het om De Necker aan te rand.<\/p>\n<p>Hoekom daar vier dae na mnr. De Necker se dood, <a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/52537\/de-necker-verdagtes-laat-gaan\/\" target=\"_blank\">nog geen persone vir sy moord aangekla is nie<\/a>, is kommerwekkend. Die eienaar van die gesteelde Volkswagen Golf waarin mnr. De Necker gevind is, is bekend aan die polisie, omdat hy \u2019n saak van motordiefstal geopen het. Hy behoort tog een van die verdagtes vir die moord te wees?<\/p>\n<p>Daar was ook twee polisiebeamptes op die toneel, wat hande in die sakke gestaan het, wat gevra kan word om die verdagtes op die toneel te identifiseer. Die identiteit van een van die beamptes is bekend aan www.mobserver.co.za.<\/p>\n<p>Persone na aan die ondersoek vrees dat swak speurwerk asook die onderlinge wit-teen-swart politiek wat nou aangewakker is, die geloofwaardigheid van die Belfast polisie in gedrang plaas.<\/p>\n<p>Een so persoon meen dat dit baie veiliger sal wees om die dossier in die hande van \u2019n buite ondersoeker, nie aan die plaaslike polisiestasie verbonde nie, te plaas.<\/p>\n<p>Vrae aan die Belfast polisie, oor hoekom die toneel nie sorgvuldig verwerk is en bewysstuke versamel is nie, bly onbeantwoord.<\/p>\n<p>Lees vorige stories hier:<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/52537\/de-necker-verdagtes-laat-gaan\/\" target=\"_blank\">Opvolg: De Necker verdagtes laat gaan<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/52524\/soos-hond-dood-geslaan\/\" target=\"_blank\">(Opvolg) Video: \u2018Soos hond\u2019 dood geslaan <\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/52492\/my-kind-is-soos-n-hond-doodgeslaan\/\" target=\"_blank\">(Grafiese inhoud) \u2013 \u2018My kind is soos hond dood geslaan\u2019<\/a><\/p>\n<p>Send a message to our SMS line 33658 or add us onto <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/MiddelburgObserver\" target=\"_blank\">Facebook<\/a> and <a href=\"https:\/\/twitter.com\/MOBSERV\" target=\"_blank\">Twitter<\/a> <a href=\"https:\/\/twitter.com\/MOBSERV\" target=\"_blank\">@Mobserv<\/a> to receive your free daily news updates. You can also WhatsApp us on this number 079\u00a0426 1396<\/p>\n<p>Also check out our <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">Video\u2019s<\/a> on <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">Youtube<\/a> daily!<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit blyk dat die ondersoek na die gewelddadige moord in Belfast verlede naweek, waarin \u2019n jong man deur \u2019n groep woedende mense in die straat doodgeslaan is, die gevaar loop om, deur lakse polisiewerk, \u2019n onderlinge gekinkel en \u2019n sensasionele berig, net nog \u2019n onopgelosde misdaadstatistiek te word.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":52494,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Jana Boshoff","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[2885,7,2],"tags":[5247,1453,2197,1049,2231,3175,1992,4710,2866,2552,2240,4297,2226,1636,2006,1088,2241],"class_list":["post-52561","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-crime-news","category-local-news","category-news-headlines","tag-aanval","tag-belfast","tag-car","tag-danger","tag-death","tag-garage","tag-gevaar","tag-geweer","tag-gun","tag-man","tag-men","tag-mob-justice","tag-moord","tag-murder","tag-people","tag-warning","tag-woman"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Crime News"},"tag_labels":["aanval","Belfast","car","danger","death","garage","gevaar","geweer","Gun","man","men","Mob justice","moord","murder","people","warning","woman"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/52561","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=52561"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/52561\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/52494"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=52561"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=52561"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=52561"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}