{"id":52492,"date":"2016-07-11T09:40:00","date_gmt":"2016-07-11T07:40:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/52492\/my-kind-is-soos-n-hond-doodgeslaan\/"},"modified":"2016-07-12T09:31:04","modified_gmt":"2016-07-12T07:31:04","slug":"my-kind-is-soos-n-hond-doodgeslaan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2016\/07\/11\/my-kind-is-soos-n-hond-doodgeslaan\/","title":{"rendered":"(Grafiese Inhoud) &#8211; \u2018My kind is soos \u2019n hond doodgeslaan\u2019"},"content":{"rendered":"<p>Pierre Ettienne de Necker (24) is kort na sy aankoms Vrydagaand by die Belfast Hositaal breindood verklaar. Hy is die Saterdagmiddag net na 15:00 in die hospitaal dood verklaar.<\/p>\n<p>Sy pa Leon is gebroke. Hy is steeds nie seker wat presies gebeur het nie.<\/p>\n<p>\u201cEk probeer nog alles uitvind. Al wat ek weet is dat hy gery het met \u2019n kar wat nie syne is nie, en dat \u2019n klomp karre hom agtervolg en in \u2019n doodloopstraat vasgekeer het. Ek het self die bottels, klippe en stokke vol bloed gaan optel en dit in \u2019n swartsak vir die polisie gevat.\u201d<\/p>\n<p>Volgens ooggetuies, wat om vrees vir vervolging anoniem wil bly, was daar \u2019n oproerigheid in die straat. Daar is eers gedink dat dit \u2019n straat partytjie is. Later kon daar gehoor word hoe van die mans op die toneel roep: \u201cJou hond! Jou hond!\u201d<\/p>\n<p>Ooggetuies s\u00ea dat hulle nader geloop het toe daar \u2019n polisievoertuig op die toneel aankom. Die polisiemanne het glo met hul hande in hul sakke gestaan en kyk hoe die aanranding plaasvind.<\/p>\n<p>Die groep mans en vrouens op die toneel het vertel dat mnr. De Necker \u2019n voertuig gesteel het en dat hulle hom \u2019n les gaan leer.<\/p>\n<figure id=\"attachment_52494\" aria-describedby=\"caption-attachment-52494\" style=\"width: 520px\" class=\"wp-caption alignnone\"><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2016\/07\/BJJUL20-16_35763.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-52494\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2016\/07\/BJJUL20-16_35763-520x390.jpg\" alt=\"Ettienne de Necker (24) was die oudste van drie seuns. Hy is Saterdag in die Belfast Hospitaal dood.\" width=\"520\" height=\"390\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/07\/BJJUL20-16_35763-520x390.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/07\/BJJUL20-16_35763-270x203.jpg 270w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/07\/BJJUL20-16_35763.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-52494\" class=\"wp-caption-text\">Ettienne de Necker (24) was die oudste van drie seuns. Hy is Saterdag in die Belfast Hospitaal dood.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Daar was sowat agt voertuie wat twee Volkswagen Golf karre, \u2019n BMW en \u2019n Mercedes ML ingesluit het. Ses vroue wat saam in \u2019n Golf op die toneel aangekom het, het die mans glo opgesweep om die <a href=\"http:\/\/Video: Mob justice at Ultra City\" target=\"_blank\">aanranding<\/a> voort te sit. Buiten vir klippe is mnr. De Necker ook glo met \u2019n besemstok herhaaldelik oor die kop geslaan.<\/p>\n<p>Ooggetuies kon mnr. De Necker eers sien waar hy bebloed op die grond l\u00ea toe een van die voertuie weggetrek is. Daar was \u2019n vuurwapen wat langs hom gel\u00ea het. Dit het later spoorloos verdwyn.<\/p>\n<p>Mnr. De Necker (senior) s\u00ea dat sy seun nooit \u2019n vuurwapen besit het nie. Hy s\u00ea hy het wel gehoor dat die mense in die voertuie wat sy seun se voertuig probeer voorkeer het, gewapen was en dat dit was hoekom mnr. De Necker probeer wegjaag het.<\/p>\n<p>Daar is uit \u2019n betroubare oord bevestig dat mnr. De Necker \u2019n paar weke gelede \u2019n Volkswagen Golf by \u2019n vulstasie op die dorp gesteel het. Hy het volgens \u2019n ooggetuie dood luiters in die voertuig geklim, terwyl die eienaar besig was om die bande te pomp.<\/p>\n<p>Die voertuig is toe vermoedelik op \u2019n plaas in die omgewing gehou tot mnr. De Necker en \u2019n vriend Vrydagaand in Belfast gaan brandstof ingooi het by dieselfde vulstasie.<\/p>\n<p>Iemand het die voertuig herken en die eienaar in kennis gestel wat toe hulp ingeroep het om mnr. De Necker vas te keer. \u2019n Vriend wat saam met hom in die voertuig was, het daarin geslaag om weg te hardloop, toe hulle in die doodloopstraat vasgekeer is.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/Video: Mob justice at Ultra City\" target=\"_blank\">Geskokte ooggetuies<\/a> het vertel dat buiten vir die polisie, wat niks gedoen het om die aanranding stop te sit nie, die ambulans ook nie veel hulp was nie. Dit het op die toneel opgedaag sonder ligte aan en paramedici het mnr. De Necker vir \u2019n geruime tyd op die toneel laat l\u00ea, sonder om noodhulp te verleen,<\/p>\n<p>\u201cHulle het niks vir hom gedoen nie, hom net na \u2019n ruk gevat en op \u2019n stretcher gelaai sonder om eers na hom te kyk. Die ambulans was seker 20 minute op die toneel voor hulle met hom weg is,\u201d s\u00ea een van die ooggetuies.<\/p>\n<p>\u2019n Betroubare bron s\u00ea dat <a href=\"http:\/\/Video: Mob justice at Ultra City\" target=\"_blank\">bendegeregtigheid<\/a> besig is om toe te neem omdat die publiek nie meer vertroue in die polisie het nie.<\/p>\n<p>\u201cHierdie was nie \u2019n wit of swart ding nie. Wie hulle ookal in daai kar gekry het sou les ops\u00ea. Maar moord is dit moord!\u201d<\/p>\n<p>Daar is ook vertroulik verneem dat die klaer in die voertuigdiefstalsaak, nou die hoofverdagte vir die moord is. Dit is glo hy wat die foto van \u2019n bebloede mnr. De Necker geneem en dit toe aan \u2019n familielid gestuur het, vanwaar dit verder versprei is.<\/p>\n<p>Mnr. De Necker se pa het versoek dat die foto van sy seun se bebloede liggaam gepubliseer word.<\/p>\n<p>\u201cEk wil h\u00ea die w\u00eareld moet sien hoe hulle my kind soos \u2019n hond in die straat doodgeslaan het. Sy liggaam kom vandag terug van Middelburg af. Ek moet later vandag my seun se laaste goedjies by die polisie en die lykshuis gaan haal.\u201d<\/p>\n<p>Mnr. De Necker was die oudste van drie seuns. Hy het met tye van sy dood op \u2019n plaas buite Belfast gewerk. Daar was teen Maandag nog nie begrafnisre\u00eblings bekend nie, behalwe dat die familie laat weet het dat hulle beplan om \u2019n verassingsdiens later in die week te hou.<\/p>\n<p>Lees ander stories hier:<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/47454\/video-mob-justice-at-ultra-city\/\" target=\"_blank\">Video: Mob justice at Ultra City<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/51798\/video-kanonkop-spar-kitsbank-opgeblaas\/\" target=\"_blank\">Video: Kanonkop Spar kitsbank opgeblaas<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/48375\/exclusive-video-of-atm-bombings-at-midwater-centre\/\" target=\"_blank\">Exclusive video of ATM bombings at Midwater Centre<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/48295\/standard-bank-atm-bombed-at-midwater-centre\/\" target=\"_blank\">Standard Bank ATM bombed at Midwater Centre<\/a><\/p>\n<p>Send a message to our SMS line 33658 or add us onto <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/MiddelburgObserver\" target=\"_blank\">Facebook<\/a> and <a href=\"https:\/\/twitter.com\/MOBSERV\" target=\"_blank\">Twitter<\/a> <a href=\"https:\/\/twitter.com\/MOBSERV\" target=\"_blank\">@Mobserv<\/a> to receive your free daily news updates. You can also WhatsApp us on this number 079\u00a0426 1396<\/p>\n<p>Also check out our <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">Video\u2019s<\/a> on <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">Youtube<\/a> daily!<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Jong man van Belfast is oor die naweek dood nadat hy deur \u2019n groep mans, in wat blyk na \u2019n voorval van bendegeregtigheid te wees, in \u2019n doodloopstraat vasgekeer en met bottels, klippe en stokke geslaan is.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":52498,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Jana Boshoff","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[2885,7,2],"tags":[9,2579,3310,5048,4297,972,2486,1088,1050],"class_list":["post-52492","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-crime-news","category-local-news","category-news-headlines","tag-local-crime-news","tag-dood","tag-doodle","tag-fatal-accident","tag-mob-justice","tag-police","tag-vermoor","tag-warning","tag-warnings"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Crime News"},"tag_labels":["Crime","dood","doodle","Fatal accident","Mob justice","police","Vermoor","warning","Warnings"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/52492","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=52492"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/52492\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/52498"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=52492"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=52492"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=52492"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}