{"id":49312,"date":"2016-05-28T06:00:00","date_gmt":"2016-05-28T04:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/49312\/kwagga-is-gereed-vir-olimpiese-spele\/"},"modified":"2016-05-30T11:01:46","modified_gmt":"2016-05-30T09:01:46","slug":"kwagga-is-gereed-vir-olimpiese-spele","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2016\/05\/28\/kwagga-is-gereed-vir-olimpiese-spele\/","title":{"rendered":"Kwagga is gereed vir Olimpiese Spele"},"content":{"rendered":"<p>Die oud-flank van HTS Middelburg het n\u00e1 \u2019n tikskoppie twee verdedigers geklop om \u2019n puik individuele poging af te rond. En hoewel die Suid-Afrikaners nie in di\u00e9 kragmeting die wa deur die drif kon trek nie, het hulle uiteindelik tweede op die HSBC-sewespunteleer ge\u00ebindig.<\/p>\n<p>\u201cDie hele seisoen was vir my \u2019n hoogtepunt omdat ons as span gegroei het. Ongeag van wat die toernooi-uitslag was, \u201d laat weet hy Dinsdagaand.<\/p>\n<p>Smith het egter die laaste toernooi in Londen weens \u2019n besering misgeloop, maar sal gereed wees vir die Blitzbokke se Olimpiese veldtog.<\/p>\n<p>\u201cGelukkig is dit niks ernstigs nie \u2013 ek het bloot my enkel geswik en daar is kneusing op een van my spiere wat swelling veroorsaak het. Coach Neil (Powell) het egter gevoel dit sal vir my \u2019n risiko wees om in Londen te speel en ek is \u2019n blaaskans gegun. Ek sal egter slaggereed wees wanneer ons met ons oefenkampe vir die Olimpiese Spele begin.\u201d<\/p>\n<p>Die Suid-Afrikaanse sewesspan is die huidige Statebondkampioen en dus weet hulle hoe goud op \u2019n groot sportverhoog smaak. Tog waai vorige prestasies by die deur uit wanneer \u2019n nuwe kampioenskap afskop en volgens Smith sal die span eerder op hul vaardighede konsentreer.<\/p>\n<p>\u201cEk dink ons het beslis \u2019n baie goeie kans om die Spele te wen. Nie net omdat ons Statebond-goud het nie, maar omdat ons onsself teen die beste spanne kon meet gedurende die jaar se sewesreeks.\u201d<\/p>\n<p>Volgens Smith was dit \u2019n \u201cander\u201d ervaring om saam met Springbokke soos Francois Hougaard en Bryan Habana te speel.<\/p>\n<p>\u201cEk het baie by hulle geleer &#8211; as mens \u00e9n as speler. Ek dink sewes het as sport ook baie respek gekry omdat \u2019n speler wat in vyftienmanrugby \u2019n superster is, nie net in die span kon stap en uitstaan nie.\u201d<\/p>\n<p>Hoewel sewes tans sy hoofprioriteit is, verlang hy wel soms na die vyftienmanweergawe van die spel. Maar, soos hy self s\u00ea, \u201cdie tyd vir dit sal kom\u201d.<\/p>\n<p>Baie is in die media gemaak oor die Bulle wat na Smith vry, maar die sesflank het nog geen uitsluitsel oor sy toekoms nie.<\/p>\n<p>\u201cEk het nog nie \u2019n antwoord op wat my planne vir volgende jaar is nie.\u201d<\/p>\n<p>Maar vir eers konsentreer hy op die Olimpiese Spele. En wen die Blitzbokke goud, sal Smith Middelburg se tweede medaljewenner wees, na Josiah Thugwane in 1996 die marathon in Atlanta gewen het.<\/p>\n<p>\u2022 Die Olimpiese Spele is van 5-21 Augustus in Rio de Janeiro.<\/p>\n<p>\u2022 Smith se hardste teenstander: \u201cDit moet die h\u00e9le Fidji-span wees. Hulle almal is talentvolle spelers wat kan aftrap, off-load en sterk verdedig.\u201d<\/p>\n<p>\u2022 Volg hy nog HTS Middelburg se vordering op die rugbyveld?<\/p>\n<p>\u201cJa, ek het nog kontak, maar dit is moeilik om by die wedstryde uit te kom as gevolg van die baie oorsese toere. Maar ek het van hul wedstryde op televisie gesien en ek dink daar is goeie talent in die span.\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Kwagga Smith vertel dat sy gunsteling drie van die seisoen die een teen Australi\u00eb gedurende die Sydney Sewes was. <\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":49313,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Johann Gresse","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[2887,7,11,2,12,2886],"tags":[4668,4669,3],"class_list":["post-49312","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-general-sport","category-local-news","category-local-sports","category-news-headlines","category-school-sports-news","category-sports-news","tag-kwagga","tag-olimpiese-spele","tag-sports-news"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["Kwagga","Olimpiese spele","Sport"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/49312","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=49312"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/49312\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/49313"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=49312"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=49312"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=49312"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}