{"id":49137,"date":"2016-05-23T15:43:00","date_gmt":"2016-05-23T13:43:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/49137\/vernon-onder-top-agt\/"},"modified":"2016-05-24T16:18:56","modified_gmt":"2016-05-24T14:18:56","slug":"vernon-onder-top-agt","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2016\/05\/23\/vernon-onder-top-agt\/","title":{"rendered":"Vernon onder top agt"},"content":{"rendered":"<p>Die dag toe Vernon besluit het hy wil inskryf, het sy familie, soos altyd in die verlede hom honderd persent ondersteun.<\/p>\n<p>Daar was twee maniere om in te skryf, jy kon \u00f3f drie liedjies aanlyn instuur \u00f3f jy kon in die bloedige son gaan staan en wag.<\/p>\n<p>Vernon se pa, Vernon (snr) s\u00ea hy het dadelik probeer om die liedjies in te stuur, maar dit wou glad nie deurgaan nie. \u201cEk het by myself gedink, as ek s\u00f3 sukkel as die internet nie eers wil werk nie, dan weet ek nie of ons moet aangaan nie.\u201d<\/p>\n<p>Sy twyfel is egter dadelik in die kiem gesmoor, toe Vernon vir hom s\u00ea: \u201cpa, al staan ek heeldag in die son, ek wil daar wees.\u201d Daar was egter n\u00f3g \u2019n probleempie, die oudisies in die Kaap en Durban was reeds verby en hulle moes vanaf die Kaap na Johannesburg pendel!<\/p>\n<p>Mnr. Barnard onthou hoe hulle die aand nog by familie in Nigel oorgeslaap het.<\/p>\n<p>Hulle was al 07:00 daar en gereed vir aksie, m\u00e9t \u2019n sambreel vir die son. Min het hulle geweet ho\u00e9 lank hulle werklik gaan wag. Vernon is eers 16:30 in! En soos almal weet, is die res geskiedenis!<\/p>\n<p>Hul stres- en emosionele vlakke het behoorlik wipplank gery, want hulle sou baie bly gewees het as hy net die top 32 kon haal, maar toe gaan hy deur\u00a0 tot die top 16 en uiteindelik die top agt.<\/p>\n<p>Die opwinding was nog duidelik in mnr. Barnard se stem hoorbaar Maandagoggend na die vorige aand se uitsending.<\/p>\n<p>\u201cIn alles sien ons die Here se hand en is ons dankbaar dat Vernon s\u00f3 ver gegaan het.\u201d<\/p>\n<p>Hy s\u00ea hul Facebookblad gons en daar is vele verhale van mense wat ges\u00ea het \u201cdat Vernon hul lewens verander het en dat hy vir hulle \u2019n inspirasie is.<\/p>\n<p>\u201cOns is steeds verstom oor hoe die mense dit ervaar het. Sy nederigheid het almal aangeraak. Ek het kort-kort trane in my o\u00eb as ek dink aan alles. Die Here se uitkoms is groter as wat ons kan begryp. Daar is groot dinge aan die gebeur.\u201d<\/p>\n<p>Een hiervan is byvoorbeeld dat die liedjie, The Story of my Life, wat Vernon gesing het toe Bobby van Jaarsveld met trane in sy o\u00eb vir hom gesmeek het om in sy span te wees, al 6.2 miljoen \u2018views\u2019 op Youtube gekry het. Volgens mnr. Barnard is hy meegedeel dat dit \u2019n Suid-Afrikaanse Youtube rekord is!<\/p>\n<p>Oor Vernon se toekoms is hulle nog bietjie geheimsinnig. Mnr. Barnard s\u00ea hulle kan vir die volgende \u201cdrie weke nie veel s\u00ea nie\u201d, aangesien Vernon nog kontraktueel verbind is met Universal Studios.<\/p>\n<p>\u201cVernon gaan egter sy droom om te sing, volg. Dit is \u2019n uitgemaakte saak.\u201d<\/p>\n<p>En glo Vernon sal voortbou op die drie dinge wat hy nog altyd vir sy kinders geleer het:<\/p>\n<p>\u2022 Werk hard.<\/p>\n<p>\u2022 Bly met jou voete op die grond &#8211; bly nederig.<\/p>\n<p>\u2022 Leer uit kritiek. Dit is deel van karakterbou.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Suid-Afrika het so byna nie die voorreg gehad om die blinde sangsensasie, Vernon Barnard, op The Voice in aksie te sien nie.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":49138,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[2704,2681,7,2],"tags":[],"class_list":["post-49137","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-entertainment-news","category-lifestyle-news","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"Lifestyle","SubCategory":"Entertainment"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/49137","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=49137"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/49137\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/49138"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=49137"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=49137"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=49137"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}