{"id":48876,"date":"2016-05-20T17:00:00","date_gmt":"2016-05-20T15:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/48876\/jc-word-blou-bul-in-2017\/"},"modified":"2016-05-20T08:56:34","modified_gmt":"2016-05-20T06:56:34","slug":"jc-word-blou-bul-in-2017","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2016\/05\/20\/jc-word-blou-bul-in-2017\/","title":{"rendered":"JC word Blou Bul in 2017"},"content":{"rendered":"<p>Eers het hy uit \u2019n lynstaanfout munt geslaan en daarna is sy aanvallende vaardighede ten toon gestel toe hy na binne getrap het om \u2019n hele rits verdedigers te flous. Die derde en laaste drie was sy gunsteling &#8211; hy het deurgebars om voor \u2019n stampvol Rooies-pawiljoen te druk.<\/p>\n<p>Selfs wanneer dinge nie heeltemal vlot vir die Rooies verloop nie, word Pretorius geprys. Die afrigter van Paul Roos Gimnasium het sy spel byvoorbeeld uitgesonder na die Rooie Bulle se nederlaag van 12-31.<\/p>\n<p>Maar \u2019n groot speler word nie net aan sy talent geken nie, maar ook vir sy bereidwilligheid om 100% vir sy span te gee. En hy het Saterdag letterlik sy tokse stukkend gespeel.<\/p>\n<p>\u201cDit was my lucky tokse waarin ek reeds van my graadtienjaar speel. Toe dit skeur moes ek noodgedwonge \u2019n paar by een van die plaasvervangers leen.\u201d<\/p>\n<p>Die blonde flank het ook s\u00f3 hard gespeel, dat hy twee keer langs die skrums opgegooi het. Dit is toewyding wat mens nie kan aanleer nie, jy word daarmee gebore.<\/p>\n<p>Natuurlik sal groot unies kennis neem van Pretorius se spel en daar was \u2019n paar kontrakte op die tafel. Op die einde van die dag het hy egter op die Blou Bulle besluit.<\/p>\n<p>Nou tradisioneel is die Pretorianers bekend vir hul stampkarrugby en groot losvoorspelers wat effens eendimensioneel is. Maar onder Nollis Marais is die unie besig om \u2019n gedaanteverwisseling te ondergaan en die klem word nou op meer beweeglike spelers geplaas.<\/p>\n<p>In Pretorius kan die Bulle hul eie Jaco Kriel kry \u2013 \u2019n speler wat vinnig van die merkie kan versnel en wat die vermo\u00eb het om die bal soos \u2019n agterspeler te hanteer.<\/p>\n<p>Hy is ook \u2019n gevaarlike sewesspeler en was verlede jaar lid van die SA o\/18-span wat goud by die Statebond Jeugspele losgespeel het. Gelukkig gaan sy sewestalent nie verlore nie en hy gaan vir die eerste paar maande van 2017 deel wees van die nasionale sewesopset.<\/p>\n<p>Die kommentators op SuperSport het hom \u2019n paar keer verkeerdelik na \u201cJC Potgieter\u201d herdoop. \u2019n Fout wat mens vermoed nie sommer weer in die toekoms gemaak gaan word nie.<\/p>\n<p>Want Johannes Christoffel \u201cJC\u201d Pretorius kan nog diep spore in Suid-Afrikaanse rugby trap.<\/p>\n<p>\u2022 Pretorius en sy Rooibulspan speel die naweek teen Ho\u00ebrskool Nelspruit in die Laeveld.<\/p>\n<p>Rooi Bulle teen Nellies: Ryan Cloete, Japie Kleinhans, Zander Joubert, Boet Heyl, Waldo Conradie, Riekert Barnard, Uys du Preez, Ruvaan Muller, Henco van Heerden, JC Pretorius (kaptein), Louis du Preez, Tiaan de Beer, Tiaan Espag, Ruben Cross, Armando Lubbe. Plaasvervangers: Duart Willemse, Tikka Cilliers, Heinrich Cronje, Marco Koch, Berries de Wet, Andries Koen, Carlo Viljoen, Bryan Jovner.<\/p>\n<p>\u2022 HTS Middelburg sal in 2017 weer die FNB Classic Clash aanbied. Ho\u00ebrskool Middelburg sal dan in 2018 met hul eeufeesvieringe die gasheer speel.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Mens kry skoolrugbyspelers. En dan kry jy JC Pretorius. Saterdag het hy sy vierde, vyfde \u00e9n sesde drie teen Ho\u00ebrskool Middelburg in slegs twee derbywedstryde gedruk. Soos \u2019n toeskouer tereg van langs die kantlyn opgemerk het: Pretorius is op sy eie 15 punte in \u2019n Classic Clash werd.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":48877,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Johann Gresse","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[2887,7,11,2,12,2886],"tags":[],"class_list":["post-48876","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-general-sport","category-local-news","category-local-sports","category-news-headlines","category-school-sports-news","category-sports-news"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/48876","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=48876"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/48876\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/48877"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=48876"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=48876"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=48876"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}