{"id":48869,"date":"2016-05-21T06:00:00","date_gmt":"2016-05-21T04:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/48869\/honde-weer-afgemaai-met-gif\/"},"modified":"2016-05-20T11:17:45","modified_gmt":"2016-05-20T09:17:45","slug":"honde-weer-afgemaai-met-gif","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2016\/05\/21\/honde-weer-afgemaai-met-gif\/","title":{"rendered":"Opvolg: Honde weer afgemaai met gif"},"content":{"rendered":"<p>\u2022Mnr. Dewald van Niekerk se motorfiets is Donderdag in die vroe\u00eb oggendure uit sy motorhuis in Harry Gwalastraat gesteel.<\/p>\n<p>\u201cMy honde, twee Jack Russells en \u2019n boerboel, is oor Paasnaweek vergiftig en daar was geen honde wat my kon waarsku nie.\u201d<\/p>\n<p>Die boosdoeners het die hekmotor buite aksie gestel en die hek oopgeskuif.<\/p>\n<p>Daarna is die elektriese motorhuis oopforseer, van binne af buite aksie gestel en oopgemaak. Hulle het weggekom met mnr. Van Niekerk se rooi 125 Honda (registrasienommer HHP356MP).<\/p>\n<p>\u2022Hierdie diefstal volg nadat daar ook Maandag in die vroe\u00eb oggendure \u2019n motorfiets in AG Visserstraat gesteel is. Tydens hierdie diefstal is \u2019n persoon, wat homself onder takke versteek het, in die koppie aan Mhluzi se kant gevang. Daar is \u2019n sakkie met Temikgif by hom gekry.<\/p>\n<p>\u2019n Paar uur later is die motorfiets, ook onder takke versteek, deur die berede-eenheid gevind. Die plek waar die motorfiets gekry is, is sowat vyf tre\u00eb vanaf die plek waar hulle die man gevang het.<\/p>\n<p>\u2022Die selfde nag het twee honde gif ingekry in AG Visserstraat, waarvan een gevrek het.<\/p>\n<p>\u2022Twee dae nadat di\u00e9 man vasgetrek is, het die gifstrooiers toegeslaan in Kanonkop.<\/p>\n<p>Drie gesinne in Korhaanstraat het Woensdag in die vroe\u00eb oggendure gevind dat hul honde dood in hul tuine l\u00ea. In bykans dieselfde tyd het \u2019n inwoner van Broodboomstraat gesien hoe \u2019n booswig gif vir sy honde gooi.<\/p>\n<p>Die eerste persoon wat agtergekom het die gifstrooiers is bedrywig, is mnr. Eric Cason (Broodboomstraat, Kanonkop).<\/p>\n<p>Hy was Woensdag omstreeks 03:15 wakker en het gehoor sy boerboele gaan geweldig tekere in die hoek van sy erf. Mnr. Cason het suutjies opgestaan, sy sterk flits gekry en deur die venster met die flits gelig in die rigting waar die honde blaf.<\/p>\n<p>Hy het gesien dat \u2019n man byna teen die palissade heining staan, net buite die bereik van die honde, met sy hand bokant sy kop. Die volgende oomblik het die man iets oor die heining laat val.<\/p>\n<p>Die boosdoener het hierna, met \u2019n tweede persoon kort op sy hakke, ho\u00ebr op in die straat verdwyn.<\/p>\n<p>Mnr. Cason het \u2019n saamgeperste bol maalvleis op die gras opgetel en dadelik die korrelrige gif (Temik) daarin opgemerk.<\/p>\n<p>Nadat hy seker gemaak het alles is veilig, het hy uitgegaan in die straat en \u2019n plastieksakkie, wat die ander verdagte wat oorkant die die pad gestaan en wag het, laat val het, opgetel. In di\u00e9 sakkie was ook van die korrelrige gif.<\/p>\n<p>\u2022Mnr. Douw Snyman het omstreeks 03:00 opgestaan om te gaan werk en hul rifrug, Rocky, dood op die gras l\u00ea.<\/p>\n<p>\u2022Teen ligdag het die mense oorkant die straat hul Alsation, Chaka, ook dood voor in die erf gekry. Me. Marna Fouch\u00e9 glo hul hond het ook vir die booswigte geblaf wat oorkant die straat besig was om die hek van die spoor af te lig, waarop hulle doodluiters vir hom ook gif gegee het.<\/p>\n<p>\u2022 Later die oggend is laat weet dat \u2019n hond net later af in Korhaanstraat by \u2019n huis vergiftig is.<\/p>\n<p>\u2022 Dieselfde nag het booswigte by twee huise, in Protea- en Elandstraat, elektriese hekke oopgekry. By Elandstraat het die man wakker geword, uitgekom en op hulle geskree, waarna hulle gevlug het.<\/p>\n<p>\u2022 Woensdagaand het \u2019n vrou gesien hoe mense haar palissade hek in Renosterstraat oopskuif. Sy het uitgekom, geskree, teruggehardloop die huis in en die GPF Sektor 4 lede gekontak.<\/p>\n<p>Lees vorige stories hier:<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/13276\/teelepel-vol-kan-renoster-doodmaak\/\" target=\"_blank\">Temik &#8211; begin van misdaadsirkel<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/13141\/temic-strooiers-slaan-weer-toe-in-pleinstraat\/\" target=\"_blank\">Temik &#8211; strooiers slaan weer toe in Pleinstraat<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/27462\/honde-met-temik-vergiftig\/\" target=\"_blank\">Honde met temik vergiftig<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/45757\/48-dogs-one-cat-killed-in-28-days-2\/\" target=\"_blank\">48 Dogs, One cat killed in 28 Days<\/a><\/p>\n<p>\u2022 \u2019n Gesin is verlede Donderdag in die vroe\u00eb oggendure deur rowers in Eastdene aangehou, nadat die rowers die bure se honde vergiftig en oor die muur gespring het.<\/p>\n<p>\u2022 Volgens senior insp. Petro Oberholzer (Middelburg DBV) is daar gedurende Maartmaand 51 honde en een kat vergiftig, April ses honde (twee oorleef) en twee katte en Meimand staan hulle al op sewe gifgevalle (een het oorleef en twee is gekeer voordat hulle dit kon inkry).<\/p>\n<p>\u2022 Daar word \u2019n beroep op die gemeenskap gedoen om alle voorvalle van dierevergiftigings by die DBV (013 246 1201) en die polisie aan te meld.<\/p>\n<div id='gallery-1' class='gallery galleryid-48869 gallery-columns-3 gallery-size-thumbnail'><figure class='gallery-item'>\n\t\t\t<div class='gallery-icon landscape'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2016\/05\/21\/honde-weer-afgemaai-met-gif\/attachment\/16t29-3_94583\/'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"270\" height=\"203\" src=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/05\/16t29-3_94583-270x203.jpg\" class=\"attachment-thumbnail size-thumbnail\" alt=\"\" aria-describedby=\"gallery-1-48871\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/05\/16t29-3_94583-270x203.jpg 270w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/05\/16t29-3_94583-520x390.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/05\/16t29-3_94583.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 270px) 100vw, 270px\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<figcaption class='wp-caption-text gallery-caption' id='gallery-1-48871'>\n\t\t\t\tDie prag Alsation, Chaka, is ook in Korhaanstraat vergiftig.\n\t\t\t\t<\/figcaption><\/figure><figure class='gallery-item'>\n\t\t\t<div class='gallery-icon landscape'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2016\/05\/21\/honde-weer-afgemaai-met-gif\/attachment\/16t29-2_97562\/'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"270\" height=\"203\" src=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/05\/16t29-2_97562-270x203.jpg\" class=\"attachment-thumbnail size-thumbnail\" alt=\"\" aria-describedby=\"gallery-1-48872\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/05\/16t29-2_97562-270x203.jpg 270w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/05\/16t29-2_97562-520x390.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/05\/16t29-2_97562.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 270px) 100vw, 270px\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<figcaption class='wp-caption-text gallery-caption' id='gallery-1-48872'>\n\t\t\t\tRocky die rifrug wat in Korhaanstraat vergiftig is.\n\t\t\t\t<\/figcaption><\/figure>\n\t\t<\/div>\n\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vyf honde is die afgelope twee weke deur die Temik-bendes afgemaai!<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":48870,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[2885,7,2],"tags":[],"class_list":["post-48869","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-crime-news","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Crime News"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/48869","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=48869"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/48869\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/48870"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=48869"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=48869"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=48869"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}