{"id":48722,"date":"2016-05-17T08:21:00","date_gmt":"2016-05-17T06:21:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/48722\/my-beruty\/"},"modified":"2016-05-17T08:21:44","modified_gmt":"2016-05-17T06:21:44","slug":"my-beruty","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2016\/05\/17\/my-beruty\/","title":{"rendered":"My Beurt: Tobie van den Bergh"},"content":{"rendered":"<p>Dit is vier uur in die middag in Randburg<\/p>\n<p>Die atmosfeer is elektries, die afwagting hang in die lug.<\/p>\n<p>Binne wys die reuse hand met mikrofoon jy is nou by The Voice.<\/p>\n<p>Jy is verstom oor al die ligte en mense wat heen en weer draf.<\/p>\n<p>Ons word gevra om hande te klap. Ons klap. Ons moet lag en ons lag.<\/p>\n<p>Die applous is nie goed genoeg nie. Ons klap weer. (Gelukkig was die lag op standaard).<\/p>\n<p>Die toeskouer wat die beste applous gee, kry &#8216;n geskenk.<\/p>\n<p>Khan Morbee kom eerste ingestap. Stil stemmig gaan sit hy.<\/p>\n<p>Lira lyk soos &#8216;n Griekse godin.<\/p>\n<p>Bobby kom met &#8216;n blikkie Coke in en van oral word daar geskreeu: &#8220;Bobby!&#8221;<\/p>\n<p>Karin Zoid stap stadig en lyk asof sy in pyn is.<\/p>\n<p>&#8220;Wys vir hulle jou boud,&#8221; vra Bobby met &#8216;n seunsgesig wat die land liefhet.<\/p>\n<p>Karin kyk hom half verontwaardig aan.<\/p>\n<p>&#8220;Hierdie girl is in pyn, sy het van die trappe afgeval,&#8221; lap Bobby haar dilemma uit.<\/p>\n<p>Lira wys met haar vingers hoe lyk Karin se besering.<\/p>\n<p>Aanbieder Lungile Radu oefen sy openingswoorde op &#8216;n skermpie wat voor hom op &#8216;n monitor rol.<\/p>\n<p>&#8216;n Man met besem vee die verhoog skoon.<\/p>\n<p>Daar is advertensies en die Voice se temamusiek.<\/p>\n<p>Dit is aksie.<\/p>\n<p>Die show het begin.<\/p>\n<p>Matthew Mole sing jou tot hoendervleis.<\/p>\n<p>Met elke breek moet die man met besem inspring, hy vee en vee, die hele aand deur.<\/p>\n<p>Jy wonder hoe kry Lungile dit reg om so vinnig te lees.<\/p>\n<p>&#8220;Klavier!&#8221; roep die regisseur uit.<\/p>\n<p>Talle hande gryp &#8216;n yslike klavier en tel hom op die verhoog.<\/p>\n<p>By &#8216;n pyp blaas rook soos &#8216;n stoomtrein uit.<\/p>\n<p>Clemour sing.<\/p>\n<p>Francois Bouwers sing.<\/p>\n<p>Thembeka sing.<\/p>\n<p>Haar familie dans en klap \u00e9n bars na die tyd in trane uit.<\/p>\n<p>Almur Marais, alias Stilfontein, word goed deur sy afrigter, Karin, geroskam omdat hy sy woorde vergeet het.<\/p>\n<p>&#8220;Wil jy &#8216;n fitter en turner bly?&#8221; vra sy.<\/p>\n<p>Vroutjie fluister: &#8220;Hoe moet die fitter en turners nou voel?&#8221;.<\/p>\n<p>&#8220;Dromme!&#8221; word daar beveel.<\/p>\n<p>Yslike dromme word aangedra.<\/p>\n<p>Daar word water op gegooi.<\/p>\n<p>Wanneer die stokke die drom tref sien jy net water spat: Wow!<\/p>\n<p>Dit is weer advertensies. Bobby is dors, hy soek water.<\/p>\n<p>&#8220;Thirty seconds to go&#8221;.<\/p>\n<p>Maar Bobby is nog nie op sy sitplek nie.<\/p>\n<p>&#8220;Twenty seconds&#8221;.<\/p>\n<p>&#8220;Bobby jy werk op my senuwees&#8221;.<\/p>\n<p>Ons is daar vir Team Bobby, vir ons eie Vernon Barnard.<\/p>\n<p>Vernon tik-tik op sy mikrofoon.<\/p>\n<p>Jy besef die blinde sanger maak seker die afstand tussen sy mond en die mikrofoon is reg.<\/p>\n<p>Hy stel nie teleur nie.<\/p>\n<p>Richard Stirton eindig met Sound of Silence.<\/p>\n<p>Sound of Silence?<\/p>\n<p>Nee, dit is The Voice!<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit is &#8216;n gestamp en stoot om by die Sasani ateljees in te kom.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":35780,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Tobie van den Bergh","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[17,509,7,2,2888],"tags":[],"class_list":["post-48722","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-blogs","category-editors-note","category-local-news","category-news-headlines","category-opinion-edition"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/48722","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=48722"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/48722\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/35780"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=48722"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=48722"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=48722"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}