{"id":47921,"date":"2016-05-08T06:00:00","date_gmt":"2016-05-08T04:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/47921\/dit-lyk-soos-plaasmoord\/"},"modified":"2016-05-09T08:47:50","modified_gmt":"2016-05-09T06:47:50","slug":"dit-lyk-soos-plaasmoord","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2016\/05\/08\/dit-lyk-soos-plaasmoord\/","title":{"rendered":"Opvolg: \u2018Dit lyk soos plaasmoord\u2019"},"content":{"rendered":"<p>Me. Claassen se seun, Sankus Smit, het foto\u2019s van haar beserings wat na haar afsterwe geneem is, aan die prokureur gestuur.<\/p>\n<p>Mnr. Smit het ges\u00ea dat al s\u00ea \u2019n doodsertifikaat dat sy ma dood is is aan \u201cnatuurlike oorsake\u201d, hy dit beslis \u201cnie hier gaan los nie\u201d.\u201d<\/p>\n<p>Me. Claassen het op 17 April in die Middelburg Hospitaal gesterf en die doodsertifikaat het aangedui dat sy dood is aan sepsis (ook septisemie genoem). Die sepsis is veroorsaak deur bedsere.<\/p>\n<p>In die dae voor haar dood moes haar kinders brommers by haar bed met \u2019n waaiende handdoek wegjaag. Kort voor sy gesterf het, het haar dogter, Gerda, muggies verjaag en miere wat aan haar ma se lyf vasgebyt het, afgehaal.<\/p>\n<p>Haar kinders het geweet van die bedseer op haar boud, omdat hulle aan die begin self probeer het om dit te dokter. Later het hospitaalpersoneel geweier dat hulle die wonde versorg.<\/p>\n<p>\u201cMy ma het oral bedseergate op haar lyf gehad. Dit het gelyk of sy deur \u2019n slagting was! In plaas van behandeling, was dit mishandeling in hierdie hospitaal! Hoe kan dit natuurlik wees? Dit is moord!\u201d het mnr. Smit uitgeroep.<\/p>\n<p>Nadat hy verneem het dat die polisie nie die saak van nalatigheid kan ondersoek nie, omdat sy dood is aan \u201cnatuurlike oorsake\u201d, het hy aanvanklik besluit om haar te laat opgrawe.<\/p>\n<p>Die mediabeampte van die polisie, kapt. Khanyisile Zwane, het voorgestel dat hulle \u2019n onafhanklike patoloog kry om \u2019n lykskouing te doen. Sou di\u00e9 lykskouingverslag meld dat me. Claassen ni\u00e9 aan natuurlike oorsake dood is nie, kan die polisie dan weer die saak ondersoek.<\/p>\n<p>Mnr. Smit s\u00ea hy het ook reeds kwotasies gekry vir \u2019n patoloog en wat die wetlike aspekte is ten opsigte van \u2019n opgrawing.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea hulle het op hierdie stadium daarteen besluit, aangesien hulle baie foto\u2019s het wat haar beserings aandui.<\/p>\n<p>\u201cAs \u2019n landdros of regter hierdie foto\u2019s moet sien, sal hulle hul hande saamslaan! Hulle sal duidelik kan sien dat dit ni\u00e9 natuurlik is nie!\u201d<\/p>\n<p>Hy raak hartseer as hy dink hoe hard sy in die gemeenskap gewerk het en hoe lief sy vir haar kinders was.<\/p>\n<p>\u201cOns het eers n\u00e1 haar dood gesien deur watter lyding sy is. En weet jy wat is die ergste? As sy nie bedsere en sepsis gekry het nie, sou sy nie doodgegaan het nie. My ma het dit nie verdien nie!\u201d<\/p>\n<p>\u2022 Me. Jermina Reneiloe Marakala (Direkteur Generaal Ondersteuning, Kantoor van die Premier, Mpumalanga) het drie weke gelede reeds aan die Observer ges\u00ea dat hulle opdrag gegee het dat die Mpumalanga Gesondheidsdepartement die saak moet ondersoek. Sy het ges\u00ea dat hulle wag vir die verslag en dat hulle dit aan die koerant beskikbaar sal stel.<\/p>\n<p>Tot op hede het die koerant nog nie weer van hul kantoor gehoor nie.<\/p>\n<p>Lees vorige stories hier:<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/47108\/bets-die-statige-ouma-skou\/\" target=\"_blank\">Opvolg: Bets &#8211; die statige ouma skou<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/46987\/vrou-lankal-dood\/\" target=\"_blank\">Vrou lankal dood \u2013 Verpleegster s\u00ea: \u2018vital signs are good\u2019<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/46545\/vrou-se-bedsere-vrot\/\" target=\"_blank\">Vrou se bedsere vrot<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/45568\/vrou-deurtrek-van-bedsere\/\" target=\"_blank\">Vrou deurtrek van bedsere<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/12949\/parkinsons-lyer-sterf-aaklig-2\/\" target=\"_blank\">Lees hier oor ander klagtes teen die hospitaal.<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit het \u201cgelyk soos \u2019n plaasmoord!\u201d So beskryf \u2019n prokureur die wonde aan Bets Claassen se liggaam, nadat sy in die provinsiale hospitaal gesterf het.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":47922,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-47921","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/47921","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=47921"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/47921\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/47922"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=47921"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=47921"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=47921"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}