{"id":47631,"date":"2016-04-30T06:00:00","date_gmt":"2016-04-30T04:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/47631\/liggaam-vol-gate-weens-bedsere\/"},"modified":"2016-05-03T09:57:45","modified_gmt":"2016-05-03T07:57:45","slug":"liggaam-vol-gate-weens-bedsere","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2016\/04\/30\/liggaam-vol-gate-weens-bedsere\/","title":{"rendered":"Liggaam vol gate weens bedsere"},"content":{"rendered":"<p>Me. Bets Claassen het op 17 April in die Middelburg Hospitaal gesterf, terwyl miere aan haar gebyt en brommers en muggies om haar gedraai het.<\/p>\n<p>In die week voor haar dood, het sy s\u00f3 gestink weens die infeksie in die bedsere dat mense naar geword het.<\/p>\n<p>Haar kinders het &#8216;n week nadat sy opgeneem is, die begin van die eerste bedseer opgemerk en begin vrae vra, maar dit is met aggressie deur verpleegpersoneel beantwoord.<\/p>\n<p>Vele kere wou hulle haar skuif, maar hulle is verseker dat die bedsere gesond gedokter kan word. Hul ma se gebreekte heup waarvoor sy in die hospitaal opgeneem is, het ook nooit aangegroei nie, maar sy kon nie geopereer word alvorens die bedsere nie beter geword het nie.<\/p>\n<p>Haar boude het &#8220;weggevrot&#8221; en oral op haar lyf het nuwe bedsere hul verskyning gemaak. Bedsere, wat, volgens &#8216;n verpleegkundige (wat anoniem wil bly) gesond gedokter kon word.<\/p>\n<p>Sy het uiteindelik gesterf aan septisemie weens die bedsere.<\/p>\n<p>Haar dogter, Regina Dercksen, voel dat die hospitaal haar &#8220;stukkie vir stukkie vermoor het.&#8221;<\/p>\n<p>Haar kinders het dadelik na haar afsterwe &#8216;n saak van nalatigheid teen die hospitaal by die polisie aanhangig gemaak.<\/p>\n<p>Volgens kapt. Khanyisile Zwane (mediawoordvoerder) ondersoek hulle nie sake waar &#8216;n doodsertifikaat aandui dat iemand aan natuurlike oorsake dood is nie.<\/p>\n<p>Sy het ges\u00ea dat indien die familie steeds vuilspel vermoed en &#8216;n tweede opinie wil kry, hulle &#8216;n privaat dokter, gewoonlik &#8216;n professor, kan huur, wat sy eie lykskouing sal doen. Die familie moet dan ook self vir so &#8216;n lykskouing betaal.<\/p>\n<p>As hierdie persoon op sy lykskouings-verslag aandui dat die persoon dood is aan onnatuurlike oorsake en die oorsaak van die dood aangedui word, sal die polisie dan die saak verder kan ondersoek.<\/p>\n<p>\u2022 Me. Jermina Reneiloe Marakala (Direkteur Generaal Ondersteuning, Kantoor van die Premier, Mpumalanga Kantoor) het verlede week aan die Observer ges\u00ea dat hulle opdrag gegee het dat die Mpumalanga Gesondheidsdepartement die saak moet ondersoek. Sy het ges\u00ea dat hulle wag vir die verslag en dat hulle dit aan die koerant beskikbaar sal stel, sodra hulle dit ontvang het.<\/p>\n<p>\u2022 Mnr. Eric Mokonyama, Mpumalanga Provinsiale Bestuurder, Menseregtekommissie, het by navraag ges\u00ea dat hy die kwessie onder die aandag van die Hoof van die Departement van Gesondheid in die provinsie gebring het. Hy het gevra dat daar &#8216;n ondersoek gedoen word oor die omstandighede van die saak en dat daar ook gekyk word na die standaard van die algemene gesondheidsdienste by die Middelburg Hospitaal.<\/p>\n<p>\u2022 Lees elders die skokkende bewerings wat mnr. Pieter Wahlstrand se familie maak rakende sy afsterwe in die Middelburg Hospitaal en die omstandighede rondom mnr. Frank Theron se dood by die HA Grov\u00e9 Hospitaal op Belfast.<\/p>\n<p>Lees vorige stories hier:<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/46987\/vrou-lankal-dood\/\" target=\"_blank\">Vrou lankal dood \u2013 Verpleegster s\u00ea: \u2018vital signs are good\u2019<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/46545\/vrou-se-bedsere-vrot\/\" target=\"_blank\">Vrou se bedsere vrot<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/45568\/vrou-deurtrek-van-bedsere\/\" target=\"_blank\">Vrou deurtrek van bedsere<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/12949\/parkinsons-lyer-sterf-aaklig-2\/\" target=\"_blank\">Lees hier oor ander klagtes teen die hospitaal.<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die polisie gaan nie die omstandighede rondom Bets Claassen se dood ondersoek nie, omdat die doodsertifikaat aandui dat sy aan natuurlike oorsake gesterf het.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":47632,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-47631","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/47631","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=47631"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/47631\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/47632"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=47631"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=47631"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=47631"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}