{"id":47629,"date":"2016-05-01T06:00:00","date_gmt":"2016-05-01T04:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/47629\/vreemde-virus-eis-pa\/"},"modified":"2016-04-29T15:02:05","modified_gmt":"2016-04-29T13:02:05","slug":"vreemde-virus-eis-pa","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2016\/05\/01\/vreemde-virus-eis-pa\/","title":{"rendered":"Vreemde virus eis pa"},"content":{"rendered":"<p>Nico Smit (45) was vir jare lank by Weir Minerals werksaam as bestuurder.<\/p>\n<p>Sy vrou Elsabe, &#8216;n onderwyseres by Kleuterskool Gansiekeur, s\u00ea dat dokters steeds onseker is oor hoe en waar haar man die virus opgedoen het.<\/p>\n<p>Hy was &#8216;n maand voor sy dood in Mosambiek vir werk. Dokters ondersoek nou die moontlikheid dat hy die virus daar opgedoen het.<\/p>\n<p>Nico het twee weke gelede met brongitis simptome begin siek word. Kort daarna is hy in &#8216;n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem. Dokters het aan sy familie ges\u00ea dat daar &#8216;n vreemde virus is wat sy organe aanval. Hy is op lewensonderhoudende masjiene gesit, terwyl mediese kenners geskarrel het om uit te vind wat dit is wat sy liggaam so aftakel.<\/p>\n<p>&#8220;Ons het probeer positief bly en daagliks by hom in die hospitaal gaan sit en gesels. Partymaal was sy o\u00eb oop en het hy gereageer op dinge wat ons s\u00ea, maar meestal was hy maar onder sedasie.&#8221;<\/p>\n<p>Hy is Maandag in die hospitaal dood, nadat sy hart gaan staan het. Daar word steeds gesoek na die oorsprong van die virus.<\/p>\n<p>Nico laat sy vrou, Elsabe, sy dogters Nicol en Elicia en uitgebreide familie agter. Sy begrafnis word vandag (Vrydag) om 11:00 uit die Woord en Kruis gemeente op die hoek van Walter Sisulu- en Hoopstraat gehou.<\/p>\n<p>&#8216;n Vriend van Nico, Marius Nel, het die volgende huldeblyk op Facebook geplaas:<\/p>\n<p>&#8220;Hoe groet mens iemand wanneer jy nie gereed is om dit te doen nie? Sedert ek die skok van jou groet gekry het gisteroggend, speel al ons vriendskapsoomblikke in my gedagtes terug en is ek nie eens skaam om te s\u00ea dat die wete dat dit alles verby is, my telkemale in snikke het nie.<\/p>\n<p>Smit, in my gekheid om te skryf asof jy toegang tot jou profiel het in die hemel, bly ek jou ewig dankbaar vir al die jare se vriendskap. Voordat ons verantwoordelikhede ons herhaalde samesyn ingesluk het, was jy die ou saam met wie ek byna alles beleef het &#8211; ek onthou spesifiek jou vreesloosheid en die eienskap om vir niks en niemand terug te staan nie. Vir &#8216;n jong seun wat meer gevrees het as wat hy moes, was jy die katalis tot my eie strewe na vreesloosheid.<\/p>\n<p>Ek dink dat Facebook se sensuur-stellings my nie sal toelaat om al ons gesamentlike wedervaringe hier te noem nie, maar weet dat ek elkeen sal koester tot ons weer saam kan aanjaag in die hemel. Ek het nie eens kans gehad om jou te vertel hoe groot held jy ook in my seuns se lewens is nie, bloot op grond van my vertellings.<\/p>\n<p>Ek dank God vir ons astrantheid om weer almal die afgelope Kersfees moerig te h\u00ea as gevolg van ons aandrang op &#8216;n gesamentlike braai. Dit was vrek lekker en het my herinner om meer planne te maak om meer tyd saam met jou en jou pragtige gesin te spandeer. Helaas&#8230;<\/p>\n<p>Ek gaan jou mis; jou oproepe waartydens ons sommer dadelik en onophoudelik gesels het, asof ons mekaar die vorige aand laas gesien het. Jou liefde vir jou familie was &#8216;n inspirasie, jou onvoorwaardelike oorgawe aan jou pragtige dogters&#8230;vir ander vaders &#8216;n lewensles. Vir my, &#8216;n vriend en kameraad. Ek weier om jou te groet &#8211; ek salueer jou met &#8216;n hart vol trane en &#8216;n siel vol pryslose herinneringe vir die vriend, pa, man, broer, seun en inspirasie wat jy was en steeds bly.&#8221;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Welbekende inwoner van Middelburg is Maandag oorlede, nadat hy vir twee weke kritiek in Midmed Hospitaal se ho\u00ebsorgeenheid behandel is met &#8216;n onbekende virus.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":47630,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Jana Boshoff","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-47629","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/47629","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=47629"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/47629\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/47630"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=47629"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=47629"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=47629"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}