{"id":47569,"date":"2016-04-30T06:00:00","date_gmt":"2016-04-30T04:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/47569\/inwoners-gedreig-met-boetes-tronkstraf\/"},"modified":"2016-05-03T09:57:45","modified_gmt":"2016-05-03T07:57:45","slug":"inwoners-gedreig-met-boetes-tronkstraf","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2016\/04\/30\/inwoners-gedreig-met-boetes-tronkstraf\/","title":{"rendered":"Inwoners gedreig met boetes, tronkstraf"},"content":{"rendered":"<p>\u201cEk stel nie belang in die regering, of die inligting wat hy oor my bestaan probeer inwin om sy houvas te beplan nie,\u201d s\u00ea een ontstoke inwoner wat Sondag \u2019n dreigbrief teen sy hek gekry het.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea daar is Saterdag by hom aangeklop en dat hy die mense die trekpas gegee het.<\/p>\n<p>Sondag was hulle weer terug om die brief op sy hek vas te plak.<\/p>\n<p>Die man is eers DA kantore toe met die brief om te hoor wat hom te doen staan, maar omdat dit \u2019n nasionale opname is, kon geen inligting plaaslik ingewin word deur DA amptenare nie.<\/p>\n<p>Hy is hierna hof toe waar hy die brief aan \u2019n aanklaer gewys het.<\/p>\n<p>\u201cDaar is vir my ges\u00ea dat dit my keuse is of ek wil deelneem of nie, en indien die brief dan so wettig is soos wat Statistieke SA voorgee, moet ek mos persoonlik ontvangs erken, my verweer is nou dat die wind hom weggewaai het,\u201d koggel die man. Hy hou egter voet by stuk en s\u00ea wat in sy huis aangaan, het niks met die regering te doen nie.<\/p>\n<p>Volgens die brief, is almal egter verplig om vir die onderhoudvoerders oop te maak, en alle vrae te beantwoord.<\/p>\n<p>Volgens me. Gloria Montjane, Statistieke SA se Nkangala ko\u00f6rdineerder, het hulle begrip vir inwoners se vrese.<\/p>\n<p>\u201cEk sou self skepties wees as \u2019n vreemdeling aan my deur kom klop, maar die opname is bo verdenking,\u201d s\u00ea sy.<\/p>\n<p>\u201cEn dis beslis nie net die wit gemeenskap wat moeilik is nie, ons kom dit oral tee,\u201d s\u00ea me. Montjane.<\/p>\n<p>Die opname moes reeds die 22ste afgehandel wees, maar omdat links en regs die deure in die onderhoudvoerders toe klap, is dit met nog \u2019n week verleng, tot 6 Mei.<\/p>\n<p>Me. Montjane s\u00ea Statistieke SA se mandaat word vervat in die Statistieke Wet 6 van 1999, waarin gewaarsku word dat boetes van tot R10 000, en gevangenisstraf van tot ses maande opgel\u00ea kan word, vir dwarstrekkers.<\/p>\n<p>Die man is 24-uur gegee om \u2019n opvolg besoek te re\u00ebl met onderhoudvoerders. \u201cHulle kan aan \u2019n ander deur gaan klop,\u201d s\u00ea die man.<\/p>\n<p>Volgens me. Motjane word die hele gemeenskap nie ondervra nie, en het Statistieke SA net hier en daar eiendomme gekies. Komplekse is ook besoek. Die mikpunt is om 1,3 miljoen huishoudings te ondervra.<\/p>\n<p>Die gemeenskapsopname is laas in 2007 gedoen en is \u2019n voorloper tot Sensus 2021.<\/p>\n<p>Die doelwit is om huishoudelike statistieke op plaaslike regeringsvlak by mekaar te maak vir die regering, vir beplanningsdoeleindes.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dis Jan Alleman teen Statistieke Suid-Afrika, en die dreigbriewe wat tans by huise afgelewer word vir mense wat weier om aan die landwye opname deel te neem, help Statistieke SA van die wal af, die sloot in.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":47570,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Gerhard Rheeder","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-47569","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/47569","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=47569"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/47569\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/47570"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=47569"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=47569"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=47569"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}