{"id":46436,"date":"2016-04-11T18:00:00","date_gmt":"2016-04-11T16:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/46436\/kleinkind\/"},"modified":"2016-04-11T15:24:18","modified_gmt":"2016-04-11T13:24:18","slug":"kleinkind","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2016\/04\/11\/kleinkind\/","title":{"rendered":"Video: My Beurt: Tobie van den Bergh"},"content":{"rendered":"<p>En jy wonder: Hoe gaan hulle ooit groot word?<\/p>\n<p>En dan word hulle groot.<\/p>\n<p>En jy word weer klein.<\/p>\n<p>Daar is baie drukkies, soentjies en bederf.<\/p>\n<p>Die woord \u201cnee\u201d verdwyn uit jou woordeskat.<\/p>\n<p>Kuiertyd word die sitkamer \u2019n speelkamer.<\/p>\n<p>Wat by oupa gebeur bly by oupa.<\/p>\n<div class='tie-fluid-width-video-wrapper tie-ignore-fitvid' style='margin-bottom: 30px;'>\n\t\t\t<iframe style='width: 100%; min-height: 300px; aspect-ratio: 16\/9;' src='https:\/\/www.youtube-nocookie.com\/embed\/_v6HuttNOo0' loading='lazy'><\/iframe>\n\t\t<\/div>\n<p>Hulle begin praat. Eers mompelend en dan aanmekaar.<\/p>\n<p>\u201cOupa\u201d word die mooiste woord op aarde.<\/p>\n<p>S\u00ea een oggend op pad skooltoe vanuit die karstoeltjie: \u201cEk wil by my oupa en ouma gaan kuier.\u201d Vra hulle mamma: \u201cHoekom?\u201d Kom die antwoord so spontaan en opreg: \u201cWant ek is lief vir hulle!\u201d<\/p>\n<p>Jy moet daar waar jy in \u2019n hospitaalbed l\u00ea vir \u2019n klein operasietjie hoor: \u201cAg nee oupa, hoekom trek jy \u2019n dogtertjie broekie aan?\u201d<\/p>\n<p>En jy weet Lianke skinder, toe hulle Vrydagaand opdaag en boetie Calvin vra: \u201cWaarom het oupa \u2019n dogtertjie broekie aangetrek?\u201d<\/p>\n<p>(Seker nie so erg soos die ou wat verlede week vertel hy het gedink die groen hospitaal onderbroek is \u2019n mussie nie, tot groot vermaak van die verpleegsters).<\/p>\n<p>Praat jy met sussie oor die selfoon, durf mamma dit nie waag om nie vir boetie ook \u2019n kans te gee nie. Daar word blou moord geskreeu: \u201cEk wil ok met my oupa praat!\u201d<\/p>\n<p>Kersvader moet gereeld gebel word: \u201cEk soek \u2019n trein, \u2019n blou een en sussie \u2019n pienk ene\u201d.<\/p>\n<p>Oupa se aanhoudende koerantlees fassineer hulle: \u201cWaarom lees oupa so baie uit die groot papiere?\u201d.<\/p>\n<p>Later moet jy hoor hulle praat van \u201cOupa koerant\u201d.<\/p>\n<p>Trots sit jy by die eerste skoolkonsert.<\/p>\n<p>Die gordyne gaan oop en vier pare ogies soek na oupa en ouma.<\/p>\n<p>Dan weergalm dit deur die saal: \u201cDaar\u2019s my oupa!\u201d<\/p>\n<p>Ons spuit mekaar nat, ons maak saam vuur, ons eet skelm sweets, ons ry met bootjies op die Dennesig dammetjies, ons eet roomys, ons lag baie.<\/p>\n<p>En ons gaan saam kerk toe.<\/p>\n<p>Sondagoggend staan die nagmaalkelkies voor in die kerk toe ons instap.<\/p>\n<p>Vra die driejarige Calvin: \u201cWanneer drink ons van Liewe Jesus se bloed?\u201d<\/p>\n<p>(Vrydagaand se sitkamer kleinkind chaos kan op www.mobserver.co.za gesien word).<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die wonder van \u2019n kleinkind, x2. Twee bondeltjies wat soos vo\u00ebltjies sonder vere daar l\u00ea.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":35780,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Tobie van den Bergh","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[509,7,2],"tags":[],"class_list":["post-46436","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-editors-note","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/46436","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=46436"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/46436\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/35780"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=46436"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=46436"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=46436"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}