{"id":46208,"date":"2016-04-07T17:00:00","date_gmt":"2016-04-07T15:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/46208\/wat-wou-n-vark\/"},"modified":"2016-04-07T14:55:50","modified_gmt":"2016-04-07T12:55:50","slug":"wat-wou-n-vark","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2016\/04\/07\/wat-wou-n-vark\/","title":{"rendered":"Video: Wat wou &#8216;n vark!"},"content":{"rendered":"<p>Die gesondheidsafdeling het hom verlede Vrydag besoek en ges\u00ea hy moet ontslae raak van sy twee varke, Lily en Babatjie. &#8220;Die bure het gekla oor die vlie\u00eb, maar die bure moet hul erwe skoon hou en die vlie\u00eb in hul eie erf hou!&#8221; het mnr. Viljoen uitgeroep.<\/p>\n<p>Hy was sowat drie jaar gelede ook in die nuus toe bure gekla het omdat hy soveel diere op sy erf aangehou het. Daar was slange, hoenders, ganse, &#8216;n paar varke, vo\u00ebls, honde en selfs &#8216;n papegaai.<\/p>\n<p>Die Viljoens het van die meeste van die diere ontslae geraak toe hulle &#8216;n ruk uit die dorp was. Lily en Babatjie het egter oral saamgegaan. &#8220;Hulle is dan in ons kamer gebore!&#8221;<\/p>\n<p>Die varke reageer net soos enige troeteldier wanneer mnr. Viljoen iets lekkers uit sy sak haal. Lily gaan sit plat op haar boude, gee &#8216;n &#8220;oink&#8221; en vat &#8216;n lekkerny versigtig uit mnr. Viljoen se mond.<\/p>\n<div class='tie-fluid-width-video-wrapper tie-ignore-fitvid' style='margin-bottom: 30px;'>\n\t\t\t<iframe style='width: 100%; min-height: 300px; aspect-ratio: 16\/9;' src='https:\/\/www.youtube-nocookie.com\/embed\/pYrqxGHyuos' loading='lazy'><\/iframe>\n\t\t<\/div>\n<p>Net &#8216;n paar tre\u00eb verder staan Babatjie en eet van &#8216;n vurk af stukkies brood wat mnr. Viljoen se vrou, Marinda, vir hom gee.<\/p>\n<p>&#8220;Die gesondheidsafdeling s\u00ea ek moet &#8216;n plaas kry as ek die varke wil hou. Gaan hulle vir my die plaas gee? Gaan hulle optree teen \u00e1l die mense in ons dorp wat varke by hul huise aanhou? Die stadsraad maak nie eers die stukkende verkeerslig in Meyerstraat of die slaggate in ons dorp reg nie, maar nou wil hulle my kom moeilikheid gee oor my troeteldiere!&#8221;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die bure s\u00ea die vlie\u00eb pla, maar Dirk Viljoen s\u00ea sy twee varke gaan n\u00earens, want hulle is soos kinders in sy huis!<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":46209,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-46208","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/46208","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=46208"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/46208\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/46209"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=46208"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=46208"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=46208"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}