{"id":45173,"date":"2016-03-17T12:00:00","date_gmt":"2016-03-17T10:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/45173\/jan-hendrik-van-der-westhuizen-stel-sy-tweede-boek-bekend\/"},"modified":"2016-03-18T12:09:24","modified_gmt":"2016-03-18T10:09:24","slug":"jan-hendrik-van-der-westhuizen-stel-sy-tweede-boek-bekend","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2016\/03\/17\/jan-hendrik-van-der-westhuizen-stel-sy-tweede-boek-bekend\/","title":{"rendered":"Jan-Hendrik van der Westhuizen stel sy tweede boek bekend"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"line-height: 1.5\">By di\u00e9 stylvolle oggendfunksie, het Jan-Hendrik sy Franse kosverhaal gedeel by die Cabbage and Rose Country Venue by Glen Cullen Estate.<\/span><\/p>\n<p>Hy het die mense aan sy lippe laat hang terwyl hy sy kosreis, van mieliessmous tot Michelin-ster, vertel het.<\/p>\n<p>Jan-Hendrik is baie nederig en vergeet nie waar hy vandaan kom nie.<\/p>\n<p>\u201cDaar is iets in Middelburg se water, want hier kom n\u00e9t goeie mense uit hierdie dorp. Hier sit vanm\u00f4re mense wat blompotte, wat ek uit ou uitlaatpype gesweis het, by my gekoop het toe ek klein was. Selfs van my onderwysers is hier om hierdie spesiale dag saam met my te vier. Die ondersteuning van Middelburg is ongelooflik.\u201d<\/p>\n<p>Hy het ook tyd gehad vir elke liewe persoon (en daar was baie) wat \u2019n foto wou neem, \u2019n vragie wou vra of sommer net \u2019n geselsie wou aanknoop.<\/p>\n<p>Jan-Hendrik het vertel hoe JAN, sy restaurant in Nice, Frankryk, begin het en deur al die groeipyne geworstel het om die eersteklas restaurant te wees wat dit vandag is.<\/p>\n<p>\u201cEk was \u2019n persoonlike sjef op \u2019n boot vir \u2019n Sweedse gesin. Die man het my toe genader en ges\u00ea dat ek my kos met die w\u00eareld moet deel. Hy het ingestem om my vennoot te word en s\u00f3 het die idee van JAN begin.\u201d<\/p>\n<p>Alles het egter nie so vlot verloop nie en \u2019n paar struikelblokke het oor sy pad gekom.<\/p>\n<p>\u201cNet voor ons die kontrak moes teken, het my vennoot kop uitgetrek. Ek\u2019t besef dat dit nou of nooit is en het gelukkig \u2019n ander vennoot gekry. Die Franse is baie streng en die bouers nie vreeslik betroubaar nie. N\u00e1 \u2019n groot gesukkel, het JAN uiteindelik oopgemaak.\u201d<\/p>\n<p>Met die openingsaand het dinge egter ook nie t\u00e9 vlot verloop nie.<\/p>\n<p>\u201cDie taalgrens het dinge bemoeilik en my bestellings was gedurig verkeerd interpreteer &#8211; lewendige eende in plaas van kwartels het opgedaag of in plaas van spek, is daar \u2019n hele vark, pens en pootjies in die lug, afgelewer. Die krag het ook kort-kort afgegaan. Ek het die bottel mampoer, wat my Pa vir my saamgestuur het, na die badkamer gevat en daar moed geskep om deur die aand te kom.\u201d<\/p>\n<p>Nodeloos om te s\u00ea, het hy die aand oorleef, maar toe besluit om eerder sy personeel in te voer van Suid-Afrika af.<\/p>\n<p>\u201cDit was \u2019n gesukkel omdat die Franse wou weet waarom ek nie Franse aanstel nie. Ek\u2019t eenvoudig my vereistes vir die poste verduidelik: die persone moet Afrikaans kan praat en Suid-Afrikaans kan kook. Die lys van kandidate het onmiddellik van 200 000 na nul gesak. Ek kon toe boeremense aanstel en JAN het soos \u2019n goed geoliede masjien gefunksioneer.\u201d<\/p>\n<p>Die restaurant is agt maande n\u00e1 die opening in 2013 reeds in die Michelin Guide genoem en Jan-Hendrik het besef dat hy iets spesiaal beet het.<\/p>\n<p>\u201cJAN is in 2015 as een van die w\u00eareld se 15 beste opkomende restaurante aangekondig deur Conde Nast Traveller en ek en my span het geweet dat ons harde werk besig is om af te betaal.\u201d<\/p>\n<p>Die aand toe die Michelin-ster aan hom toegeken is, het hy eers nie sy foon geantwoord nie.<\/p>\n<p>\u201cEen van my personeellede het aanhoudend vir my ges\u00ea dat ek \u2019n dringende oproep het, maar ek was besig om te werk. Ek\u2019t op my foon gekyk of my familie en vriende almal nog reg is, en toe aangegaan. Ek\u2019t eers op pad huis toe, in die vroe\u00eb oggendure, gedink om tog maar die nommer te bel, want dalk is dit my buurman wat weer oor die vullis wil kla.\u201d<\/p>\n<p>Dit was nie toe sy buurman nie, maar Michelin wat hom gelukwens met sy Michelin-ster.<\/p>\n<p>Hy mag egter eers oor twee dae, n\u00e1 die mediabekendstelling, mense in kennis gestel het van sy prestasie.<\/p>\n<p>\u201cEk het onmiddellik 30 mense gebel en laat belowe om niemand anders te vertel nie. Hoe hou mens sulke tipe nuus vir jouself vir twee dae lank!\u201d<\/p>\n<p>Jan-Hendrik het sy praatjie afgesluit met bemoedigende woorde wat getuig van die tipe mens wat hy is.<\/p>\n<p>\u201cElke keer as iets skeef loop, s\u00ea ek net vir myself dat dit maar n\u00e9t \u2019n restaurant is, dit maar n\u00e9t kos is. Ek s\u00ea \u2019n gebedjie op, drink \u2019n wyntjie en weet dat alles fine sal wees. Jy moet weet en glo dat jy in staat is tot enigiets. Met harde werk k\u00e1n jy dit doen wat jy wil.\u201d<\/p>\n<p>\u2022 Gaan na www.mobserver.co.za om die bekendstellingsvideo van Jan-Hendrik se nuwe boek, JAN, my Franse kosverhaal, te sien.<\/p>\n<p>\u2022 Besoek gerus sy webblaaie by www.janhendrik.com en www.restaurantjan.com of volg hom op Facebook: JAN HENDRIK of op Instagram: JANHENDRIK2016.<\/p>\n<div id='gallery-1' class='gallery galleryid-45173 gallery-columns-3 gallery-size-thumbnail'><figure class='gallery-item'>\n\t\t\t<div class='gallery-icon landscape'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2016\/03\/17\/jan-hendrik-van-der-westhuizen-stel-sy-tweede-boek-bekend\/attachment\/img_8185_76673\/'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"270\" height=\"203\" src=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/03\/IMG_8185_76673-270x203.jpg\" class=\"attachment-thumbnail size-thumbnail\" alt=\"\" aria-describedby=\"gallery-1-45175\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/03\/IMG_8185_76673-270x203.jpg 270w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/03\/IMG_8185_76673-520x390.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/03\/IMG_8185_76673.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 270px) 100vw, 270px\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<figcaption class='wp-caption-text gallery-caption' id='gallery-1-45175'>\n\t\t\t\tJan-Hendrik van der Westhuizen saam met sy familie by sy tweede boek, JAN, my Franse kosverhaal, se bekendstelling: Me. Rindie van der Westhuizen, Mia van der Westhuizen, mnr. Boet van der Westhuizen, Jan-Hendrik van der Westhuizen, mev. Hessie van der Westhuizen, Jandr\u00e9 van der Westhuizen, mev. Hessie Ferreira en mnr. Jan Ferreira.\n\t\t\t\t<\/figcaption><\/figure><figure class='gallery-item'>\n\t\t\t<div class='gallery-icon landscape'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2016\/03\/17\/jan-hendrik-van-der-westhuizen-stel-sy-tweede-boek-bekend\/attachment\/img_8127_10731\/'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"270\" height=\"203\" src=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/03\/IMG_8127_10731-270x203.jpg\" class=\"attachment-thumbnail size-thumbnail\" alt=\"\" aria-describedby=\"gallery-1-45176\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/03\/IMG_8127_10731-270x203.jpg 270w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/03\/IMG_8127_10731-520x390.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/03\/IMG_8127_10731.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 270px) 100vw, 270px\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<figcaption class='wp-caption-text gallery-caption' id='gallery-1-45176'>\n\t\t\t\tMee. Lynette Zaayman en Elani Engelbrecht geniet vonkelwyn by Jan-Hendrik van der Westhuizen se boekbekendstelling.\n\t\t\t\t<\/figcaption><\/figure><figure class='gallery-item'>\n\t\t\t<div class='gallery-icon landscape'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2016\/03\/17\/jan-hendrik-van-der-westhuizen-stel-sy-tweede-boek-bekend\/attachment\/img_8138_94609\/'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"270\" height=\"203\" src=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/03\/IMG_8138_94609-270x203.jpg\" class=\"attachment-thumbnail size-thumbnail\" alt=\"\" aria-describedby=\"gallery-1-45177\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/03\/IMG_8138_94609-270x203.jpg 270w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/03\/IMG_8138_94609-520x390.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/03\/IMG_8138_94609.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 270px) 100vw, 270px\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<figcaption class='wp-caption-text gallery-caption' id='gallery-1-45177'>\n\t\t\t\tMee. Alet Robinson, Ans Kinner en Erna Pretorius geniet die heerlike kos by die spoggeleentheid.\n\t\t\t\t<\/figcaption><\/figure>\n\t\t<\/div>\n\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die eerste Suid-Afrikaner wat \u2019n Michelin-ster ontvang het, Jan-Hendrik van der Westhuizen, het sy tweede boek, JAN, my Franse kosverhaal, in Middelburg bekendgestel.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":45174,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Annie van Zyl","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-45173","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/45173","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=45173"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/45173\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/45174"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=45173"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=45173"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=45173"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}