{"id":44540,"date":"2016-03-16T08:00:00","date_gmt":"2016-03-16T06:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/44540\/therese-n-semi-finalis-vir-mev-sa\/"},"modified":"2016-03-16T08:55:02","modified_gmt":"2016-03-16T06:55:02","slug":"therese-n-semi-finalis-vir-mev-sa","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2016\/03\/16\/therese-n-semi-finalis-vir-mev-sa\/","title":{"rendered":"Therese \u2019n semi-finalis vir mev. SA"},"content":{"rendered":"<p>Die Schwarzkopf Professional Mrs South Africa het die Top 100 semi-finaliste aangewys uit \u2019n rekord getal inskrywings wat ontvang is.<\/p>\n<p>Die Top 25 finaliste gaan meeding om die kroon tydens \u2019n \u2019n spoggeleentheid op 21 Oktober by Emperors Palace.<\/p>\n<p>Therese is \u2019n Middelburger vanaf 2010 en is getroud met Bosman Grobler. Therese, \u2019n praktiserende Mediese Ortotis\/Prostetis en eienaar van Grobler Ortotiste s\u00ea: \u201cMy doelgerigte lewe het gelei tot die inskrywing vir die kompetisie.<\/p>\n<p>\u201cEk het een aand in 2013 wakker geword van \u2019n droom oor die Olimpiese Spele en \u2019n kroon. Die eerste gedagte was om die Olimpiese Spele in 2016 in Rio Janeiro, Brasili\u00eb, te gaan bywoon, maar as gevolg van die dalende rand moes ek fokus op die kroon. Al wat dit kon beteken was dat ek die Schwarzkopf Professional Mrs South Africa kroon myne moet maak.\u201d<\/p>\n<p>Die wenner van die Schwarzkopf Professional Mrs South Africa kompetisie is \u2019n suksesvolle vrou met \u2019n sterk persoonlikheid. Sy is ook welbesproke en intelligent.<\/p>\n<p>Sy leef \u2019n gesonde leefstyl en is gemaklik in haar eie lyf. Sy is nie net \u2019n mooi gesiggie nie, maar is hardwerkend, goed versorg en \u2019n rolmodel vir enige vrou in Suid-Afrika.<\/p>\n<p>Gedurende die volgende paar weke behels die kompetisie dat die semi-finaliste deelneem aan \u2019n sosiale mediaveldtog, borgskappe, modellering in swemdrag, asook \u2019n onderhoud.<\/p>\n<p>Op 29 April, word die Top 25 finaliste aangekondig gedurende \u2019n prestige gala dinee wat by Emperors Palace ten bate van Kansa (Kankervereniging van Suid-Afrika) aangebied word.<\/p>\n<p>By hierdie geleentheid is die semi-finaliste gasvroue vir \u2019n tafel wat verkoop word ten bate van Kansa.<\/p>\n<p>Die gekroonde Schwarzkopf Professional Mrs South Africa sal \u2019n ambassadeur vir Suid- Afrika en al die borge wees.<\/p>\n<p>Therese het \u2019n program geloods wat die belangrikheid van gesond leef benadruk. Die program se visie is om groentetuine in gemeenskappe te vestig, om sodoende \u2019n nutrientryke die\u00ebt te bevorder.<\/p>\n<p>Hierdie tuine word deur die gemeenskap self bewerk en onderhou, en die produk word ook deur die gemeenskap self gebruik en\/of verkoop..<\/p>\n<p>Stem vir Therese deur die volgende stappe te volg:<\/p>\n<p>\u2022.Gaan \u201clike\u201d die Mrs South Africa blad op Facebook.<\/p>\n<p>\u2022 Op die album van die Top 100 semi-finaliste, soek Therese se foto (nommer 87)<\/p>\n<p>\u2022 Klik op die foto, en \u201clike\u201d die foto.<\/p>\n<p>\u2022 Deel met vriende en familie sodat hulle ook kan stem.<\/p>\n<p>Die semi-finalis met die meeste stemme op Facebook gaan outomaties deur na die Top 25 Finaliste. Elke stem tel.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Plaaslike skoonheid, Therese Grobler, is aangewys as een van die 100 semi-finalste in die Mev. SA kompetisie.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":44541,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[2704,2681,7,2],"tags":[],"class_list":["post-44540","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-entertainment-news","category-lifestyle-news","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"Lifestyle","SubCategory":"Entertainment"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/44540","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=44540"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/44540\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/44541"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=44540"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=44540"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=44540"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}