{"id":43832,"date":"2016-02-26T12:51:57","date_gmt":"2016-02-26T10:51:57","guid":{"rendered":"http:\/\/mobserver.co.za\/?p=43832"},"modified":"2016-02-26T12:52:54","modified_gmt":"2016-02-26T10:52:54","slug":"vermeende-rower-en-kaartkloner-vas","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2016\/02\/26\/vermeende-rower-en-kaartkloner-vas\/","title":{"rendered":"Vermeende rower en kaartkloner vas"},"content":{"rendered":"<p>Daar is die eerste keer van \u2019n BMW melding gemaak tydens \u2019n rooftog vroeg in Februarie in Groblersdal. Hiertydens het drie gewapende booswigte by die Vodacom winkel ingestorm en selfone ge\u00ebis.<\/p>\n<p>Daardie selfde week, op 12 Februarie, trek \u2019n swart BMW in by die Engen Motorhawe in Kanonkop en gooi R1 400 se brandstof in.<\/p>\n<p>Kort nadat die BMW vertrek het, word mnr. Christo de Ridder (Kanonkop Engen) gekontak deur \u2019n mnr. Hennie Venter van Garsfontein wat s\u00ea dat daar \u2019n transaksie by hom afgegaan het en hy is nie naby Middelburg nie!<\/p>\n<p>Almal het dadelik besef dat die bestuurder van die BMW mnr. Venter se kaart gekloon het! Interessant om te meld dat die verdagte met \u2019n FNB-kaart betaal het, maar dat mnr. Venter \u2019n kli\u00ebt van Absa is.<\/p>\n<p>Al radiogroepe, asook GPF-sektore was die nag op die uitkyk vir die voertuig, maar hy het soos \u2019n groot speld verdwyn.<\/p>\n<p>Mnr. Louwrens du Plessis (van Specialized Protection Group) is lid van Zello 911 Middelburg en het dieselfde aand nog vir sy sekuriteitsbeamptes gevra om op die uitkyk te wees vir die voertuig.<\/p>\n<p>Die aand van 19 Februarie het van sy sekuriteitspersoneel van Ultra City (Wes, eMalahleni se rigting) hom laat weet dat hulle die swart BMW opgemerk het. Die insittendes, twee mans, het uitgeklim en iets gekoop in die geriefswinkel.<\/p>\n<p>Die bestuurder wou brandstof ingooi, maar hy het daarteen besluit en weggery.<\/p>\n<p>Mnr. Du Plessis en sy span het dadelik reageer en die area gefynkam en die aand ook patrollies in die dorp gery om te kyk of hulle nie die voertuig opmerk nie. Laatnag het mnr. Du Plessis en sy seun, Gerdus die voertuig opgemerk by die Shell Motorhawe in Walter Sisulu.<\/p>\n<p>Hulle het dadelik die polisie gebel, waarop die bestuurder van die voertuig gearresteer is. Sy passasier, wat vroe\u00ebr die aand in die voertuig was, was nie my by hom nie en hulle vermoed dat hy hom iewers afgelaai het.<\/p>\n<p>\u2022 Themba Seun Nkosi (33, van Mhluzi) het in Middelburg in die hof verskyn op \u2019n klagte van bedrog na aanleiding van die gekloonde kaart. Borg van R2 000 is toegestaan.<\/p>\n<p>\u2022 Op navraag deur die Daller joernalis, Janine van Staden, aan die hof op Groblersdal of hy op die roofklagte verskyn het, het hulle gemeld dat hy nie daar verskyn het nie.<\/p>\n<p>Dit is op hierdie stadium ook nie duidelik of Nkosi al aangekla is op die klagte van bedrog wat mnr. Venter geopen het nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die bestuurder van \u2019m BMW wat positief verbind word met \u2019n rooftog in Groblersdal en die gebruik van \u2019n gekloonde kaart in Middelburg, is deur die blitsige optrede van \u2019n gespesialiseerde sekuriteitsfirma vasgetrek.<\/p>\n","protected":false},"author":2844,"featured_media":43833,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-43832","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/43832","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2844"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=43832"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/43832\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/43833"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=43832"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=43832"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=43832"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}