{"id":43823,"date":"2016-02-28T07:38:27","date_gmt":"2016-02-28T05:38:27","guid":{"rendered":"http:\/\/mobserver.co.za\/?p=43823"},"modified":"2016-03-03T08:45:26","modified_gmt":"2016-03-03T06:45:26","slug":"43823","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2016\/02\/28\/43823\/","title":{"rendered":"Kaptein het meisie afgelaai"},"content":{"rendered":"<p>Kapt. Awie Geldenhuys het onomwonde erken dat hy die meisie voor die huis afgelaai het, \u201cmaar dat sy self uit sy voertuig geklim en na die hek aangestap het\u201d. Hy s\u00ea sy wou nie dat hy saamloop nie omdat sy \u201cnie die huismense wou wakker maak nie.\u201d<\/p>\n<p>Sy is kort voor 05:00 deur \u2019n fietsryer op die sypaadjie gekry. \u201cDit was verskriklik. Sy het agter die vullissakke gel\u00ea wat die munisipaliteit nie kom haal het nie. Sy was vas aan die slaap.\u201d<\/p>\n<p>www.mobserver.co.za het die familie opgespoor en hulle het op voorwaarde dat hul name nie genoem word nie, met die joernalis gepraat.<\/p>\n<p>Die koerant het self ook na videomateriaal gaan kyk by <a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/43652\/video-ondersoek-na-meisie-langs-pad\/\" target=\"_blank\">Amazons Restaurant<\/a> om te sien wat die Woensdagaand in die kuierplek gebeur het, waar sy was voordat die kaptein haar afgelaai het.<\/p>\n<p>Sy het omstreeks 23:00 by die restaurant aangekom en saam met \u2019n groep jongmense gekuier.<\/p>\n<p>Daar kan gesien word dat sy slegs twee drankies drink. Later het sy egter nog \u2019n paar slukke van vriende en vriendinne se drankies geneem.<\/p>\n<p>Kapt. Geldenhuys het middernag opgedaag. Hy het die meisie duidelik geken, want haar \u2019n paar keer drukkies gegee en ook twee keer piksoene.<\/p>\n<p>Haar vriende het omstreeks 01:30 vertrek, waarna sy saam met kapt. Geldenhuys, na wie sy as die \u201cpolisie-oom\u201d verwys, en nog \u2019n onbekende man, by die kroeg gaan staan het.<\/p>\n<p>Sy het \u2019n drankie saam met hulle gedrink en is daarna na die badkamer.<\/p>\n<p>Die onbekende man het ook vertrek en kapt. Geldenhuys het alleen agtergebly en duidelik vir die meisie gewag. Hy het drie keer na die badkamer gegaan om haar te roep.<\/p>\n<p>Toe sy uit die badkamer kom, was sy onvas op haar voete en het teen die trappie afgestruikel. Kapt. Geldenhuys het sy rug op haar gedraai sodat kan opklim, waarna hy haar uitgedra het.<\/p>\n<p>Hy het haar in sy voertuig gelaai en met haar na \u2019n huis gery, waar daar, volgens die meisie, \u2019n vrou uitgekom het wat vir haar \u2019n klein wit pilletjie gegee het.<\/p>\n<p>Sy weet dat hulle weer begin ry het, maar dat sy kort daarna niks kon onthou nie.<\/p>\n<p>Die meisie is die volgende oggend deur die fietsryer gevind. <a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/43652\/video-ondersoek-na-meisie-langs-pad\/\" target=\"_blank\">Sy was bebloed<\/a> en haar ken en hande was stukkend.<br \/>\nKapt. Geldenhuys het by navraag geweet van haar besering en ges\u00ea hy dink sy het geval buite by die voertuig toe hulle uit is by Amazons.<\/p>\n<p>Die meisie se pa het verskeie vrae waarop hy antwoorde soek, soos waarom die kaptein nie sy dogter veilig by hom besorg het nie en hoekom hy sy kind net daar op die sypaadjie gelos het. Hy wil ook graag weet watter pilletjie vir sy kind gegee is.<\/p>\n<p>Die familie het tot op hede geen formele klagtes by die polisie aanhangig gemaak nie.<\/p>\n<p>Kapt. Geldenhuys wou geen kommentaar lewer op haar bewering dat hy vir haar \u2019n pilletjie gegee het nie.<\/p>\n<p>\u2022 Sedert 2007 het ten minste vyf vroue aantygings teenoor kapt. Geldenhuys gemaak. Hy is nooit skuldig bevind aan enige van die klagtes nie.<\/p>\n<p>In 2011 het twee vroue beweer dat hy een onder andere verkrag het, nadat hulle van \u2019n kuierplek afgekom het. Hy departementeel in 2012 aangekla en afbetaal. Hy is egter weer heraangestel en die strafregtelike saak is van die hofrol gehaal.<\/p>\n<p>\u2022Sedert die eerste berigte oor die voorval, is <a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/43652\/video-ondersoek-na-meisie-langs-pad\/\" target=\"_blank\">www.mobserver.co.za<\/a> oorval met talle nuwe bewerings. Enige persoon met verdere inligting kan dit stuur na daleen@mobserver.co.za. Inligting sal vertroulik hanteer word.<\/p>\n<p>Lees vorige storie hier:<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/43652\/video-ondersoek-na-meisie-langs-pad\/\" target=\"_blank\">Video: Ondersoek na meisie langs pad<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/43258\/vrou-langs-pad-gekry\/\" target=\"_blank\">Vrou langs pad gekry<\/a><\/p>\n<p>Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/MiddelburgObserver\" target=\"_blank\">Facebook<\/a> and <a href=\"https:\/\/twitter.com\/MOBSERV\" target=\"_blank\">Twitter<\/a> <a href=\"https:\/\/twitter.com\/MOBSERV\" target=\"_blank\">@Mobserv<\/a> to receive your free daily news updates.<\/p>\n<p>Also check out our <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">Video\u2019s<\/a> on <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">Youtube<\/a> daily!<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Kaptein van die eMalahleni Polisie het erken dat hy die meisie wat verlede week en Donderdagaand in \u2019n diep slaap voor \u2019n huis gevind is, daar afgelaai het.<\/p>\n","protected":false},"author":2844,"featured_media":43824,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-43823","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/43823","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2844"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=43823"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/43823\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/43824"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=43823"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=43823"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=43823"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}