{"id":41513,"date":"2016-01-23T07:00:00","date_gmt":"2016-01-23T05:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/41513\/stonehouse-se-japannese-wolwe\/"},"modified":"2016-01-22T16:04:39","modified_gmt":"2016-01-22T14:04:39","slug":"stonehouse-se-japannese-wolwe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2016\/01\/23\/stonehouse-se-japannese-wolwe\/","title":{"rendered":"Stonehouse se Japannese wolwe"},"content":{"rendered":"<p>N\u00f3\u00fa is die Suid-Afrikaanse breier ook besig om sy stempel in Japan af te druk, waar sy Toshiba Brave Lupus die naweek in die eindstryd van die LIXIL-beker speel.<\/p>\n<p>Toshiba pak Sondag vir Panasonic, na hulle 34-22 met Yamaha Jubilo in die halfeindstryd klaargespeel het.<\/p>\n<p>Hoewel Panasonic deur die oud-afrigter van die Wallabies, Robbie Deans, afgerig word \u00e9n vir die afgelope drie jaar die ligakampioenspan is, is Stonehouse &#8211; soos altyd &#8211; optimisties oor sy span se vermo\u00eb om op die groot verhoog te presteer.<\/p>\n<p>&#8220;Hulle is beslis die gunstelinge en Toshiba was in 2010 laas in die Top Liga-finaal, maar in &#8216;n eindstryd kan enige iets gebeur en ek glo ons het &#8216;n baie goeie kans,&#8221; laat weet hy Donderdagoggend vanuit Japan.<\/p>\n<p>Stonehouse beskik oor genoeg talent in sy span. Frans Steyn speel vir Toshiba, terwyl die Nieu-Seelandse blits, Richard Kahui, &#8216;n driekuns van drie\u00eb in hul halfeindstrydsege gedruk het.<\/p>\n<p>En waar hy vantevore met gr\u00f3\u00f3t voorspelers soos Ronnie Uys en kie in Suid-Afrika gewerk het, is hy meer as tevrede met die Japanners se moed.<\/p>\n<p>&#8220;Dit is &#8216;n wanpersepsie dat rugbyspelers in Japan kleiner is, hulle is egter wel korter en dus word jou lynstaanspel aangepas. Toshiba se speelstyl het baie ooreenkomste met di\u00e9 van die Pumas.&#8221;<\/p>\n<p>So van die Pumas gepraat, Stonehouse sal altyd &#8216;n sagte plek in sy hart vir di\u00e9 span h\u00ea en hy hou nog gereeld hul vordering dop.<\/p>\n<p>&#8220;Hein Mentz (uniepresident) het my die geleentheid gegee om &#8216;n loopbaan te begin en die Pumas was as&#8217;t ware my baba. Daar was baie rolspelers, maar veral Marius van Rensburg (spanbestuurder) en Corn\u00e9 Steenkamp (kaptein in Stonehouse se era) het &#8216;n ongelooflike passie vir die span. Om die Vodacombeker te wen was my nooit beskore nie en ek was veral bly toe MJ (Mentz) dit reggekry het. Ek glo hy gaan nog as afrigter groot hoogtes bereik.&#8221;<\/p>\n<p>Volgens Stonehouse is die taalverskil die grootste aanpassing ten opsigte van sy afrigtingswerk en -styl in Japan.<\/p>\n<p>&#8220;Soms gee die vertaler die verkeerde inligting deur en dan verstaan die Japanese afrigters nie wat ek s\u00ea nie.&#8221;<\/p>\n<p>Die weer verskil ook hemelsbreed van sonnige Suid-Afrika.<\/p>\n<p>&#8220;Elke land het sy seisoene. Dit was byvoorbeeld twee maande gelede 35\u00b0C hier en nou het die kwik na -8\u00b0C gedaal! Dit het Maandag gesneeu en dit lyk of dit Saterdag w\u00e9\u00e9r kan. Maar &#8216;n stootskraper is gebruik om die sneeu van die veld te skraap en die voorbereiding vir die finaal is gedoen.&#8221;<\/p>\n<p>Wat mis Stonehouse die meeste van Suid-Afrika?<\/p>\n<p>Wel, dit is maklik: sy taal, sy mense, sy familie \u00e9n sy kos.<\/p>\n<p>En Suid-Afrikaanse rugbyliefhebbers mis Stonehouse dalk nog meer.<\/p>\n<p>\u2022 &#8216;n Paar Stonehouse-s\u00eagoed:<\/p>\n<p>* Is hy al vaardig om met twee stokkies te eet?<\/p>\n<p>&#8220;Ja dit is eintlik maklik, jy moet net oefen. Op hierdie stadium lyk dit of ek met chopstix in die hand gebore is!&#8221;<\/p>\n<p>* Was hy verbaas toe Japan vir die Springbokke in hul openingswedstryd by die 2015 W\u00eareldbeker ore aansit?<\/p>\n<p>&#8220;Na ek hier begin afrig het, het ek geweet Japan se passie en werketiek is hoog, maar ek het nooit gedink ons sou verloor nie. Maar toe ons nie drie beskikbare punte van strafskoppe neem nie, was ek bekommerd.&#8221;<\/p>\n<p>* Oefen hy nog gereeld?<\/p>\n<p>&#8220;Ja en ook gereeld saam met die spelers om s\u00f3 &#8216;n bietjie spangees te bou.&#8221;<\/p>\n<p>\u2022 Van die Suid-Afrikaanse spelers in Japan: JP Pietersen, Fourie du Preez, Schalk Burger, Steyn, Eben Etzebeth, Handr\u00e9 Pollard, Jesse Kriel en Jacques Fourie. Daar is altesaam 19 Suid-Afrikaanse spelers, 17 Wallabies en 18 All Blacks wat hul heil in Japan gaan soek het.<\/p>\n<p>\u2022 Toshiba en Panasonic het 17-17 in hul ligakragmeting gelykop gespeel.<\/p>\n<p>\u2022 Lupus is die Latynse woord vir &#8220;wolf&#8221;.<\/p>\n<div id='gallery-1' class='gallery galleryid-41513 gallery-columns-3 gallery-size-thumbnail'><figure class='gallery-item'>\n\t\t\t<div class='gallery-icon landscape'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2016\/01\/23\/stonehouse-se-japannese-wolwe\/attachment\/frans1_54303\/'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"270\" height=\"203\" src=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/01\/frans1_54303-270x203.jpg\" class=\"attachment-thumbnail size-thumbnail\" alt=\"\" aria-describedby=\"gallery-1-41515\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/01\/frans1_54303-270x203.jpg 270w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/01\/frans1_54303-520x390.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2016\/01\/frans1_54303.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 270px) 100vw, 270px\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<figcaption class='wp-caption-text gallery-caption' id='gallery-1-41515'>\n\t\t\t\tFrans Steyn is een van die sterre in Stonehouse se groep.\n\t\t\t\t<\/figcaption><\/figure>\n\t\t<\/div>\n\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Onder Jimmy Stonehouse se leiding het die Pumas van krag tot krag op die plaaslike rugbytoneel gegaan.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":41514,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Johann Gresse","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[2887,7,11,2,2886],"tags":[],"class_list":["post-41513","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-general-sport","category-local-news","category-local-sports","category-news-headlines","category-sports-news"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/41513","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=41513"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/41513\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/41514"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=41513"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=41513"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=41513"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}