{"id":41119,"date":"2016-01-18T13:01:31","date_gmt":"2016-01-18T11:01:31","guid":{"rendered":"http:\/\/mobserver.co.za\/?p=41119"},"modified":"2016-01-18T13:01:31","modified_gmt":"2016-01-18T11:01:31","slug":"oupa-jan-se-gift","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2016\/01\/18\/oupa-jan-se-gift\/","title":{"rendered":"Oupa Jan se Gift"},"content":{"rendered":"<p>Beide mans is boere en beide Afrikaans. Wat hulle nog in gemeen het is hul liefde vir die Here, en die toorn van rassiste.<\/p>\n<p>Mnr. Jan de Beer, &#8216;n stoere Afrikaner boer van 73-jaar, se &#8220;aanneemseun&#8221; Gift, het trots op sy &#8220;oupa&#8221; se skoot gesit Woensdag in Laerskool Dennesig se skoolsaal, waar hoof, mnr. Hannes Brits, die nuwelinge verwelkom het.<\/p>\n<p>Mnr. De Beer s\u00ea Gift was net ses weke oud toe sy ouma, Selina, met hom by hulle huis in Steve Bikostraat opdaag.<\/p>\n<p>&#8220;Sy ma was werkloos en Selina moes vir hom sorg, haar ultimatum was dat sy hom of saambring, of tuis in Doornkop grootmaak,&#8221; s\u00ea me. Elmaleine de Beer.<\/p>\n<p>&#8220;Sy werk al 25-jaar vir ons, sy&#8217;s my suster, daar was geen keuse om te maak nie.&#8221;<\/p>\n<p>Sedertdien slaap beide Selina en Gift by Jan en Elmaleine in die huis, en soms skrop Gift selfs nes tussen die paartjie in hul bed.<\/p>\n<p>Die De Beers betaal alles vir Gift, van skoolfonds en mediese dekking tot kos en klere, maar hul liefde vir hom is die grootste geskenk.<\/p>\n<p>&#8220;Ons weet dat Gift &#8216;n verskil in ander se lewens gaan maak, omdat ons &#8216;n verskil in sy lewe gemaak het,&#8221; s\u00ea Elmaleine.<\/p>\n<p>&#8220;Ja ons kry kyke en daar word opmerkings gemaak, maar hy is ons seun en baie manne het al met rooi gesigte moes wegloop want ek sit hulle op hul plekke,&#8221; s\u00ea mnr. De Beer.<\/p>\n<p>&#8220;Maar dis nie almal nie, toe ons nou op vakansie was het ons wel &#8216;n kykie of twee gekry van manne met groot baarde, tot hulle gehoor het Gift praat Afrikaans, toe wil ons net gesels.&#8221; By die Gereformeerde kerk waar Gift saam met hulle kerk toe gaan, lyk dinge baie anders en word die bulletjie met ope arms verwelkom.<\/p>\n<p>Hulle het hom wel in &#8216;n Engelse klassie ingeskryf sodat hy drietalig kan wees, &#8220;hy praat Zoeloe, Afrikaans en nou gaan hy ook Engels baasraak,&#8221; verduidelik Elmaleine terwyl mnr. De Beer sit en hande vryf vir sy eerste Graad 1 oueraand.<\/p>\n<p>\u2022 Danie Venter, Afrikaner krokodilboer, het Woensdag ook sy seun, Joshua, by sy nuwe skool, Laerskool C.R Swart, gaan inskryf.<\/p>\n<p>Danie en sy vrou Rosemarie het klein Joshua op 18-maande met behulp van Umephi Babahuis aangeneem.<br \/>\nDie Venters is beleidende Christene en hul familiefoto&#8217;s op Facebook spreek van die onvoorwaardelike liefde wat hulle vir hul twee seuns het.<\/p>\n<p>&#8220;Hy praat Afrikaans en is in &#8216;n Afrikaanse klassie,&#8221; s\u00ea Rosemarie oor haar &#8220;grootseun&#8221;.<\/p>\n<p>In &#8216;n hartroerende Facebook plasing het sy Woensdag geskryf: &#8220;Wat &#8216;n voorreg is dit, dankie Jesus Christus dat ons hierdie bulletjie van ons vandag grootskool toe kan vat, dankie vir wie hy is en dat hy elke dag U vir die w\u00eareld sal wys, dankie dat U sy paaie gelykmaak en dat Vader hom lei in als wat hy gaan aanpak. Ek staan verwonder en kyk na Joshua en sien Vader lig wat deur hom skyn elke dag&#8221;.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/40984\/racist\/\" target=\"_blank\">Racist? Get over it!<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/41069\/5-stupid-responses-to-interracial-love\/\" target=\"_blank\">5 Stupid Responses to Interracial Love<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Twee wit gesinne het Woensdag hul swart aanneemkinders by skole in Middelburg ingeskryf.<\/p>\n","protected":false},"author":2844,"featured_media":41125,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Gerhard Rheeder","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-41119","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/41119","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2844"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=41119"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/41119\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/41125"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=41119"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=41119"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=41119"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}