{"id":40977,"date":"2016-01-17T07:00:00","date_gmt":"2016-01-17T05:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/40977\/nog-n-taxi-aanval-by-dennesig-ingang\/"},"modified":"2016-01-15T11:49:19","modified_gmt":"2016-01-15T09:49:19","slug":"nog-n-taxi-aanval-by-dennesig-ingang","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2016\/01\/17\/nog-n-taxi-aanval-by-dennesig-ingang\/","title":{"rendered":"N\u00f3g &#8216;n taxi-aanval by Dennesig ingang"},"content":{"rendered":"<p>Di\u00e9 keer was dit egter &#8216;n jong student en sy ma wat in &#8216;n geveg met taxi-insittendes betrokke geraak het.<\/p>\n<p>Jaco Roos (oud-hoofseun van Ho\u00ebrskool Kanonkop) en sy ma moes vir hul lewens veg, nadat &#8216;n taxi hulle van die pad afgedwing en daar gedreig is om hulle dood te maak.<\/p>\n<p>Die negentienjarige Jaco skuil sedert die voorval by vriende omdat hy vrees vir sy lewe. &#8220;&#8216;n Mens weet nie of een van hulle dalk ons kar se registrasienommer gevat en dalk iets aan ons wil kom doen nie!&#8221; het me. Roos Woensdag ges\u00ea.<\/p>\n<p>Hulle was Maandag vanaf die bank af oppad terug huistoe, toe Jaco skielik naby die SAVF Tehuis vir Bejaardes in Walter Sisulustraat agterkom dat &#8216;n taxi baie naby aan hul voertuig agter ry.<\/p>\n<p>Dit was ook duidelik dat die bestuurder van die taxi ge\u00efrriteerd is, want hy het in die aankomende verkeer langs hulle inbeweeg en hulle van die pad af probeer dwing.<\/p>\n<p>&#8216;n Kat- en muisspeletjie het begin waarop die taxi dan agter hulle, en dan regs van hulle beweeg het om hul voertuig te probeer afdruk.<\/p>\n<p>By die Walter Sisulu\/Proteastraat verkeerslig, het die lig van rooi na groen oorgeslaan en Jaco het vinnig weggetrek om die taxi te probeer afskud, sodat hy bo in Harry Gwalastraat (Dennesig) regs kon draai.<\/p>\n<p>&#8220;Jaco het op &#8216;n stadium 120km\/p\/h gery om weg te kom, maar die taxi het terwyl ons probeer afdraai het, voor Jaco ingeswaai en dwars oor die twee indraaibane in Harry Gwala gaan staan, sodat ons noodgedwonge moes stop.&#8221;<\/p>\n<p>Die bestuurder van die taxi het vinnig uit sy voertuig gespring, op hulle afgestorm en Jaco, wat nog vasgegespe was in sy sitplekgordel, hard in die gesig geslaan.<\/p>\n<p>Hy het uit sy voertuig geklim om die man te vra waarom hy dit doen, waarop daar n\u00f3g twee mans en &#8216;n vrou uit die taxi gespring het.<\/p>\n<p>Volgens me. Roos het alles hierna baie vinnig gebeur. Sy het deur die venster gesien hoe twee van die mans vir Jaco takel.<\/p>\n<p>&#8220;Hulle het aanmekaar sy bene onder hom probeer uitskop, maar Jaco het sy man gestaan en gekeer waar hy kon. My kind het verlede jaar drie knie-operasies ondergaan weens rugbybeserings en ek het besef dat ek sal moet gaan help, anders gaan hy baie seer kry!&#8221;<\/p>\n<p>Me. Roos het een van die aanvallers van agter af aan sy T-hemp beetgekry om hom te probeer wegtrek van Jaco af. &#8220;Ek moes hom van agter af met sy hemp wurg om hom weg te kry van Jaco af!&#8221;<\/p>\n<p>Daar het &#8216;n stoeiery tussen haar en die man ontstaan, waarop sy hom in die nek gekrap het om weg te kom. &#8220;Van sy nekvelle het onder my naels agtergebly!&#8221;<\/p>\n<p>Die ander booswig het besef dat Jaco hulp kry en het skielik omgespring en die taxi se bagasieruim oopgepluk.<\/p>\n<p>Beide Jaco en sy ma het omgekyk en gesien wat hy wil uithaal. In die bagasieruim het &#8216;n koevoet en &#8216;n stuk hout gel\u00ea.<\/p>\n<p>Jaco het dadelik die bagasiedeur probeer afdruk, maar die man het die stuk hout beetgekry, dit heen en weer geswaai en geskreeu: &#8220;I will kill you, you white bastard! You f&#8230; whites don&#8217;t belong in this country!&#8221; Hy het Jaco ook in die gesig gespoeg.<\/p>\n<p>Jaco het egter nie teruggestaan nie, waarop die booswig die stuk hout nog &#8216;n paar keer in sy rigting geswaai het, saam met die ander drie in die taxi gespring, en weggejaag het.<\/p>\n<p>&#8220;Weet jy wat is die ergste? Die voertuie wat wou indraai in Dennesig het van beide kante af opgehoop, maar niemand het uitgeklim om te help nie! Hulle het ons gelos dat ons alleen teen hulle veg.&#8221; het me. Roos ontsteld uitgeroep.<\/p>\n<p>&#8220;Ek is net bly Jaco was nie heeltemal alleen nie. S\u00ea nou die taxidrywer het &#8216;n mes of &#8216;n vuurwapen uitgepluk, wat dan?&#8221;<\/p>\n<p>\u2022 Me. Roos s\u00ea hulle het nie &#8216;n saak by die polisie aanhangig gemaak nie, &#8220;want dit gaan nie help nie. Ons kon net die eerste gedeelte van die registrasienommer kry, naamlik DVB.&#8221;<\/p>\n<p>\u2022 In Februarie 2013 is verskeie mense beseer in &#8216;n soortgelyke voorval by die ingang van Dennesig, nadat &#8216;n taxidrywer en sy passasiers, asook drie mans slaags geraak het.<\/p>\n<p>Die geveg het sy ontstaan gehad nadat een van die insittendes van die taxi urineer het voor kinders op die Loskopdampad, terwyl hulle by die stop\/ry tekens op die pad moes wag.<\/p>\n<p>Later het die taxi by die ingang van die Dennesig voor een van die voertuie ingeswaai en &#8216;n geveg het losgebars. Hordes mense van radiogroepe, die verkeer en polisie moes later op die toneel probeer om die saak te beredder.<\/p>\n<p>Slegs die drie mans is gearresteer toe hulle later sake by die polisie wou maak. Die saak het bykans drie jaar in die hof gedraai, voordat hulle onskuldig bevind is.<\/p>\n<p>Hierdie saak het tot internasionale nuusberigte gehaal toe &#8216;n berig in &#8216;n nuusblad aangekondig het dat &#8220;boere&#8221; die insittendes in die taxi aangeval het.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Drie jaar nadat daar &#8216;n taxi-oorlog tussen taxi-insittendes en drie motoriste by die Dennesig ingang uitgebreek het, het die geskiedenis hom herhaal.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":40978,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-40977","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/40977","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=40977"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/40977\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/40978"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=40977"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=40977"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=40977"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}