{"id":39596,"date":"2015-12-17T15:00:00","date_gmt":"2015-12-17T13:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/39596\/boerboel-verjaag-diewe\/"},"modified":"2015-12-18T12:06:36","modified_gmt":"2015-12-18T10:06:36","slug":"boerboel-verjaag-diewe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2015\/12\/17\/boerboel-verjaag-diewe\/","title":{"rendered":"Video: Inbreker kom sy moses tee met boerboel"},"content":{"rendered":"<p>Die Observer het pas die sekuriteitsvideo gekry waar die dief wat Boela in sy eienaars, die Steenkamps, se erf in Blackmorestraat platgetrek het.<\/p>\n<p>Daar kan gesien word hoe die booswig vanaf Suidstraat se kant aan die agterkant van die erf oor die muur spring.<\/p>\n<p>Daarna skrik hy effens as die gesin se boerboelteef vanuit die oop buite-toilet vir hom blaf. Hy kom egter gou agter sy is nie eintlik aggressief nie en met handgebare paai hy haar.<\/p>\n<p>Hy vroetel met \u2019n waentjie wat buite staan, maar alles is vasgeketting en hy besluit om \u00f3m die huis te gaan om te kyk of daar nie iets anders is wat hy kan buit nie.<\/p>\n<p>Die oomblik wat hy vorentoe stap om na die ander kant van die huis te beweeg, storm Boela hom en trek hom plat. In die geveg kan jy sien hoe hy die hond skop en slaan met \u2019n stuk yster en hom ook aan sy ore beetkry.<\/p>\n<p>Hy probeer selfs weghol, maar kom nie weer oor die muur nie, aangesien die hond hom terughou.<\/p>\n<p>Al bakleiende met die hond beweeg hy na die voorkant van die huis, waar hy op die sementtafel klouter en vir hulp roep.<\/p>\n<p>\u2022 Die gedeelte waar Boela hom aan die agterkant van die erf verras en beetkry, kan gesien word:<\/p>\n<div class='tie-fluid-width-video-wrapper tie-ignore-fitvid' style='margin-bottom: 30px;'>\n\t\t\t<iframe style='width: 100%; min-height: 300px; aspect-ratio: 16\/9;' src='https:\/\/www.youtube-nocookie.com\/embed\/mVSOGOiyHkY' loading='lazy'><\/iframe>\n\t\t<\/div>\n<p>\u2022 Net \u2019n blok vanaf die Steenkamps, het nog \u2019n boerboel, Sunnybill, diewe laat spaander.<\/p>\n<p>Mnr. en me. Stefan en Lindi van Rooyen is Vrydag omstreeks 03:45 gewek met Sunnybill se geblaf. Hulle het dadelik besef daar is fout, aangesien Sunnybill nooit blaf nie.<\/p>\n<p>Die oomblik toe mnr. Van Rooyen by die spaarkamer se venster uitkyk, het Sunnybill stertswaaiend by die venster gestaan en blaf. \u201cSo asof hy wou s\u00ea: kom kyk wat het ek gedoen!\u201d<\/p>\n<p>Mnr. Van Rooyen is na buite, waar hy \u2019n hoop artikels in die erf gekry het.<\/p>\n<p>Op hierdie stadium was daar al pandemonium in die kompleks, aangesien \u2019n kuiergas by een van die ander meenthuise (wat in die motorhuis oorgeslaap het) laat weet het dat hy die twee diewe in die motorhuis gesien het.<\/p>\n<p>Die booswigte het by drie motorhuise ingebreek en verskeie artikels, waaronder veiligheidstewels en gereedskap, gesteel.<\/p>\n<p>Die persoon wat in die motorhuis gel\u00ea en slaap het, het later ges\u00ea dat hy wakker geword het toe die diewe by die motorhuis inkom, maar doodstil bly l\u00ea het, omdat hy gevrees het vir sy lewe.<\/p>\n<p>Die diewe is vandaar na die Van Rooyens se erf, maar net daar het hulle hul vasgeloop in Sunnybill. Dit blyk dat hy hulle gejaag het, waarop hulle al die gesteelde artikels net daar neergesmyt en weggehol het.<\/p>\n<p>\u201cAlmal het gekla oor Sunnybill in die kompleks, maar n\u00e1 sy heldhaftige optrede, is hy nou almal se held!\u201d het me. Van Rooyen ges\u00ea.<\/p>\n<p>\u2022 Die diewe het toegang tot die kompleks gekry van agter af, waar hulle op \u2019n afdak geklim en net bo-oor die kompleks se elektriese heining geklouter het.<\/p>\n<p>Hul voetspore is aan daardie kant gekry. Die vermoede bestaan verder dat hulle lopers gehad het vir die motorhuisdeure, aangesien die deure nie beskadig is nie.<\/p>\n<div id='gallery-1' class='gallery galleryid-39596 gallery-columns-3 gallery-size-thumbnail'><figure class='gallery-item'>\n\t\t\t<div class='gallery-icon landscape'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2015\/12\/17\/boerboel-verjaag-diewe\/attachment\/15yy24-1_13085\/'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"270\" height=\"203\" src=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2015\/12\/15yy24-1_13085-270x203.jpg\" class=\"attachment-thumbnail size-thumbnail\" alt=\"\" aria-describedby=\"gallery-1-39598\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2015\/12\/15yy24-1_13085-270x203.jpg 270w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2015\/12\/15yy24-1_13085-520x390.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2015\/12\/15yy24-1_13085.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 270px) 100vw, 270px\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<figcaption class='wp-caption-text gallery-caption' id='gallery-1-39598'>\n\t\t\t\tSunnybill het diewe Vrydag in die vroe\u00eb oggendure verjaag by die Roodeberg kompleks. Die booswigte het s\u00f3 groot vir hom geskrik dat hulle hul buit neergesmyt en weggehol het.\n\t\t\t\t<\/figcaption><\/figure><figure class='gallery-item'>\n\t\t\t<div class='gallery-icon landscape'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2015\/12\/17\/boerboel-verjaag-diewe\/attachment\/15yy24-3_85011\/'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"270\" height=\"203\" src=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2015\/12\/15yy24-3_85011-270x203.jpg\" class=\"attachment-thumbnail size-thumbnail\" alt=\"\" aria-describedby=\"gallery-1-39599\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2015\/12\/15yy24-3_85011-270x203.jpg 270w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2015\/12\/15yy24-3_85011-520x390.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2015\/12\/15yy24-3_85011.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 270px) 100vw, 270px\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<figcaption class='wp-caption-text gallery-caption' id='gallery-1-39599'>\n\t\t\t\tBoela is steeds almal se held, omdat hy \u2019n dief vasgetrek het wat by hul erf ingekom het.\n\t\t\t\t<\/figcaption><\/figure>\n\t\t<\/div>\n\n<p>Lees vorige berig hier:<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/39402\/dief-kom-sy-boela-tee\/\" target=\"_blank\">Dief kom sy Boela te\u00eb<\/a><\/p>\n<p>Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/MiddelburgObserver\" target=\"_blank\">Facebook<\/a> and <a href=\"https:\/\/twitter.com\/MOBSERV\" target=\"_blank\">Twitter<\/a> <a href=\"https:\/\/twitter.com\/MOBSERV\" target=\"_blank\">@Mobserv<\/a> to receive your free daily news updates.<\/p>\n<p>Also check out our <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">Video\u2019s<\/a> on <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">Youtube<\/a> daily!<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dramatiese video materiaal van hoe \u2019n boerboel en inbreker baklei is deur die eienaar van die reeds bekende Boela beskikbaar gestel. Intussen het nog \u2019n vrou vertel hoe haar hond boosdoeners afgeskrik het.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":39597,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-39596","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/39596","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=39596"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/39596\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/39597"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=39596"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=39596"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=39596"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}