{"id":39140,"date":"2015-12-06T18:00:00","date_gmt":"2015-12-06T16:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/39140\/mduduzi-lewenslank-tronk-toe\/"},"modified":"2015-12-08T12:35:29","modified_gmt":"2015-12-08T10:35:29","slug":"mduduzi-lewenslank-tronk-toe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2015\/12\/06\/mduduzi-lewenslank-tronk-toe\/","title":{"rendered":"Mduduzi lewenslank tronk toe"},"content":{"rendered":"<p>Regter Justice Moshidi het Nkosi 25 jaar effektief tronk toe gestuur nadat hy hom vroe\u00ebr hierdie week skuldig bevind het op al die klagtes.<\/p>\n<p>Mnr. Johan Venter is bykans ses jaar gelede, op 22 Januarie 2010 op kort afstand in sy slaapkamer doodgeskiet. Sy vrou, Rentia is ernstig gewond.<\/p>\n<p>Regter Moshidi het ges\u00ea dat dit vir hom moeilik is om die versagtende omstandighede wat aan hom voorgehou is in ag te neem. Die verdediging het gemeld dat Nkosi van &#8216;n arm agtergrond kom en dat sy tyd in die tronk tydens vonnisoplegging in ag geneem moet word.<\/p>\n<p>&#8220;Baie mense kom van &#8216;n arm agtergrond, maar hulle kies om hulle nie tot misdaad te wend nie. En &#8216;n mens kan nie sy tyd in die tronk in ag neem nie, omdat hy elke keer ontsnap het! As ek na al die omstandighede van die saak kyk, is daar nie veel wat in die guns van die beskuldigde ges\u00ea kan word nie.&#8221;<\/p>\n<p>Die vonnis is as volg uiteen gesit:<\/p>\n<p>\u2022 Op die klagte van huisbraak met die opset om te steel &#8211; agt jaar tronkstraf.<\/p>\n<p>\u2022 Moord &#8211; lewenslank.<\/p>\n<p>\u2022 Poging tot moord &#8211; agt jaar.<\/p>\n<p>\u2022 Onwettige besit van &#8216;n vuurwapen en ammunisie &#8211; vyf jaar.<\/p>\n<p>Alles sal samelopend uitgedien word, wat beteken dat Nkosi 25 jaar van sy vonnis moet uitdien, alvorens hy vir parool kan aansoek doen.<\/p>\n<p>Kort nadat Nkosi gevonnis is, het me. Venter ges\u00ea dat &#8220;as Nkosi geglo het in iemand soos God, sou hy nie di\u00e9 dade gepleeg het nie. Alle eer aan die Heer. Ek het my antwoord gekry in Romeine 12:19: &#8216;Moenie self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God. Daar staan immers geskrywe: Dit is m\u00fd reg om te straf, Ek sal vergeld, s\u00ea die Here.&#8221;<\/p>\n<p>Me. Venter het elke persoon wat betrokke was by die saak, van harte bedank.<\/p>\n<p>Die gesin se prokureur, mnr. Danie Schutte het ges\u00ea: &#8220;dat mense na die hele prentjie moet kyk. Nou l\u00ea die gras mooi, maar niemand weet van die klippe en grond onder die gras, die harde werk wat in hierdie saak ingegaan het nie. Die rol van die hele span, van die polisie regdeur tot by die aanklaers, is net weer &#8216;n bewys van toewyding en samewerking tussen al die partye.&#8221;<\/p>\n<p>\u2022 Daar was destyds drie beskuldigdes in die Venter moordsaak, Nkosi, Given Chisiko en Bheki Mthetwa.<\/p>\n<p>Chisiko het skuldig gepleit en is 30 jaar tronk toe gestuur. Mthetwa is aan natuurlike oorsake in aanhouding dood.<\/p>\n<p>\u2022 Adv. Eric van der Merwe het aangekla vir die staat.<\/p>\n<p>\u2022 Adv. Leona Frazer het opgetree vir die verdediging.<\/p>\n<p>\u2022 Die ondersoekbeampte wat Nkosi kort na die moord destyds arresteer het, was luit. Annalien Breedt. Sy is nou &#8216;n kaptein by die Valke se hoofkantoor in Pretoria. Sy het Woensdag die hofverrigtinge bygewoon.<\/p>\n<p>\u2022 Lees elders Nkosi se lang lys van vorige veroordelings en die klagtes waarvoor hy aanstaande jaar ook tereg moet staan.<\/p>\n<figure id=\"attachment_39141\" aria-describedby=\"caption-attachment-39141\" style=\"width: 520px\" class=\"wp-caption alignnone\"><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2015\/12\/15ww24-3_13234.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-39141\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2015\/12\/15ww24-3_13234-520x390.jpg\" alt=\"Mnr. Johan Venter is op 22 Januarie 2010 doodgeskiet. Sy gesin kan nou uiteindelik aangaan met hul lewens nadat sy moordenaar, Mduduzi Nkosi, vir 25 jaar tronk toe gestuur is.\" width=\"520\" height=\"390\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2015\/12\/15ww24-3_13234-520x390.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2015\/12\/15ww24-3_13234-270x203.jpg 270w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2015\/12\/15ww24-3_13234.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-39141\" class=\"wp-caption-text\">Mnr. Johan Venter is op 22 Januarie 2010 doodgeskiet. Sy gesin kan nou uiteindelik aangaan met hul lewens nadat sy moordenaar, Mduduzi Nkosi, vir 25 jaar tronk toe gestuur is.<\/figcaption><\/figure>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Na bykans ses jaar van wroeging dat Johan Venter se moordenaars aan die pen moes ry, het sy familie van verligting in trane uitgebars toe Mduduzi Nkosi Woensdag lewenslank tronk toe gestuur is.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":39142,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[2885,7,2],"tags":[2966,2984,2970,2226,2971,2985],"class_list":["post-39140","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-crime-news","category-local-news","category-news-headlines","tag-johan-venter","tag-lewenslank","tag-mdudzi","tag-moord","tag-nkosi","tag-vonnis"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Crime News"},"tag_labels":["Johan Venter","lewenslank","mdudzi","moord","nkosi","vonnis"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/39140","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=39140"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/39140\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/39142"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=39140"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=39140"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=39140"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}