{"id":38911,"date":"2015-12-01T00:00:00","date_gmt":"2015-11-30T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/38911\/my-beurt-9\/"},"modified":"2015-12-01T10:59:24","modified_gmt":"2015-12-01T08:59:24","slug":"my-beurt-9","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/opinion-edition\/2015\/12\/01\/my-beurt-9\/","title":{"rendered":"My Beurt"},"content":{"rendered":"<p>Ek het Afrikaans studeer en toe ons besig is met die <a href=\"https:\/\/en.wikipedia.org\/wiki\/Afrikaans#History\">geskiedenis van Afrikaans<\/a>, was ek verbaas om te ontdek dat Afrikaans toe nou nie die Boere se taal is soos beide swart en wit ons al die jare laat glo het nie, maar die bruinmense se taal is.<\/p>\n<p>Al die <a href=\"http:\/\/www.telegraph.co.uk\/news\/worldnews\/africaandindianocean\/southafrica\/11993953\/South-African-university-ends-teaching-in-Afrikaans-after-protests.html\">onluste oor Afrikaans en die onderwys<\/a> het my toe bietjie laat dink om net &#8216;n paar feite oor Afrikaans en haar mense te skrywe om sodoende in te lig, want kennis kan br\u00fbe bou \u2013 nie br\u00fbe afbreek soos die dwaas se geweld nie.<\/p>\n<p>\u2022 Afrikaans is &#8216;n inheemse taal. Dit is immers na die kontinent vernoem en word n\u00earens anders in die w\u00eareld as amptelike taal gebruik nie \u2013 anders as Engels wat &#8216;n koloniale en Europese taal is.<\/p>\n<p>\u2022 Daar is ongeveer 24 miljoen mense buite die kontinent wat Afrikaans kan verstaan \u2013 dit geld nie vir een van die ander inheemse tale nie.<\/p>\n<p>\u2022 Afrikaans is een van slegs vyf tale (Hebreeus, Katalaans, Indonesies en Hindi) wat tot die hoogste vlak (met ander woorde formeel en akademies) ontwikkel het in die twintigste eeu en word by talle universiteit in lande soos Rusland, Poland, Amerika, Belgi\u00eb, ens. aangebied &#8211; waarom dan nie in haar eie land se universiteite en skole nie?<\/p>\n<p>\u2022 Van die 6,8 Miljoen Afrikaanssprekendes in die land, is slegs 2,7 miljoen wit: 50% is bruin, 40% wit, 9% swart en 1% kom uit ander groepe. Dus is 60% van die Afrikaanssprekendes nie wit nie.<\/p>\n<p>\u2022 Afrikaans is naas Zoeloe en Xhosa die derde grootste taal in die land en slegs 9,6% van Suid-Afrikaners gebruik Engels as hul moedertaal.<\/p>\n<p>\u2022 Daar is 7 000 tale in die w\u00eareld en Afrikaans is die 140ste grootste taal in die w\u00eareld.<\/p>\n<p>Hierdie is maar net &#8216;n paar feite oor Afrikaans en daar is nog vele inligting wat gerieflik versteek word vir die publiek.<\/p>\n<p>Waarom word Afrikaans, die taal van die bruinmense wat ook deur Apartheid te nagekom is en &#8216;n inheemse taal is, gestraf? Waarom dan nie Engels, die taal waarin slawehandel en kolonialisme in Afrika plaasgevind nie, of Duits, die Nazi-taal of Russies of selfs Zoeloe nie?<\/p>\n<p>Chris Barnard het ges\u00ea dat as Engels die oorhand in Suid-Afrika kry, sal meer as net Afrikaans in die slag bly, want tien inheemse tale sal verdwyn en die enigste uitheemse taal, Engels, sal bly.<\/p>\n<p>En net om te wys dat Afrikaanssprekendes nie anti-Engels is nie, sluit ek af met my eie kommentaar oor die politici (en ook hulle blinde volgelinge) en hulle idee van taal in Engels: If only they fought for education in South African languages, home languages and not for education in the only colonial language, it would have been easier to believe that their struggle had no racist agenda. It should not be about race or language or culture or anything else but the well being and future of the children (which means all children).<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/en.wikipedia.org\/wiki\/Amandla_(power)\">Amandla. Awethu.<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vandag skryf ek in my moedertaal. En voor jy daaraan dink om jou rassistiese perdjie op te saal, wil ek net helderheid gee: nie die Afrikaner se taal nie en ook nie die verdrukker se taal nie, maar dood eenvoudig een van die Suid-Afrikaner se tale.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":38912,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Annie van Zyl","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[2888],"tags":[2940,2941,2939,2938],"class_list":["post-38911","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-opinion-edition","tag-afrikaans","tag-inheems","tag-my-beurt","tag-opinie"],"category_labels":{"Category":"Opinion","SubCategory":"Blogs"},"tag_labels":["afrikaans","inheems","my beurt","opinie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/38911","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=38911"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/38911\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/38912"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=38911"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=38911"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=38911"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}