{"id":38230,"date":"2015-11-29T08:00:00","date_gmt":"2015-11-29T06:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/38230\/rower-sterf-in-spervuur\/"},"modified":"2015-12-02T10:06:32","modified_gmt":"2015-12-02T08:06:32","slug":"rower-sterf-in-spervuur","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2015\/11\/29\/rower-sterf-in-spervuur\/","title":{"rendered":"Opvolg: Rower sterf in spervuur"},"content":{"rendered":"<p>Saterdag is die projektiel uit sy voet verwyder en Dinsdag is hy weer geopereer om penne in die voet te sit.<\/p>\n<p>&#8220;Andersins gaan dit goed,&#8221; s\u00ea me. Meyer, wat Woensdag bevestig het dat die man wat in die oor-en-weer skietery doodgeskiet is, beslis een van die rowers was wat hulle aangeval het.<\/p>\n<p>Die rower is intussen uitgeken as Kenneth Leshilo, in sy middel 30&#8217;s, van Kwamasemola in Limpopo.<\/p>\n<p>Leshilo het volgens kaptein Khanyisile Zwane geen vaste adres nie, en het van dorp tot dorp geswerf voor hy in Middelburg aangeland het.<\/p>\n<p>Hy word ook verbind met talle ander misdade elders. Sy familie het nie op Observer se versoeke vir kommentaar gereageer nie, hy is egter wel Maandag deur familielede uitgeken.<\/p>\n<p>Sy makker is egter steeds op vrye voet, hoewel me. Meyer s\u00ea sy vermoed een van hulle is ook in die rooftog gewond, nadat polisie bloedkolle teen hul bakkie voor die bakkery, waar &#8216;n rower gaan skuil het, deur die polisie gekry is.<\/p>\n<p>Me. Meyer het Donderdag tydens &#8216;n onderhoud in die bakkery ges\u00ea dat haar terugkeer sonder Antonie Maandag &#8220;ongemaklik&#8221; was, maar dat die besigheid nie kan stilstaan nie.<\/p>\n<p>&#8220;Ons weet ons is op &#8216;n gevaarlike hoek, maar mens kan nie gaan l\u00ea nie.&#8221;<\/p>\n<p>Sy s\u00ea dat hulle elke aand omstreeks 19:30 die winkel sluit &#8211; &#8220;Ek sluit die slotte terwyl Antonie met sy wapen wagstaan.&#8221;<\/p>\n<p>&#8220;Ek het gehoor hoe iemand Antonie groet en toe ek omkyk was die wapen reeds op hom gerig&#8221;.<\/p>\n<p>Terwyl die rower gesukkel het om die wapen oor te haal, het mnr. Meyer sy wapen gerig, en het skote skielik uit alle rigting op die paartjie losgebars.<\/p>\n<p>Leshilo, wat in die spervuur tussen mnr. Meyer en sy makker was, is volgens polisielede op die toneel in die rug geskiet.<\/p>\n<p>&#8216;n Ongelisensie\u00ebrde wapen, waarop die reeksnommer afgeveil was, is na die skietgeveg langs Leshilo se liggaam gekry.<\/p>\n<p>&#8220;Die Here se hand was oor ons,&#8221; s\u00ea me. Meyer, wat bylas dat Antonie in die regterhaak gewond is.<\/p>\n<p>Drie opslagkoe\u00ebls het hom ook teen die ander voet, sy hand en bors getref. Hy sterk tans tuis aan en me. Meyer s\u00ea hy&#8217;s maar baie deurmekaar weens medikasie.<\/p>\n<p>&#8220;Daar is geen moordklag op di\u00e9 stadium nie, die dossier sal verwys word vir beslissing nadat die ondersoek voltooi is,&#8221; het kaptein Zwane bevestig.<\/p>\n<p>Talle ooggetuies het die kleine oorlog op die besige Cowen Ntuli\/Lilian Ngoyi hoek sien uitbreek, en verskeie verklarings moet nog verkry word.<\/p>\n<p>Slegs kontant is in die aanval gebuit.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/38108\/busy-intersection-brought-to-a-standstill-in-bloody-gunfight\/\" target=\"_blank\">Shop owner kills suspected robber<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/37908\/written-warning-for-sleeping-police\/\" target=\"_blank\">Update: Written warning for sleeping police<\/a><\/p>\n<p>Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/MiddelburgObserver\" target=\"_blank\">Facebook<\/a> and <a href=\"https:\/\/twitter.com\/MOBSERV\" target=\"_blank\">Twitter<\/a> <a href=\"https:\/\/twitter.com\/MOBSERV\" target=\"_blank\">@Mobserv<\/a> to receive your free daily news updates.<\/p>\n<p>Also check out our <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">Video\u2019s<\/a> on <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">Youtube<\/a> daily!<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Mnr. Antonie Meyer, eienaar van Bread &#8216;n More, wat Vrydagaand kort voor 20:00 deur een van drie rowers in die voet geskiet is, se vrou, Giela, s\u00ea hy is baie slaperig na twee operasies, sedert die aanval.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":38231,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Gerhard Rheeder","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[2885,7,2],"tags":[],"class_list":["post-38230","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-crime-news","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Crime News"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/38230","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=38230"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/38230\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/38231"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=38230"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=38230"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=38230"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}