{"id":36659,"date":"2015-10-30T10:00:00","date_gmt":"2015-10-30T08:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/36659\/dr-kok-en-messteker-sage-duur-voort\/"},"modified":"2015-10-30T10:26:42","modified_gmt":"2015-10-30T08:26:42","slug":"dr-kok-en-messteker-sage-duur-voort","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2015\/10\/30\/dr-kok-en-messteker-sage-duur-voort\/","title":{"rendered":"Opvolg: Dr. Kok en messteker sage duur voort"},"content":{"rendered":"<p>&#8220;Ek het niks gedoen nie, nou word ek ook sommer aangekla,&#8221; het<a href=\"http:\/\/Opvolg: Interdik teen dr. Kok\" target=\"_blank\"> dr. Kok (pediater)<\/a> uitgevaar.<\/p>\n<p>Mnr. Liam Niemandt en dr. Kok het op dieselfde dag in die hof verskyn.<\/p>\n<p>Mnr. Niemandt is gearresteer omdat hy twee keer &#8216;n beskermingsbevel van sy eksvrou, Chantal, ge\u00efgnoreer het. Hy het egter dadelik &#8216;n klagte van aanranding teen dr. Kok aanhangig gemaak, waarop dr. Kok ook aangekla is.<\/p>\n<p>Dr. Kok is op <a href=\"http:\/\/Opvolg: Dokter begin geveg\" target=\"_blank\">borg van R500 vrygelaat<\/a>, maar mnr. Niemandt is steeds in aanhouding. Hy sal vandag (Vrydag) weer in die hof verskyn.<\/p>\n<p>Die twee mans en me. Niemandt was sedert Januarie gereeld in die nuus nadat mnr. Niemandt vir dr. Kok met &#8216;n mes gesteek het. Dr. Kok is ernstig beseer tydens die voorval.<\/p>\n<p>Mnr. Niemandt het beweer hy het homself verdedig, omdat dr. Kok hom eerste aangeval het. Die vete het sy ontstaan gehad omdat mnr. Niemandt beweer het dat daar &#8216;n verhouding is tussen sy kinders se dokter en sy vrou.<\/p>\n<p>Na die voorval is die Niemandt-egpaar uitmekaar en is vroeg in Mei geskei.<\/p>\n<p>Dr. Kok het ges\u00ea dat hy mnr. Niemandt as &#8220;gevaarlik&#8221; bestempel.<\/p>\n<p>Hy, asook me. Niemandt, s\u00ea sedert die voorval in Januarie het mnr. Niemandt hulle begin teister (lees haar verhaal elders) met onder andere WhatsApp boodskappe en oproepe.<\/p>\n<p>Een van die boodskappe lui: &#8220;I&#8217;ve failed the first time, trust me, next time will not fail. Next time will be sooner than you think.&#8221;<\/p>\n<p>Me. Niemandt het in Augustus &#8216;n beskermingsbevel teen haar eksman gekry en mnr. Niemandt het sy kinders onder toesig gesien.<\/p>\n<p>Die teistering het egter nie opgehou nie.<\/p>\n<p>Dinge is tot op &#8216;n punt gedryf Vrydag toe me. Niemandt dr. Kok paniekerig vanaf die Middelburg Mall gebel het met die nuus dat mnr. Niemandt haar vir die tweede keer daardie week lastig geval en die beskermingsbevel teen hom ge\u00efgnoreer het.<\/p>\n<p>Dr. Kok s\u00ea hy was toevallig ook in die Mall en het na die winkel gegaan waar me. Niemandt was.<\/p>\n<p>Met sy aankoms het personeel van die betrokke winkel reeds die paniekknoppie gedruk en me. Niemandt het bewerig met &#8216;n pepersproei in haar hand gestaan. Mnr. Niemandt was nie meer in die winkel nie en dr. Kok het besluit om saam met haar na buite te stap om te verseker dat sy veilig is.<\/p>\n<p>Die oomblik toe hulle by die deure uitgaan, het mnr. Niemandt op hulle afgestorm en begin foto&#8217;s neem. Dr. Kok het hom gevra om daarmee op te hou, waarop mnr. Niemandt op hom afgestorm en hom met die voorarm begin stamp het. Hy het ook vir hom geskreeu: &#8220;I am going to see you in your grave!&#8221;<\/p>\n<p>Dr. Kok s\u00ea hy het kalm gebly en besef mnr. Niemandt probeer hom uitlok tot &#8216;n geveg en rustig aangestap.<\/p>\n<p>Dr. Kok het besluit om self ook polisiestasie toe te gaan, om te bevestig wat gebeur het.<\/p>\n<p>Hy is direk polisiestasie toe, maar me. Niemandt is huis toe om die bevel te gaan haal.<\/p>\n<p>Sy het later aan polisielede vertel dat mnr. Niemandt haar verskeie kere van die pad af probeer dwing het oppad na die polisiestasie.<\/p>\n<p>Dr. Kok was nog besig om sy verklaring af te l\u00ea, toe mnr. Niemandt by die polisiestasie instorm. Hy het gedreig dat hy nie die enigste sal wees wat die aand in die tronk sal slaap nie en net daar en dan &#8216;n klagte van aanranding teen dr. Kok aanhangig gemaak.<\/p>\n<p>Dr. Kok s\u00ea die polisie het hom toegelaat om nog sy laaste pasi\u00ebnte vir die dag te sien, waarna hy terug is polisiestasie toe en hulle hom na die hof vergesel het.<\/p>\n<p>&#8220;Ek word aangekla van aanranding en ek het nie eers aan hom geraak nie!&#8221;<\/p>\n<p>Dr. Kok het dieselfde dag ook &#8216;n beskermingsbevel teen mnr. Niemandt gekry. &#8220;Daar is nie net <a href=\"http:\/\/Opvolg: (Video) Wys bebloede dokter\" target=\"_blank\">dreigemente teenoor my en me. Niemandt geopper nie<\/a>, maar ook teenoor my vriendin, Alet. Dit het op die punt gekom dat ek Alet na &#8216;n plek van veiligheid sal moet neem!&#8221;<\/p>\n<p>Volgens hom openbaar mnr. Niemandt &#8220;ernstige anti-sosiale gedrag met sy dreigemente.&#8221;<\/p>\n<p>\u2022 Dr. Kok het in Mei vanjaar &#8216;n klagte van poging tot moord teen mnr. Niemandt aanhangig gemaak (rakende die messtekery), maar die staat het besluit om nie te vervolg nie. Hy het aangedui dat sy prokureur die saak gaan heropen.<\/p>\n<p>\u2022 Mnr. Niemandt het &#8216;n paar maande gelede ook &#8216;n beskermingsbevel teen dr. Kok gekry. Dit is egter later van die rol geskrap.<\/p>\n<p>\u2022 Me. Niemandt het die Woensdag voor mnr. Niemandt se arrestasie ook by die polisie gaan kla dat hy die bevel verontagsaam en is hy daartydens gewaarsku.<\/p>\n<div id='gallery-1' class='gallery galleryid-36659 gallery-columns-3 gallery-size-thumbnail'><figure class='gallery-item'>\n\t\t\t<div class='gallery-icon landscape'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2015\/10\/30\/dr-kok-en-messteker-sage-duur-voort\/attachment\/15qq26-2_66188\/'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"270\" height=\"203\" src=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2015\/10\/15qq26-2_66188-270x203.jpg\" class=\"attachment-thumbnail size-thumbnail\" alt=\"\" aria-describedby=\"gallery-1-36661\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2015\/10\/15qq26-2_66188-270x203.jpg 270w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2015\/10\/15qq26-2_66188-520x390.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2015\/10\/15qq26-2_66188.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 270px) 100vw, 270px\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<figcaption class='wp-caption-text gallery-caption' id='gallery-1-36661'>\n\t\t\t\tMnr. Liam Niemandt is Vrydag toegesluit omdat hy twee keer &#8216;n beskermingsbevel oortree het. Hy is steeds in aanhouding en sal Vrydag weer in die hof verskyn.\n\t\t\t\t<\/figcaption><\/figure>\n\t\t<\/div>\n\n<p>Lees meer hier:<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/26558\/interdik-teen-dr-kok\/\" target=\"_blank\">Opvolg: Interdik teen dr. Kok<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/26016\/dokter-kok-drama-duur-voort\/\" target=\"_blank\">Opvolg: Dokter Kok drama duur voort<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/24361\/dokter-begin-geveg\/\" target=\"_blank\">Opvolg: Dokter begin geveg<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/24677\/dokter-het-al-met-gereg-gebots\/\" target=\"_blank\">Dokter het al met gereg gebots<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/25265\/opvolg-video-wys-bebloede-dokter\/\" target=\"_blank\">Opvolg: (Video) Wys bebloede dokter<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/28428\/glo-kritiek-teen-ander-dokter-die-rede\/\" target=\"_blank\">Opvolg: Dr. Kok uit kamers geskop<\/a><\/p>\n<p>Send a message to our <strong>SMS line 37 940<\/strong> or add us onto <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/MiddelburgObserver\" target=\"_blank\">Facebook<\/a> and <a href=\"https:\/\/twitter.com\/MOBSERV\" target=\"_blank\">Twitter<\/a> <a href=\"https:\/\/twitter.com\/MOBSERV\" target=\"_blank\">@Mobserv<\/a> to receive your free daily news updates.<\/p>\n<p>Also check out our <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">Video\u2019s<\/a> on <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">Youtube<\/a> daily!<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Beide dr. Alan Kok \u00e9n die man wat hom vroe\u00ebr vanjaar met &#8216;n mes gesteek het, het Vrydag in die hof verskyn.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":36660,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[2875,1978,1049,2877,2876,2872,2879,21987,1614,2873,2874,1088,2878,2241],"class_list":["post-36659","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-alan-kok","tag-assault","tag-danger","tag-docter","tag-dokter","tag-dr-kok","tag-kid","tag-kids","tag-knife","tag-mes","tag-steek","tag-warning","tag-wife","tag-woman"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["Alan Kok","assault","danger","Docter","Dokter","Dr. Kok","Kid","kids","knife","Mes","Steek","warning","Wife","woman"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/36659","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=36659"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/36659\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/36660"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=36659"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=36659"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=36659"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}