{"id":36657,"date":"2015-11-04T08:00:00","date_gmt":"2015-11-04T06:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/36657\/koksakkie-tref-kinders\/"},"modified":"2015-11-04T16:53:45","modified_gmt":"2015-11-04T14:53:45","slug":"koksakkie-tref-kinders","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2015\/11\/04\/koksakkie-tref-kinders\/","title":{"rendered":"Koksakkie tref kinders"},"content":{"rendered":"<p>Die Een Treetjie Voor-speelgroep het ouers laat weet dat die skool die hele week gesluit is sodat die geboue, speelgoed, eetgerei, werksoppervlaktes en alles waaraan daar met kinderhandjies kon gevat wees, te ontsmet.<\/p>\n<p>&#8220;Die prim\u00eare doel is om die kinders vir &#8216;n rukkie uit mekaar te hou, omdat die virus so aansteeklik is,&#8221; s\u00ea me. Anri Botha, hoof van Een Treetjie Voor.<\/p>\n<p>Haar speelgroepie is klein en sy s\u00ea sy het die skool gesluit omdat die voorkoms van Koksakkie &#8220;gemiddeld te veel voorkom&#8221;.<\/p>\n<p>Genadiglik is skoolgaande kinders nog nie getref nie, en kom die virus meer algemeen voor in kinders onder vyf jaar, hoewel volwassenes dit ook kan opdoen.<\/p>\n<p>Volgens Laerskool Dennesig, C.R. Swart en Laerskool Middelburg, is nog nie &#8216;n enkele geval daar aangemeld nie, ook nie in die Graad R klassies nie.<\/p>\n<p>Mnr. Pieter Fouche van C.R. het egter bevestig dat een van sy personeellede in die Graad R klassies, se seuntjie dit by &#8216;n speelgroepie opgedoen het.<\/p>\n<p>Me. Charmaine Pieterse, hoof van Breintjieland, s\u00ea daar was twee gevalle by hulle en dat hulle soos Een Treetjie Voor, voorkomend opgetree het, deur die kinders dadelik uit die skool te verwyder tot die virus opgeklaar het.<\/p>\n<p>Gansiekeur se hoof, me. Hannelie van Dam, s\u00ea daar was verlede kwartaal &#8216;n ernstige uitbreking daar, maar dat dit sedertdien nie weer kop uitgesteek het nie.<\/p>\n<p>&#8220;Dit was gelukkig beperk tot een klas, maar bykans die hele klas is geraak,&#8221; het sy Woensdag vertel.<\/p>\n<p>&#8220;Ons het soos Een Treetjie Voor goed ontsmet, speelgoed en oppervlaktes gewas, en mammas aangeraai om die siekes te dokter met vitamines,&#8221; s\u00ea me. Van Dam.<\/p>\n<p>Soetdorings hoof, me. Ellen Hamilton, s\u00ea een van haar kindertjies se ma is &#8216;n verpleegster by Midmed, en dat sy vroeg reeds met die onderwysers daar kom gesels het oor waarna hulle moet soek by kinders om &#8216;n uitbreking te keer.<\/p>\n<p>&#8220;Ons hou hulle dus baie deeglik dop en daar was gelukkig nog geen voorval by my aangemeld nie,&#8221; s\u00ea me. Hamilton.<\/p>\n<p>Pediater, dr. Riekert Swart, het Woensdag ges\u00ea dat daar beslis onlangs weer &#8216;n groter toestroom van Koksakkie pasi\u00ebnte was, maar dat die voorkoms van die virus normaalweg toeneem somer en herfsmaande as die seisoene draai.<\/p>\n<p>Hy skryf die skielike toename ook toe aan die droogte en s\u00ea ouers moet op die uitkyk wees vir ho\u00eb koors, keelseer en &#8216;n blasierige uitslag twee tot drie dae na infeksie.<\/p>\n<p>Die blasies vorm op die handpalms, voetsole en ook in en om die mond, wat ongemaklik is en veral by jong kindertjies bydra tot dehidrasie omdat hulle moeilik eet en drink.<\/p>\n<p>Jonger kinders, veral onder twee, word die ergste geraak.<\/p>\n<p>Die infeksietydperk strek gewoonlik vyf tot sewe dae totdat die blasies weg is.<\/p>\n<p>Daar is geen behandeling teen die virus nie, en dr. Swart s\u00ea koors en pynmedikasie word voorgeskryf om di\u00e9 simptome te verlig.<\/p>\n<p>Hy weet van &#8216;n skool in eMalahleni wat ook &#8216;n week lank gesluit moes word weens die uitbreking van die siekte, en meen dis baie effektief.<\/p>\n<p>Send a message to our <strong>SMS line 37 940<\/strong> or add us onto <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/MiddelburgObserver\" target=\"_blank\">Facebook<\/a> and <a href=\"https:\/\/twitter.com\/MOBSERV\" target=\"_blank\">Twitter<\/a> <a href=\"https:\/\/twitter.com\/MOBSERV\" target=\"_blank\">@Mobserv<\/a> to receive your free daily news updates.<\/p>\n<p>Also check out our <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">Video\u2019s<\/a> on <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">Youtube<\/a> daily!<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Koksakkie virus is die menslike vorm van bek-en-klou by diere, en minstens een kleuterskool is reeds die week gesluit weens &#8216;n ernstige uitbreking op die dorp.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":36658,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Gerhard Rheeder","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-36657","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/36657","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=36657"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/36657\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/36658"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=36657"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=36657"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=36657"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}