{"id":36546,"date":"2015-10-28T16:56:44","date_gmt":"2015-10-28T14:56:44","guid":{"rendered":"http:\/\/mobserver.co.za\/?p=36546"},"modified":"2015-10-28T16:58:08","modified_gmt":"2015-10-28T14:58:08","slug":"opvolg-jong-ma-tereggestel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2015\/10\/28\/opvolg-jong-ma-tereggestel\/","title":{"rendered":"Opvolg: Jong ma \u2018tereggestel\u2019"},"content":{"rendered":"<p>Mev. Cindy Swanepoel is deur<a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/36491\/nuusflits-vrou-doodgeskiet-2\/\" target=\"_blank\"> \u2019n werker by \u2019n diesel depot in Belfast doodgeskiet<\/a>, nadat hy \u2019n poligraaftoets ondergaan het. Hy het op \u2019n stadium gevra of hy \u2019n draai kan gaan loop.<\/p>\n<p>Toe hy terugkom het hy twee skoonmakers in die kantoor gevra om na buite te gaan, voordat hy die wapen teen Cindy se kop gedruk en die sneller getrek het in die teenwoordigheid van ander werkskollegas en die poligrafis.<\/p>\n<p>Cindy was die ma van twee seuntjies wat onderskeidelik in graad vier en vyf is.<\/p>\n<p>Haar buurvrou, Marie Kotze, s\u00ea dat sy haar geken het vandat sy vyf jaar oud is. Haar eie dogter het saam met Cindy gewerk en was ook teenwoordig tydens die voorval.<\/p>\n<p>Sy het Cindy as \u201c\u2019n baie oulike mens en uitstekende ma\u201d beskryf. Cindy sou baie keer mev. Kotze se kleindogter kom haal om saam met haar en haar seuns koekies te bak.<\/p>\n<p>\u201cSy was \u2019n regte moedertjie. Sy sou haar altyd oor almal ontferm. Mens weet nie wat in daai man se kop verkeerd gegaan het nie. Ek dink hy het dit verloor, toe hy besef hy gaan uitgevang word, en toe vat hy die ma van twee klein kindertjies weg.\u201d<\/p>\n<p>Sy s\u00ea dat Cindy en haar broer \u2019n paar jaar gelede hul ouers en ander sussie in \u2019n motorongeluk aan die <a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/36491\/nuusflits-vrou-doodgeskiet-2\/\" target=\"_blank\">dood afgestaan<\/a> het.<\/p>\n<p>Al het die Swanepoel huisgesin dinge nie breed nie, was daar altyd liefde. Cindy se twee goedgemanierde seuns was die getuie daarvan. Dit was van jongs af haar droom om eendag ma te word.<\/p>\n<p>\u201cEk weet nie wat gaan nou van daardie twee kindertjies word nie. Cindy was altyd die sterk een in daardie gesin. Wie gaan na hulle kyk? Ons almal hier sal maar na hulle kyk. Hulle is die oulikste twee kinders.\u201d<\/p>\n<p>Mev. Kotze s\u00ea dat sy self al \u2019n paar keer in die loop van <a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/36491\/nuusflits-vrou-doodgeskiet-2\/\" target=\"_blank\">\u2019n pistool vasgekyk<\/a> het.<\/p>\n<p>\u201cOns moenie haat nie. Jy weet nie wat in \u2019n ander man se lewe aangaan nie, wat hom daartoe gedryf het om so iets vreesliks te doen nie. Mense sal s\u00ea dis maklik om te s\u00ea want dit is nie my kind wat daar in die lykshuis l\u00ea nie.<\/p>\n<p>Maar Cindy was soos my kind. Hoe moet daardie seuns nou die lewe hanteer? Ons leef in \u2019n land waar mense mekaar haat. Hulle is nou slagoffers daarvan.\u201d<\/p>\n<p>\u2022 \u2019n Verdagte is kort na die voorval in hegtenis geneem. Hy is tans in aanhouding.<\/p>\n<p>\u2022Dit is nie seker waarvan hy by die dieseldepot beskuldig is nie.<\/p>\n<p>Lees meer hier:<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/36491\/nuusflits-vrou-doodgeskiet-2\/\" target=\"_blank\">Nuusflits: Vrou doodgeskiet<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/36342\/meer-navrae-na-vuurwapens\/\" target=\"_blank\">Meer navrae na vuurwapens<\/a><\/p>\n<p>Send a message to our <strong>SMS line 37 940<\/strong> or add us onto <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/MiddelburgObserver\" target=\"_blank\">Facebook<\/a> and <a href=\"https:\/\/twitter.com\/MOBSERV\" target=\"_blank\">Twitter<\/a> <a href=\"https:\/\/twitter.com\/MOBSERV\" target=\"_blank\">@Mobserv<\/a> to receive your free daily news updates.<\/p>\n<p>Also check out our <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">Video\u2019s<\/a> on <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">Youtube<\/a> daily!<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Jong ma van twee seuns is Woensdag koelbloedig by haar werk tereggestel.<\/p>\n","protected":false},"author":2844,"featured_media":36547,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Jana Boshoff","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[1025,2866,2865,2867,1715,2241],"class_list":["post-36546","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-accident","tag-gun","tag-roof","tag-rower","tag-shot","tag-woman"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["accident","Gun","Roof","Rower","shot","woman"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/36546","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2844"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=36546"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/36546\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/36547"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=36546"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=36546"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=36546"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}