{"id":35848,"date":"2015-10-21T08:00:00","date_gmt":"2015-10-21T06:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/35848\/mens-kan-nie-oorlog-maak-en-boer-nie\/"},"modified":"2015-10-21T09:43:53","modified_gmt":"2015-10-21T07:43:53","slug":"mens-kan-nie-oorlog-maak-en-boer-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/opinion-edition\/blogs\/2015\/10\/21\/mens-kan-nie-oorlog-maak-en-boer-nie\/","title":{"rendered":"My Beurt: Jana Boshoff"},"content":{"rendered":"<p>Laat jy dit waarvoor daar geslagte lank gesweet is agter en gaan soek as bejaarde man ander heil?<\/p>\n<p>Of baklei jy vir dit wat jy het al is die prys wat jy daarvoor moet betaal dalk jou lewe?<\/p>\n<p>Mense sal s\u00ea dat jou besittings, jou huis, jou bakkie, jou beeste, nie jou lewe werd is nie. Maar boerdery is meer as net besittings en grond, dit is \u2019n leefwyse.<\/p>\n<p>Laat jy toe dat jy van jou plaas af verjaag word? Verdring deur angs en vrees? Of bly jy agter en leef in elk geval in angs en vrees?<\/p>\n<p>Vir wie laat jy jou grond agter as jy gaan? Gaan jou eens goed versorgde huis en honderde duisende rande se store en toerusting ook binnekort net \u2019n vervalle plaaswerf wees waarvan die waardevolle items lank reeds geplunder is?<\/p>\n<p>Waar een dronk man in die aand vuur maak op jou slaapkamer se vloer en bedags soek na huurders vir sy lekker meevallertjie?<\/p>\n<p>Wat word van jou kinders? En hulle kinders? Wat word van \u2019n gesin potensi\u00eble broodwinners wat niks anders kan doen as om te boer nie?<\/p>\n<p>Mense wat weet van groei en uitbrei en innovasie. Hulle word net nog \u2019n armoedige gesin want die kosbaarheid van hul veld van kennis word nie raak gesien nie.<\/p>\n<p>Baie sal simpatiseer en advies gee en opinies lewer. Maar vanaand gaan klim jy in jou bed, een waarin jy dalk wakker gemaak kan word met die loop van \u2019n pistool in jou gesig en \u2019n gemaskerde man daaragter.<\/p>\n<p>\u201cMens kan nie oorlog maak en boer nie,\u201d het een van die mans op die toneel ges\u00ea waar gewapende rowers Dinsdag gefaal het om \u2019n boer koedbloedig dood te skiet.<\/p>\n<p>As jy die geleentheid gehad het om die mense Dinsdag op die toneel dop te hou, is daar een gewaarwording wat stadig maar seker deursyfer na jou bewussyn.<\/p>\n<p>Hierdie mense leef in \u2019n oorlogsone. Een waar elke vreemdeling as gevaar gesien word.<\/p>\n<p>Elke vreemde voertuig, elke snaakse geluid. Spanning maak jong mans oud. Dit maak blymoedige mense bitter. Daar is kort-kort konflik, oor grond, oor beeste, oor geld.<\/p>\n<p>Boere is lankal gebrandmerk as die \u201cvyand\u201d. Die sondebok wat die sondes van die vaders sal moet betaal. Die \u2018struggle song\u2019 \u201cKill the Boer! Kill the farmer!\u201d word kort-kort gesing. Intussen sit die res van die land en kyk hoe hul eie slagaar afgesny word.<\/p>\n<p>Of plaasaanvalle nou as gevolg van \u2019n geldelike, wraak, intimidasie of politieke motief gedoen word. Dit raak ons almal. Nie net wit nie, nie net Afrikaans nie. Dit raak almal.<\/p>\n<p>Hans Jurgens du Toit s\u00ea woorde laat mens in \u2019n hoek vasgedruk voel:<\/p>\n<p>\u201cToe hulle die eerste keer gekom het, toe het ek gedink \u2018Okay, dit is seker maar reg so.\u00a0Nou is ons ook deel van die statistiek en al ons gewere is gesteel. Maar ten minste het niemand seer gekry nie.\u2019<\/p>\n<p>\u201cToe kom hulle die tweede keer en ek dink: \u2018Dit is snaaks, maar hulle het wraggies terug gekom vir daai ou .303, maar nou kan ons ontspan want nou is daar wraggies niks oor om te vat nie.\u00a0En gelukkig het niemand seer gekry nie.\u2019<\/p>\n<p>\u201cMaar toe hulle die derde keer terugkom was ek stomgeslaan. Ons het niks oor wat van waarde is nie.\u00a0Niks kontant op die plaas nie, niks gewere in die kluis nie. Nou kan ek nie help om te wonder nie, wanneer gaan hulle weer kom?\u201d<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/36159\/moordbende-met-aktetasse\/\" target=\"_blank\">Opvolg: Moordbende met aktetass<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/35793\/nuusflits-twaalf-val-boer-aan\/\" target=\"_blank\">Nuusflits: Twaalf val boere aan<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/35812\/soektog-na-aanvallers-duur-voort\/\" target=\"_blank\">Opvolg: Soektog na aanvallers duur voort<\/a><\/p>\n<article id=\"post\" class=\"post-30951 post type-post status-publish format-standard has-post-thumbnail hentry category-news-general content-print\">\n<div class=\"entry-content\">\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/35829\/five-arrested-for-farm-attack\/\" target=\"_blank\">(Video) Update: Five arrested for farm attack<\/a><\/p>\n<p>Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/MiddelburgObserver\" target=\"_blank\">Facebook<\/a> and <a href=\"https:\/\/twitter.com\/MOBSERV\" target=\"_blank\">Twitter<\/a> to receive your free daily news updates.<\/p>\n<p>Also check out our <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">Video\u2019s<\/a> on <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">Youtube<\/a> daily!<\/p>\n<\/div>\n<\/article>\n<p>Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/MiddelburgObserver\" target=\"_blank\">Facebook<\/a> and <a href=\"https:\/\/twitter.com\/MOBSERV\" target=\"_blank\">Twitter<\/a> to receive your free daily news updates.<\/p>\n<p>Also check out our <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">Video\u2019s<\/a> on <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">Youtube<\/a> daily!<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wat doen jy as jy vir die soveelste keer in \u2019n lewensgevaarlike situasie beland omdat jy boer?<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":36214,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Jana Boshoff","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[17,509,2888],"tags":[],"class_list":["post-35848","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-blogs","category-editors-note","category-opinion-edition"],"category_labels":{"Category":"Opinion","SubCategory":"Blogs"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/35848","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=35848"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/35848\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/36214"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=35848"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=35848"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=35848"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}