{"id":35594,"date":"2015-10-08T08:00:00","date_gmt":"2015-10-08T06:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/35594\/kriminele-voelvry-in-misdaadnes\/"},"modified":"2015-10-08T08:24:25","modified_gmt":"2015-10-08T06:24:25","slug":"kriminele-voelvry-in-misdaadnes","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2015\/10\/08\/kriminele-voelvry-in-misdaadnes\/","title":{"rendered":"Kriminele vo\u00eblvry in misdaadnes"},"content":{"rendered":"<p>Die misdaadprentjie in die middedorp het skrikwekkende afmetings aangeneem, met &#8216;n derde bordeel wat ook sy deure oopgeswaai het.<\/p>\n<p>Die prositute doen lankal nie net meer sake in die nag nie, maar sit van vroegoggend wydsbeen voor di\u00e9 sondaarshuise om kli\u00ebnte te lok. Mnr. Dietrichsen s\u00ea, die ergste van alles is dat &#8216;n karwag hom gewaarsku het om sy deure te sluit, sekondes voor drie mans op hom toegesak het Donderdag, in SADCstraat.<\/p>\n<p>Mnr. Dietrichsen, sy vrou Doreen, en hul twee kinders, het omstreeks 11:00 voor PQ&#8217;s gestop waarna Doreen en die kinders die klerewinkel in is.<\/p>\n<p>Terwyl hy in die bakkie sit en wag het, het &#8216;n karwag na hom gekom en ges\u00ea &#8220;sluit jou deure,&#8221; wat mnr. Dietrichsen gedoen het.<\/p>\n<p>&#8220;Dit was nie eens 30-sekondes na die waarskuwing nie, dat &#8216;n man skielik aan my deur kom ruk het.&#8221;<\/p>\n<p>Hy kon daarin slaag om &#8216;n vuishou deur sy oop venster na die misdadiger te mik, maar di\u00e9 het bloot hierna weggestap en toe aan sy bakkiekappie se deur gaan ruk.<\/p>\n<p>Terwyl die man gepoog het om toegang tot die bakkiekap te kry, het twee van sy makkers aan die passasierskant se deure van die bakkie begin pluk.<\/p>\n<p>&#8220;Ek kon nie dadelik uitklim nie, want die bakkie het &#8216;n sentrale sluitsisteem wat hulle beslis toegang sou bied, sou ek oopsluit om uit te klim,&#8221; s\u00ea mnr. Dietrichsen.<\/p>\n<p>Toe die misdadigers besef hulle gaan nie regkom nie, het hulle weggestap, wat mnr. Dietrichsen die kans gegun het om uit te klim, maar die mans het gevlug.<\/p>\n<p>Die karwag het hierna aan hom genoem dat hy die mans wat hom geteiken het, ken en ook &#8216;n paar ander mans aan hom uitgewys as &#8220;spotters&#8221;.<\/p>\n<p>Sakemanne in Walter Sisulustraat het hul personeel nou opdrag gegee om kli\u00ebnte se motors dop te hou, en na inkopies saam uit te stap vir veiligheid.<\/p>\n<p>&#8220;Dit help nie, hulle is so arrogant, as jy vir hulle fluit, dan trek hulle die vingers oor hul kele om jou te waarsku wat met jou sal gebeur,&#8221; het &#8216;n anonieme sakeman ges\u00ea.<\/p>\n<p>Hy vrees natuurlik vir viktimisasie, soos al die besighede in die sentrale sakekern.<\/p>\n<p>Die misdaadnes produseer net meer en meer misdadigers wat o\u00ebnskynlik vo\u00eblvry te werk gaan.<\/p>\n<p>Dieselfde misdadigers word oor en oor ge\u00efdentifiseer, en die sakeman s\u00ea hy het een maal opgemerk hoe &#8216;n polisieman &#8216;n gesteelde beursie by een van die misdadigers gevat, die kontant uitgehaal, en dit weer aan hom teruggegee het.<\/p>\n<p>&#8220;Dit is lankal nie meer net opportunistiese misdade nie, dis terrorisme uit en uit, pertroljoggies, karwagte, besigheidseienaars en selfs die polisie, weet almal wie die kriminele is, maar hulle lag vir ons,&#8221; skud die sakeman sy kop.<\/p>\n<p>Die Observer se Daleen Naude berig al die afgelope paar weke pal oor die volskaalse terrorisme, wat veral gemik word op besoekers wat in die hoofstrate stop vir inkopies oppad Loskop toe.<\/p>\n<p>&#8220;Dis di\u00e9 mense wat salig onbewus is van die oorlog wat om hulle woed,&#8221; s\u00ea die sakeman.<\/p>\n<p>Die afgesaagde deuntjie, &#8220;hoekom die sake aanmeld, wat gaan die polisie tog doen?&#8221; is Maandag ook deur mnr. Dietrichsen gesing.<\/p>\n<p>&#8220;Waar is die dae van polisie informante, en suksesvolle hinderlae op grond van die inligting, ek is seker polisiemanne in burgerlike drag sal ook maklike teikens wees, soos die res van ons,&#8221; s\u00ea mnr. Dietrichsen .<\/p>\n<p>Die Middelburg Polisie kon nie voor druktyd op Observer vrae, rakende &#8216;n aksieplan vir die brandkolle, gereageer nie.<\/p>\n<div id='gallery-1' class='gallery galleryid-35594 gallery-columns-3 gallery-size-thumbnail'><figure class='gallery-item'>\n\t\t\t<div class='gallery-icon landscape'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2015\/10\/08\/kriminele-voelvry-in-misdaadnes\/attachment\/15mm19-1_14951\/'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"270\" height=\"203\" src=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2015\/10\/15mm19-1_14951-270x203.jpg\" class=\"attachment-thumbnail size-thumbnail\" alt=\"\" aria-describedby=\"gallery-1-35596\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2015\/10\/15mm19-1_14951-270x203.jpg 270w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2015\/10\/15mm19-1_14951-520x390.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2015\/10\/15mm19-1_14951.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 270px) 100vw, 270px\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<figcaption class='wp-caption-text gallery-caption' id='gallery-1-35596'>\n\t\t\t\tInwoners soos me. Lynette van Vuuren, wie se handsak verlede Saterdag in Walter Sisulustraat uit die kar gepluk is. Die boef het die handsak weer vir haar teruggegooi nadat hy haar selfoon en kontant gebuit het. Me. Van Vuuren is een van honderde wat die afgelope maande slagoffers van die deurrukkers was. Dis nou &#8216;n stryd tussen inwoners en kriminele.\n\t\t\t\t<\/figcaption><\/figure>\n\t\t<\/div>\n\n<article id=\"post\" class=\"post-30951 post type-post status-publish format-standard has-post-thumbnail hentry category-news-general content-print\">\n<div class=\"entry-content\">\n<p>Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/MiddelburgObserver\" target=\"_blank\">Facebook<\/a> and <a href=\"https:\/\/twitter.com\/MOBSERV\" target=\"_blank\">Twitter<\/a> to receive your free daily news updates.<\/p>\n<p>Also check out our <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">Video\u2019s<\/a> on <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">Youtube<\/a> daily!<\/p>\n<\/div>\n<\/article>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Misdadigers het die middedorp in &#8216;n greep van vrees en inwoners soos mnr. Pieter Dietrichsen, die mees onlangse slagoffer van die deurrukkersindikaat, s\u00ea hy &#8220;soek net &#8216;n paar gewillige mans, om &#8216;n verslane polisiemag se werk vir hulle te gaan doen&#8221;.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":35595,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Gerhard Rheeder","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-35594","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/35594","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=35594"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/35594\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/35595"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=35594"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=35594"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=35594"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}