{"id":35509,"date":"2015-10-06T08:00:00","date_gmt":"2015-10-06T06:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/35509\/geveg-met-spitvurk\/"},"modified":"2015-10-06T10:06:22","modified_gmt":"2015-10-06T08:06:22","slug":"geveg-met-spitvurk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2015\/10\/06\/geveg-met-spitvurk\/","title":{"rendered":"Geveg met spitvurk"},"content":{"rendered":"<p>Mnr. Jan Groenewald (40) s\u00ea hy weet hy het een van die mans met die tuinvurk raakgesteek, soos hy probeer koes het vir die pyphoue en pepersproei.<\/p>\n<p>Die gebeure het Donderdag vroe\u00ebr al sy ontstaan gehad toe mnr. Groenewald in &#8216;n woordewisseling was met &#8216;n man. Later het die man se skoonseun hom gebel en &#8216;n hewige geveg oor die foon en per sms het gevolg.<\/p>\n<p>Mnr. Groenewald was omstreeks 21:00 agter in sy erf in Broodboomstraat besig om te rook en selfoonboodskappe te tik, toe hy skielik van die kant af deur iemand met pepersproei in die gesig gespuit word.<\/p>\n<p>&#8220;Ek het deur &#8216;n skrefie van my oog gesien dat daar twee was, &#8216;n skraal outjie en &#8216;n groter man, maar ek is s\u00f3 in die o\u00eb en gesig gespuit dat ek later niks kon sien nie.&#8221;<\/p>\n<p>Mnr. Groenewald het rondgespring om uit die pad van die pyp te probeer bly. Terwyl hy gestoei het teen sy twee aanvallers, het hy onthou dat hy vroe\u00ebr die middag in sy tuin met &#8216;n spitvurk gewerk het en het rondgetas daarna, waar dit naby &#8216;n boom gestaan het.<\/p>\n<p>Hy het die spitvurk raakgevat en heen en weer daarmee in die lug gesteek .<\/p>\n<p>Mnr. Groenewald se ouers, Jan en Poppie, en sy vyftienjarige dogter het die lawaai buite gehoor en uitgestorm waar hulle alles sien gebeur het.<\/p>\n<p>Hulle het aanmekaar 10111 probeer bel, maar kon nie deurkom nie.<\/p>\n<p>Mnr. Groenewald s\u00ea die geveg het na voor beweeg, waar een van die mans in die bakkie (waarmee hulle by die huis aangekom het) gespring en op hom afgejaag het. &#8220;Hy wou my doodry en ek het die spitvurk voor my gehou as beskerming!&#8221;<\/p>\n<p>Mnr. Groenewald het op &#8216;n stadium kans gekry om by die bakkie verby te hardloop en het hulp gaan soek by mense in Oribistraat wat lede van die GPF en radiogroep in die hande gekry het. Hulle het die area gefynkam vir die verdagtes.<\/p>\n<p>Sy twee aanvallers het intussen weggery en mnr. Groenewald het die saak by die polisie gaan aanmeld. &#8220;Moes ek net stilgestaan het dat hulle my in my eie erf aanval? Ek het myself net verdedig!&#8221;<\/p>\n<p>\u2022 By die polisiestasie het mnr. Groenewald en sy familie vertel wat gebeur het en ook wie hy dink dit kon wees.<\/p>\n<p>Die twee bekende sakemanne is deur die polisie gekontak. Slegs een kon polisie toe gaan, aangesien die ander een op daardie stadium te erg beseer was om saam te gaan.<\/p>\n<p>Die polisie het, nadat daar na die mans se weergawes geluister is, ges\u00ea dat al die partye skuld aan die gebeure het en gedreig om almal toe te sluit. Die mans het besluit om nie met die sake voort te gaan nie.<\/p>\n<p>\u2022 Die geveg tussen die mans het &#8216;n nadraai gehad toe die vyftienjarige Adri (mnr. Groenewald se dogter) Woensdag in haar klas deur &#8216;n seun beseer is. Volgens haar het hy aanmerkings gemaak oor haar pa en die ander man wat deel was van die geveg en &#8216;n tafel teen haar vasgeskop. Sy beweer dat hy haar ook wou aanrand, maar dat die ander seuns in die klas hom gekeer het.<\/p>\n<p>Die onderwyseres was nie in die klas ten tyde van die gebeure nie.<\/p>\n<p>Mnr. Groenewald het die gebeure by die polisie aangemeld, waartydens die ma en seun na die polisiestasie ontbied en al die partye berispe is. Geen klagtes is geopen nie.<\/p>\n<p>\u2022 Die sakemanne wou nie hul name bekend maak in die Observer nie en ges\u00ea dat hulle bewyse het dat mnr. Groenewald se weergawe van die gebeure nie die waarheid is nie.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/35508\/sakeman-gee-sy-weergawe\/\" target=\"_blank\">Opvolg: Sakeman gee sy weergawe<\/a><\/p>\n<article id=\"post\" class=\"post-30951 post type-post status-publish format-standard has-post-thumbnail hentry category-news-general content-print\">\n<div class=\"entry-content\">\n<p>Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/MiddelburgObserver\" target=\"_blank\">Facebook<\/a> and <a href=\"https:\/\/twitter.com\/MOBSERV\" target=\"_blank\">Twitter<\/a> to receive your free daily news updates.<\/p>\n<p>Also check out our <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">Video\u2019s<\/a> on <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">Youtube<\/a> daily!<\/p>\n<\/div>\n<\/article>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Met &#8216;n spitvurk tussen hom en sy aanvallers, moes &#8216;n man hom verskeie kere self verdedig in &#8216;n aanval met pepersproei en &#8216;n staal domkragpyp.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":35510,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-35509","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/35509","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=35509"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/35509\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/35510"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=35509"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=35509"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=35509"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}