{"id":35135,"date":"2015-09-28T12:00:00","date_gmt":"2015-09-28T10:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/35135\/rower-se-skiet-die-bliks-m\/"},"modified":"2015-09-28T12:29:11","modified_gmt":"2015-09-28T10:29:11","slug":"rower-se-skiet-die-bliks-m","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2015\/09\/28\/rower-se-skiet-die-bliks-m\/","title":{"rendered":"Rower s\u00ea: &#8216;skiet die bliks..m&#8217;"},"content":{"rendered":"<p>Terwyl die bejaarde paartjie, Ben Jones (81) en Poppie Botha (76), by familie aansterk in Middelburg, onthou hulle sekonde vir sekonde Sondag se gebeure voor die Volle Evangelie Kerk in Pretoria (Swaanstraat).<\/p>\n<p>Me. Botha, &#8216;n welbekende oud-Middelburger, vertel dat mnr. Jones haar die oggend by die VEK met haar Isuzu bakkie afgelaai het, voordat hy na sy eie kerk (Hervormde Kerk) toe is.<\/p>\n<p>Mnr. Jones s\u00ea hy was sowat 10:30 klaar en het gery na die VEK toe. Sy venster was &#8216;n klein entjie oop vir vars lug.<\/p>\n<p>Hy was nog besig met die radio, toe hande langs hom die venster uitbreek, die sleutel uit die aansitter ruk en hom uit die voertuig probeer trek.<\/p>\n<p>&#8220;Ek het aanmekaar op die toeter gel\u00ea, maar die kerk was net besig om uit te kom en alles het s\u00f3 vinnig gebeur.&#8221;<\/p>\n<p>Die ses rowers het die deur oopforseer, mnr. Jones aan die arm beetgekry en hom &#8216;n ent weggesleep, terwyl hulle hom aanmekaar geskop het.<\/p>\n<p>Een van die booswigte het, terwyl mnr. Jones op die grond gel\u00ea het, &#8216;n pistool teen sy kop gedruk. Sy makker het vir hom ges\u00ea om die bejaarde te skiet &#8220;dat ons net kan wegkom!&#8221;<\/p>\n<p>Die volgende oomblik het mense aangehardloop gekom, waarop die groep met skreeuende bande met me. Botha se bakkie weggejaag het.<\/p>\n<p>&#8220;Ek het nie dadelik vir Ben eenkant sien l\u00ea nie. Ek het die bakkie sien wegry en nog gedink dat Ben dalk net gou iets gaan koop het.&#8221;<\/p>\n<p>Mnr. Jones moes behandeling vir spierbeserings en skraapwonde kry en ook &#8216;n inspuiting vir skok.<\/p>\n<p>&#8220;Dit is vir my verskriklik dat hulle net Poppie se bakkie gevat het, maar as ek hom dalk aan sy bene beetgekry het, sou hy my verseker geskiet het!&#8221; het mnr. Jones ges\u00ea.<\/p>\n<p>\u2022 Die rowers het weggekom met hul silwer dubbelkajuit Isuzu 250 KB dieselbakkie (registrasienommer CYJ356MP).<\/p>\n<p>\u2022 Presies 13 jaar gelede, op 20 September 2002, is me. Botha se eerste man, Kerneels, op hul plaas in Hoedspruit aangeval. Hy is uit sy bakkie geruk en gewelddadig aangerand. Hy het nooit weer herstel nie en het op 7 Oktober daardie jaar aan sy beserings beswyk.<\/p>\n<p>\u2022 Haar tweede man, Ryno Smith (sy is jare gelede van hom geskei) is in 2010 by sy werk in Pretoria vermoor. Sy moordenaars het hom met &#8216;n hamer doodgeslaan.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Met &#8216;n pistool teen sy kop moes &#8216;n bejaar-de hoor: &#8220;Skiet die bliks..m&#8221;<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":35136,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-35135","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/35135","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=35135"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/35135\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/35136"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=35135"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=35135"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=35135"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}