{"id":34685,"date":"2015-09-19T00:00:00","date_gmt":"2015-09-18T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/34685\/twee-ure-later-is-sy-gevind\/"},"modified":"2015-09-18T09:40:22","modified_gmt":"2015-09-18T07:40:22","slug":"twee-ure-later-is-sy-gevind","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2015\/09\/19\/twee-ure-later-is-sy-gevind\/","title":{"rendered":"Opvolg: Twee ure later is sy gevind"},"content":{"rendered":"<p>En net daar, in &#8216;n sitkamer by die mense waar hy tuisgaan, is &#8216;n sirkel van mense gevorm en het &#8220;die man van God&#8221; in &#8216;n eenvoudige gebed die Here gedank dat &#8220;Hy sy beloftes getrou nagekom het.&#8221;<\/p>\n<p>Wie is die skraal Indi\u00ebrman wat die afgelope paar dae vir mense gebid het tydens byeenkomste, waar &#8220;wonderwerke&#8221; plaasgevind en mense tot bekering gekom het?<\/p>\n<p>&#8220;S\u00ea net ek is &#8216;n verbygaande prediker wat nog Donderdag, Vrydag en Saterdag vir mense sal bid,&#8221; het hy Woensdagmiddag vir die joernalis ges\u00ea.<\/p>\n<p>Hy wou geen lang onderhoude toestaan nie, nie sy naam in die koerant gepubliseer h\u00ea nie en was baie nederig dat daar wonderwerke plaasgevind het.<\/p>\n<p>&#8220;Ek praat net soos die Here my lei.&#8221;<\/p>\n<p>Hoe hy hier gekom het en waarom hy hier is, brei hy ook nie eintlik uit nie.<\/p>\n<p>Hy gaan tans tuis by mnr. en me. Casper en Colette Labuschagn\u00e9. Hy was besig om te ryloop na Groblersdal en mnr. Labuschagn\u00e9 het hom naby die plaas opgelaai en hom iets te ete aangebied.<\/p>\n<p>Later het hy sy getuienis met &#8216;n paar boere in die omgewing gedeel. Die getuienis het gelei tot nog twee byeenkomste wat elke keer &#8216;n vol stoor getrek het.<\/p>\n<p>&#8220;Ek het eers bril gedra, toe maak Jesus my gesond,&#8221; s\u00ea die sewejarige Erich Coetzee, terwyl hy die dik bril vir die joernalis wys. Sy ma, Colette, s\u00ea hy kon &#8220;amper niks sien nie. Hierdie man is &#8216;n instrument in die Here se hande.&#8221;<\/p>\n<p>Tydens een van die geleenthede het me. Susan Jansen gevra dat hy vir haar bid, want sy het geweldige rugpyn gehad. Sy het &#8216;n werweloorplanting gehad en elke dag van haar lewe pyn gehad. &#8220;Ek het byna g\u00e9\u00e9n pyn meer nie. Hy is &#8216;n Godsman. Dit is ongelooflik hoe hy sy geloof uitleef! &#8216;n Mens kan nie glo dat die Here s\u00f3 magtig is nie!&#8221;<\/p>\n<p>By die byeenkomste het vele mense hul sondes bely en ook tot bekering gekom.<\/p>\n<p>&#8216;n Bekende sakeman (wat verkies om anoniem wil bly) s\u00ea hy het die eerste keer met die man te doen gekry op die N4. Hy het reeds deur ander mense van die man gehoor, maar het toe nog nie een van die dienste bygewoon of hom ontmoet nie.<\/p>\n<p>Hy was oppad na die OR Tambo Lughawe, toe hy die ouerige man langs die pad opmerk. &#8220;Ek tel nooit rylopers op nie en ek weet nie hoekom ek gestop het nie, maar ek het die man opgelaai.&#8221;<\/p>\n<p>Die oomblik toe hy in die voertuig klim, het hy vir hom ges\u00ea: &#8220;die Here het ges\u00ea ek moet vir jou wag. Hy het &#8216;n afspraak by iemand in Johannesburg gehad vir wie hy moes bid by haar sterfbed. Die afspraak was 10:00 en hy het absoluut op die Here vertrou om betyds te wees. Ek het hom drie minute voor 10 by die huis afgelaai.&#8221;<\/p>\n<p>Die sakeman s\u00ea dat &#8220;hy &#8216;n baie nederige man is met &#8216;n eenvoudige boodskap. Almal het &#8216;n roepe na die Here en hy bring dit vir die mense. Hy is die vreemdeling langs die pad wat tans iets beteken vir ander.&#8221;<\/p>\n<p>\u2022 Die byeenkomste (Donderdag tot Saterdag di\u00e9 naweek) word om 19:00 gehou op die Koelenhof plot (Loskopdampad) in &#8216;n stoor. Die plot draai regs uit, net na die vliegveld by DC1 (daar sal aanwysings wees by die indraai). Vir navrae, bel Joggie Hesselman by 082 953 2295 of Jan-Hendrik Coetzee by 082 446 4626. Mense wat die byeenkomste wil bywoon, moet onthou om stoele saam te neem.<\/p>\n<p>&#8220;S\u00ea vir almal wat depressief is, huweliksprobleme het of vir wie ek moet bid, om te kom. Dit gaan nie oor die gesondmaak nie, dit gaan daaroor dat mense na die Here toe moet kom, d\u00e1n sal hulle gesond word!&#8221;<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/34533\/opvolg-neline-gekry\/\" target=\"_blank\">Neline gekry!<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/34426\/parents-plead-for-return-of-missing-daughter\/\" target=\"_blank\">Video: Parents plead for return of missing daughter<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/34391\/neline\/\" target=\"_blank\">Video \u2013 Opvolg: Beloning vir Neline<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/34339\/opvolg-dorp-vat-hande-en-soek-vir-neline\/\" target=\"_blank\">Opvolg: Dorp vat hande en soek Neline<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/34334\/opvolg-gemeenskap-soek-maar-geen-neline\/\" target=\"_blank\">Opvolg: Gemeenskap soek maar geen Neline<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/34331\/opvolg-nog-niks-nuus-oor-neline\/\" target=\"_blank\">Opvolg: Nog niks oor Neline<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/34322\/neline-steeds-weg\/\" target=\"_blank\">Neline steeds weg<\/a><\/p>\n<p>Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/MiddelburgObserver\" target=\"_blank\">Facebook<\/a> and <a href=\"https:\/\/twitter.com\/MOBSERV\" target=\"_blank\">Twitter<\/a> <a href=\"https:\/\/twitter.com\/MOBSERV\" target=\"_blank\">@Mobserv<\/a> to receive your free daily news updates.<\/p>\n<p>Also check out our <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">Video\u2019s<\/a> on <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">Youtube<\/a> daily!<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Twee ure nadat &#8216;n Indi\u00ebrman vir die Van Zyl egpaar ges\u00ea het dat Neline voor Sondag veilig gevind sal word, het hulle die boodskap gekry dat sy veilig is.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":34620,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-34685","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/34685","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=34685"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/34685\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/34620"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=34685"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=34685"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=34685"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}