{"id":33004,"date":"2015-08-17T00:00:00","date_gmt":"2015-08-16T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/33004\/bjaug26-15\/"},"modified":"2015-08-18T09:19:57","modified_gmt":"2015-08-18T07:19:57","slug":"bjaug26-15","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/opinion-edition\/blogs\/2015\/08\/17\/bjaug26-15\/","title":{"rendered":"My Beurt: Jana Boshoff"},"content":{"rendered":"<p>Ek moet erken, ek het myself nog nooit as \u2019n gesondheidsbewuste gesien nie, my lengte het nog altyd gehelp om die breedte effe te verdoesel.<\/p>\n<p>Ek glo vas die genot wat mens put uit lekker kos, en natuurlik die kuier wat daarmee gepaard behoort te gaan, baie swaarder weeg as \u2019n fietse lyfie in \u2019n 32 denim of \u2019n paar waarderende o\u00eb van vreemdelinge wat jy nie eers ken nie.<\/p>\n<p>En daarmee kom die penarrie &#8211; die swaarder weeg.<\/p>\n<p>Alhoewel dit dalk figuurlik gesproke so mag wees, is dit ongelukkig ook letterlik van toepassing.<\/p>\n<p>Want dit is lekker om met oorgawe te verkondig as jy in jou winterbaadjie agter jou rekenaar sit en tik, of saam met vriende om \u2019n tafel kuier en lag en die een pampoenpoffertjie na die ander verorber dat gewig maar net \u2019n nommer is en dat die waarde van \u2019n goeie sjokolade die vetjies waarmee jy later sit ver oorskrei.<\/p>\n<p>Dis minder lekker as jy sukkel om daai rol wat bly \u2018uit-pop\u2019 oor jou denimbroek weg te steek.<\/p>\n<p>Nog swaarder om of vir jouself te probeer wysmaak dat jou sprankelende persoonlikheid en al die goeie herinneringe wat jy al vurk in die hand en sous om die mond bymekaar gemaak het genoeg bestandele vir jou geluk is terwyl jy jou somersklere aanpas en agter kom die helfde het onverklaarbaar gaan staan en krimp terwyl hulle in die spaarkamerkas gestoor was.<\/p>\n<p>Toe ek nog in die stad gebly het was gimnasium toe gaan nie \u2019n probleem nie. Spitsverkeer dwing jou om te kies tussen baie vroeg ry en dan \u2019n uur wag vir jou kollegas om op te daag of laat by die werk wees.<\/p>\n<p>Ek het die eerste opsie gekies en dan sommer \u2019n bietjie gaan oefen. Die moontlikheid dat jy in iemand bekends kon vasloop, ek het al my naam gat gemaak op \u2019n treadmill langs Roland Schoeman, het natuurlik gehelp om my te motiveer.<\/p>\n<p>Maar daardie dae is lankal vergete. Ek ry nou in vyf minute werk toe, dra nie meer ho\u00eb hakskoene nie en gebruik my trapmeul om my joga bal op te balanseer.<\/p>\n<p>Alhoewel ek geskuif het van die malle gejaag in die stad na die kalm platteland, het ek bloot net nie meer die tyd of energie om aan oefen te dink nie.<\/p>\n<p>Vir die eerste maal in my lewe besluit ek om \u2019n dieet te oorweeg. Ek sukkel want ek kry nie een waar die spyskaart \u2019n glas wyn en sjokolade insluit nie. Besluit toe maar op die kortste een &#8211; sewe dae. Sewe dae kan nie te erg wees nie.<\/p>\n<p>Maak vir my die sop. Jy mag die sop enige tyd eet. Dit proe nogal nie te sleg nie. Besluit om maar \u2019n bakkie van die sop te proe, net om seker te maak ek sal die volgende dag as my dieet begin daarmee tevrede wees.<\/p>\n<p>Dag een &#8211; ek mag net vrugte en sop eet. Dit gaan nie te sleg nie, ek vermoed ek sal dalk nog bietjie sop moet maak vir die volgende dag. Dit is nou tot vriende bel en vra of ons nie daar wil kom braai en rugby kyk nie.<\/p>\n<p>Ek vat \u2019n lekker stukkie vleis en pak vir my \u201clite\u201d wyn in. Sal maar more die volgende dag weer begin met die dieet.<\/p>\n<p>Dag twee &#8211; hier gaan ek weer. Sop is amper klaar, sal voor die einde van die dag weer moet maak. Toe word ons uitgenooi om saam met familie te gaan eet om \u2019n verjaardag te vier. Ek sal maar more weer met die dieet begin.<\/p>\n<p>En so is ek dit eens, lekker kuier saam met vriende of familie weeg nou maar eenmaal net swaarder in my boek as die nommer op die skaal. Gee op met die dieet.<\/p>\n<p>Trek nou die dag \u2019n denim aan wat \u2019n vriendin vir my gegee het. Hy is \u2019n nommer te groot maar al my klere is vuil.<\/p>\n<p>\u201cHet jy gewig verloor\u201d vra iemand wat my sien. Ek glimlag. Ek het my oplossing gekry vir my dieet penarrie, ek trek van nou af net bietjie groter klere aan.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die dagboek van \u2019n vet meisie: Ek wou dit al lankal begin het.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":33019,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Jana Boshoff","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[17,509,2889,2888],"tags":[],"class_list":["post-33004","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-blogs","category-editors-note","category-letters","category-opinion-edition"],"category_labels":{"Category":"Opinion","SubCategory":"Blogs"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/33004","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=33004"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/33004\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/33019"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=33004"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=33004"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=33004"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}